BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (13)
Reeks by Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Daar was eenmaal 'n baie ryk man. Sy naam was Matteus. (Party mense het hom ook Levi genoem. Hy het in 'n groot huis gewoon en pragtige klere gedra. Hy was lief om lekker te eet. Hy het baie bediendes gehad om hom te help.
Matteus het geld ingesamel vir die koning. Elke môre het by sy groot huis verlaat en die pad gevat wat naby die see verbyloop. Daar het by 'n kantoor gehad. Hy het by 'n tafel gaan sit en mense wat daar verbyloop, moes betaal.
Daar het allerhande soorte mense verbygeloop. Eendag kom daar 'n man verby in 'n donkiewa. Matteus sê vir hom: "Jy moet belasting aan die koning betaal vir die wa en die donkie. Dit sal drie silwerstukke wees."
Die man betaal toe maar die drie silwerstukke. Hy wil nie regtig die geld vir Matteus gee nie, maar hy weet goed dat hy in die moeilikheid sal beland as hy dit nie doen nie.
Toe die man weg is, sit Matteus twee silwerstukke vir die koning weg en een silwerstuk hou hy vir homself. Mooi so, dink hy, dis meer geld vir my. Hy is regtig 'n groot skelm!
Op 'n ander dag kom daar 'n man verby wat 'n swaar sak dra. "Laat ek kyk wat is in daardie sak van jou," sê Matteus vir hom. Die man maak die sak oop. In die sak is duur bakke en borde. "Jy moet die koning twee silwerstukke betaal vir die bakke en die borde," se Matteus.
Al wil hy nie, betaal die man maar die twee silwerstukke. Hy weet hy sal in die moeilikheid beland as hy dit nie doen nie.
Toe die man weg is, sit Matteus weer een silwerstuk weg vir die koning en een hou hy vir homself. Mooi so, dink hy, dis meer geld vir my. So 'n skelm!
Almal weet dat hy 'n skelm is. Almal weet dat hy te veel geld by die mense vat en dit vir homself hou. Daarom hou die mense nie van Matteus nie.
Soms loop Jesus ook met hierdie pad. Dan sien Matteus Hom. Partykeer staan Jesus naby Matteus en praat met die mense. Matteus kan dan hoor wat Jesus sê. Hy luister na wat Jesus vertel. Hy vergeet nie die stories nie en as hy saans by sy groot huis is, dink hy daaroor.
Matteus hou van Jesus. Hy weet dat Jesus goed en vriendelik is. Hy weet ook dat Jesus nooit skelm is nie. Jesus help mense en Hy is hulle Vriend. Ek wens Jesus was ook my Vriend, dink hy. Maar dan word hy hartseer. Jesus sal nooit my Vrieind wees nie. Ek is te skelm en onvriendelik. Hy sal nie van my hou nie, dink hy.
Maar eendag kom Jesus weer daar weer daar verby. Hy weet dat Matteus na sy stories geluister het en Hom vir 'n Vriend wil hê. Hy gaan staan by Matteus se tafel, kyk na horm en sê: "Kom saam met My en word een van my dissipels."
Matteus kan sy ore nie glo nie. Vra Jesus hom regtig om een van sy dissipels te wees? wonder hy. Hy weet dat hy nie tyd sal hê om geld vir die koning in te samel as hy saam met Jesus gaan nie. Hy weet dat hy ook nie meer skelm sal kan ‘wees nie. Hy weet dat hy nie meer geld sal hê vir lekker kos en mooi klere nie. Maar hy gee glad nie om nie.
Toe Jesus met hom praat, weet Matteus wat hy sal doen. Hy staan op, los sy tafel en gaan saam met Jesus. Hy wil nie meer skelm wees nie. Hy wil liewer vir Jesus help.
Jy het seker ook al baie verkeerde dinge gedoen. Doen 'n gebed om vir Jesus te vra om jou te help om vriendelik en soet te wees.
'n Gebed
Liewe Jesus, partykeer voel ek lus om stout te wees. Help my asseblief om nie verkeerde dinge te doen nie. Help my asseblief om vriendelik te wees.
Amen.