So het die Here hulle oor die hele aarde verstrooi. - Gedeeltes uit Génesis 11:6-8
Die mens het vanaf die vroegste eeue pogings aangewend om geheel en al onafhanklik van God voort te bestaan.
Onderwyl hulle die toring van Babel gebou het, het hulle onder die waan verkeer dat hulle met hul handewerk hulself teen moontlike toekomstige vloede sou kon beskerm. Hulle het daarop staat gemaak dat hulle gesamentlike, eendragtige poging, waar God heeltemal buite rekening gelaat is, sou slaag en dat hulle eerder kommerloos sou kon voortleef sonder vrees om deur ‘n tweede sondvloed uitgewis te word.
Maar God het die mens nie gemaak om in die laagte van Sinear op ‘n bondeltjie by hulle toring van Babel te sit nie. In Génesis 1:28 het Hy vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit...” Daarom het Hy die taalverwarring laat plaasvind wat hulle uitmekaar laat spat het.
Die verskillende taalgroepe het elk op eie grondgebied ‘n eie identiteit ontwikkel met ‘n eie kultuur en nasionale bewussyn. So het die Here die ontstaan en ontwikkeling van die verskillende nasies in aansyn geroep. So het hulle as unieke aparte volke elk met sy eie taal, die aarde wat God aan hulle gegee het ontdek, verower, in besit geneem, ontwikkel en verwoes.
Maar die Antichris, wat deur al die eeue heen probeer om God se werk te vernietig, werk onverpoosd daaraan om weer ‘n eenwêreldgemeenskap met net een taal – blykbaar Engels – te skep. Hy werk deur die internasionale geldmag ofte wel Illuminati, wat daarna streef om alle grense en verskille tussen volke uit te wis en die hele aarde dan in ‘n “One World Government” te regeer.
Laat ons weer ons taal, kultuur en nasionale bewussyn waardeer en bewaar as die geskenk wat God aan ons gegee het.