VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (10)

Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming

Ds. FN van Niekerk

VRYMESSELARY 'N VALSE GODSDIENS

Nadat ons nou aangetoon het dat die Vrymesselary ongetwyfeld 'n godsdiens is, kom die vraag by ons op: Waiter soort godsdiens is dit dan? Wat is die leer, die dogma van Vrymesselary? Want hoewel Vrymesselaars die stuipe wil kry as daar van "dogma" gepraat word, is die Vrymesselary een groot stuk dogmatisme. Ons wil dus let op die godsbegrip van die Vrymesselary.

Hier wil ons behandel die godsbegrip by die Vak- en Markgrade, die Rose Croix en die Grand Oriënt.

A. DIE VAK- EN MARK-GRADE

Die godsbegrip van die Vrymesselary is nie die Christelike gods­begrip nie want dan sou dit kastig "dogmaties" wees. As dit nie Christelik is en uit die Woordopenbaring kom nie, kan dit, logies gesien, net onchristelik wees - 'n eiewillige godsbegrip wat uit die mens se sondige hart voortkom, 'n hart bedorwe in sy uitgange, 'n hart bedorwe deur wêreldgesindheid, 'n hart bedorwe deur die inwerkinge van die Satan daarop. Die Skrif waarsku telkens en baie ernstig teen hierdie soort godsdiens. Saul het dit beproef en by die bose geeste beland. Ussa het daaraan deelgeneem en gesterwe! En in die Nuwe Testament word dringend gewaarsku teen die ethelo threiskeia, dit is eiewillige godsdiens.

Die godsbegrip van die Vak-, Royal-, Arch-, en Mark-grade vind ons weerspieël in hulle ritu   ale en in werke van Vrymesselaarskrywers.

I. VALSE GODSBEGRIP IN DIE RITUALE VAN VAKGRADE

(a) Vakgrade

In die rituale van die eerste drie grade van die Vakgrade vind ons die volgende benoemingsname vir God:

(1)  "Great Architect of the Universe" (G.A.O.T.U.), pp. 10, 35,
36,104, 182.

(ii) "Grand Geometrician of the Universe", pp. 15,31.

(iii) "Supreme Governor of the Universe", p. 54.

(iv) "Divine Providence", p. 105.

(v) "Divine Creator", p. 211.

(vi) "Architect and Ruler of the Universe" p. 168-169.

(vii)"Almighty Architect", p. 210.

(viii) "Almighty and Eternal God", p. 168.

(ix) "God", pp. 52, 55, 56, 65, 91, 92, 117.

(x) "Most High", pp. 21, 27, 28.

(xi) "Almighty Father", p. 54.

(xii) "Deity whom we serve (Wisdom, strength, omnipotent Beau­ty)", pp. 24.

(xiii) "Merciful Lord", p. 119.

Uit hierdie dertien benoemingsname blyk:

(l)Dat tien van hulle(nos. l-10)God net ken as Skepper.

(2)      Twee se betekenis is twyfelagtig (nos. 11 en 12), te wete "A1mighty Father" en "MercifuI Lord". Dit hang af waar die klem val: op die Almag of op die Vaderskap van God, op die "merciful" of op die "Lord".

(3)Een, no. 13, is Kabbalisties, ontleen aan die Sephirots. Geïnterpreteer in die lig van die vorige benaminge waar daar slegs nadruk gelê word op God se skeppersalmag moet ons nos. 11 en 12 myns insiens ook maar sien as benoemingsname wat Gods almag en heerskappy weerspieël.

Dan het ons hier 'n Godsbegrip waarin God as Skepper erken en bely word, maar nerens 'n benaming waarin Hy as Herskepper in Christus Jesus aangedui word nie.

(B) Mark-grade

In die Markgrade word wel gepraat van die "Keystone", en sommige Christen-Vrymesselaars wil daarin sien 'n benoemingsnaam van Christus as Hoeksteen. In ons bespreking van die Markgrade het ons reeds getoon dat dit nie noodwendig so is nie, en dat die "Mark Anthem" duidelik toon wie hulle "Keystone" is (vs. 3).

(C) Holy Royal Arch Chapter

God word hier genoem onder die name van ou gode te wete jahbulon, 'n sametrekking van Jahveh, Bui, On, die name van drie hoofgode van die Joodse, die Assiriese en die Egiptiese godsdienste.*

(D) Skotse Ritus

Hier vind ons dieselfde benaminge as in die Vakgrade, behalwe in die 18de Graad van die Skotse Ritus (Rose Croix) waar die Triniteit, die Vader, die Seun, en die Heilige Gees genoem word. Rhodes in sy "The Satanic Mass" (1955) pp. 203-209 toon dat die hele seremonie 'n okkultiese karakter dra, bereken om Satan te verheerlik en nie God nie. Dis 'n fyn stuk vermomde Satanisme van die Middeleeue. Moderne Vrymesselaars besef dit in hul onkunde nie.

(E) Die "Grand Orient"

Die ateïme van hierdie Vrymesselaarsorde is goed bekend, en dit bring dikwels Angelsaksiese Vrymesselary in verleentheid. Hier het ons dit te doen met veglustige godloënaars wat vir niks terugdeins nie. Net 'n paar aanhalings uit 'n Nederlandse Vrymesselaarstyd-skrif om te wys hoe die wind daar waai:

"Onduldbaar werd voor ons het kruis. Dat ons als juk werd opgeladen. Verwenscht het Christelijk bedehuis; Waar wij vergeefs om uitkomst baden. Wat wij verwachten, wat wij wenschen; Geen hulp van God, maar van die menschen."

In hul losies word ook Sataniste toegelaat, en in die Vrymesselaars-pers lees ons van hierdie mense se uitlatinge soos die volgende:

"Heil u, o Satan, Geest van den opstand, Wrekende sterkte Van onze rede! Ter uwer eer rijzen; Wierook, gebeden. Gy hebt den Jahevh. Der priesters verslagen," en:

"Gy ademt, Satan, In mijne verzen ; Wen ze me ontwellen, Tartend den God van Schuldige Pausen, Bloedige Vorsten ;En als de bliksemschicht Schokt gij de harten."

Die godsbegrip van die ordes – vervolg...