Ds. André van den Berg
Lees reeks by DIE BELHARBELYDENIS
"Die Hollanders het uit die staanspoor besef dat hulle hoogstens naas die swartes kon bestaan, maar nie saam met hulle nie. Dis die basis van apartheid: Naasbestaan; nie saambestaan nie ".
2. DIE ONTSTAANSGESKIEDENIS
2.1 ‘n Verskuilde agenda
Die Belhar-belydenis het ontstaan as gevolg van ‘n verskuilde politieke agenda waarvan die Sendingkerk nie vooraf bewus was nie. Iemand wat kerklike vergaderings met behulp van ‘n verskuilde politieke agenda manipuleer, is soos ‘n pedofiel in ‘n kersvadermondering!
Die vergadering waartydens die Belhar-belydenis die eerste keer opgestel is, was so vol haat en vennyn teenoor blankes, dat verskeie van die afgevaardigdes hul skok en verontwaardiging daaroor uitgespreek het. Die Belhar-belydenis het miskien ‘n mooi gesig, maar lelike tande!
Alhoewel die woord apartheid nie in hierdie belydenis voorkom nie, gaan die hele belydenis oor die veroordeling daaroor.
Die opstellers daarvan veroordeel apartheid omdat dit kwansuis drie onregte begelei: (i) dit bring verskeurdheid in kerke, (ii) dit verhoed ware versoening en bied (iii) aan magtiges die geleentheid om ondergeskiktes uit te buit.
2.2 ‘n Dodelike mistasting
Die opstellers van die Belhar-belydenis het gesê dat apartheid talle rou wonde geslaan het en dat die bevryding daarvan baie pyn sou meebring - die pyn van bekering. Hulle was so verkeerd! Die bevryding van en alternatief vir apartheid sou inderdaad baie pyn meebring – dié van mense wat na barbaarse aanvalle bloeiend en/of sterwend aan hul wonde gelê het.
Dink maar net aan die meer as 3 000 boere wat sedert 1990 op hulle plase vermoor is, nie eens te praat van die duisende mense wat hul lewens tydens tansito- rooftogte, kapings, inbrake en dies meer verloor het nie! Liewer die duiwel wat jy ken as die een wat jy nie ken nie!!
Apartheid het baie voordele gehad. Dit het misdaad tot sekere gebiede beperk. Nadat apartheid opgehef is, het die hel aan almal se voete losbars en die misdaadsyfer tussen 1994-1999 met 770% laat styg! Kon die opstellers en simpatiseerders van hierdie belydenis dit dan nie voorsien het nie? Waarom leer mense nie uit die geskiedenis nie? Afrika wemel van aanskouiingslesse! Die geskiedenis leer dat mense nie uit die geskiedenis leer nie!
2.3 ‘n Middel tot ‘n doel
Die opstellers van die Belhar-belydenis het baie duidelik ‘n verskuilde agenda gehad. Hierdie belydenis was slegs ‘n middel tot ‘n doel. Boesak en sy trawante wou met apartheid afreken. Sinodebesluite teen apartheid was skynbaar vir hulle nie genoegsaam nie, hulle weersin en haat teen apartheid moes onherroeplik in die vorm van ‘n belydenis vasgelê word.
Die feit dat die Belhar-belydenis so pertinent oneerlik teenoor homself is, laat ‘n wrang smaak in die mond. Die eintlike saak wat hierdie belydenis wil aanspreek, word nêrens by die naam genoem nie. Gevolglik is dit eerder ‘n neo-Marxistiese dokument as wat dit ‘n geloofsbelydenis is. Dis niks anders as die NG Sendingkerk se gedokumenteerde kritiek teen apartheid nie.
3. APARTHEID
3.1 Agtergrond
Waar kom apartheid vandaan; hierdie ding waarteen die Belhar-belydenis so tong-in-die–kies tevelde trek? Toe die eerste Hollanders in 1652 hier aangekom het, het hulle gemeen dat die plaaslike swart bevolking niks anders as witmense met swart velle is nie. Hulle het baie gou tot hulle skade en skande agterkom dat daar ‘n hemelsbreë verskil was. Die swartes was totaal anders as hulle. Hulle kon beswaarlik met hulle oor die weg kom.
‘n Jaar na sy aankoms het Van Riebeeck ‘n skriftelike versoek aan sy werkgewers gerig en gepleit dat hulle hom na enige ander plek moes verplaas omdat hy die Hottentotte nie meer kon hanteer nie. Hy noem hulle in hierdie verslag, wat merkwaardig goed bewaar gebly het, en ek haal hom aan: ‘n botte, plompe, luie, stinkende nasie.
Die nedersetters se negatiewe ervarings met swartes het spoedig in ‘n natuurlike afsonderlikheid ontwikkel – blankes eenkant, swartes anderkant. Dit was die begin van apartheid.
Die Hollanders het uit die staanspoor besef dat hulle hoogstens naas die swartes kon bestaan, maar nie saam met hulle nie. Dis die basis van apartheid: Naasbestaan; nie saambestaan nie. Dis logies, prakties en konflikvermydend. Dis net jammer so baie mense verstaan dit skynbaar glad nie. Dis seker maar ‘n geval van: Daar is niemand so blind as dié wat nie wil sien nie!
3.2 Kerklike apartheid
Waar kom kerklike apartheid vandaan? Dis nie uit rassevooroordeel of haat gebore nie. Dit het selfstandig en spontaan ontwikkel. In 1857 is die NG Sinode versoek om kleurlinge afsonderlik te laat vergader. Die redes hiervoor is as volg aangedui:
(i) Baie van die blankes het ‘n probleem daarmee gehad om saam met kleurlinge uit dieselfde nagmaalbeker te drink.
(ii) Kleurlinge was op ‘n lae beskawingsvlak en het hulle dikwels nie na wense gedra nie .
(iii) Kleurlinge het maar selde blanke predikante se preke verstaan..
Daarom is geoordeel dat hulle liefs in ‘n afsonderlike gebou moes vergader en predikante kry wat eenvoudiger gepreek het asook meer op kategetiese onderrig ingestel was.
Nou die verrassing - die grootste rede waarom die destydse Sinode aparte kerke vir kleurlinge goedgekeur het, was dat die kleurlinge die Sinode self daartoe versoek het. Later het dit ook tot aparte kerke vir alle ander rasse gelei. Die NG Sendingkerk durf die eertydse blanke NG Kerk dus nie vir kerklike apartheid verkwalik nie. Hulle het dan self daarvoor gevra!
Agitators... vervolg