BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (11)
Reeks by Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Onthou jy nog vir Andreas? Hy was die vriend Johannes wat die dag by Jesus deurgebring Ons weet nie wat hulle met mekaar gesels het Maar ons weet dat Andreas die dag geniet het.
Daardie aand het Andreas na sy broer Simon gegaan en gesê: "Dit was 'n heerlike dag. Ek met Jesus gepraat. Hy is die Een wat God gesien het. Jy moet Hom ook leer ken." Toe het Andreas vir Simon na Jesus geneem.
Simon en Andreas was vissers. Elke dag het hulle op die meer uitgevaar in hulle skuit. Elke nag het hulle die groot visnette in die water gegooi. Elke nag het hulle geduldig gewag vir die vis om die nette in te swem. Elke nag het hulle die vis weer versigtig opgetrek. Partykeer was daar baie vis in die nette. Soms was daar niks.
Simon en Andreas het twee vriende gehad. Hulle name was Jakobus en Johannes. Hulle het ook vir Jesus ontmoet. Hulle het geweet dat Hy die Een was wat God gestuur het.
Jakobus en Johannes was ook vissers. Elke nag het hulle in hulle skuit op die meer uitgevaar. Elke nag het hulle die nette uitgegooi. Elke nag het hulle geduldig gewag vir die vis om in die nette te swem. Elke nag het hulle die nette weer versigtig opgetrek. Partykeer was daar baie vis in die nette. Partykeer was daar niks.
Elke more bring Simon, Andreas, Jakobus en Johannes hulle skuite terug na die oewer van die meer. Dan Iaai hulle die vis op wat hulle gevang het. Hulle kyk ook of daar nie gate in die nette is nie. Anders swem die visse dalk daardeur. Hulle sorg dat die nette mooi skoon is.
Een nag het hulle hard gewerk, maar nie 'n enkele vis gevang nie. Die volgende oggend vaar hulle terug na die oewer van die meer en begin die nette was. Toe kom Jesus daar verby. 'n Hele klomp mense loop agter Hom aan. Hulle wil na die stories luister wat Hy vertel.
Jesus sien vir Simon, Andreas, Jakobus en Johannes. Hy sê vir Simon: "Mag Ek asseblief in jou skuit klim?" "Natuurlik mag U," se Simon.
Toe sê Jesus: "Roei asseblief net so 'n klein entjie weg van die kus af." Simon gehoorsaam. Jesus aan sit in Simon se skuit. Hy begin met die mense praat. Hy vertel vir hulle alles van God en van sy Iiefde vir hulle. Die mense luister aandagtig. Simon, Andreas, Jakobus en Johannes luister ook.
Toe Jesus klaar gepraat het, sê Hy vir Simon: "Vaar nou na die diep water." Simon doen dit dadelik.
Toe sê Jesus: "Gooi julle nette uit om vis te vang."
Maar Simon sê: "Meester, ons het die hele nag probeer en niks gevang nie. Maar as U dit wil hê, sal ons die nette uitgooi."
Simon en Andreas doen dit toe.
Stil wag hulle. Toe trek hulle die nette versigtig op. En wat sien hulle? Die nette is so vol dat dit wil skeur. Hulle roep vir Jakobus en Johannes om te kom help. Gou is aibei die skuite vol vis. Die vissers het baie vis gevang.
Toe se Jesus vir hulle dat Hy vir hulle 'n ander werk het om te doen. Hy sê:"Van nou of sal julle My help om die mense van God te leer. Ek wil hê julle moet met My saamgaan en my dissipels wees."
Simon, Andreas, Jakobus en Johannes wil graag by Hom wees. Hulle wil graag van Hom leer en werk doen wat Hy vir hulle gee.
HuIle trek hulle skuite uit op die strand. HuIle laai die vis af wat hulle gevang het. Hulle versorg die nette en bêre dit. Toe los hulle alles net so en gaan saam met Jesus. Hulle wil Hom help om die mense van God te leer.
'n Gebed
Liewe Jesus, bale dankie dat U mense gekies het om U te help. Maak my ook asseblief U helper. Wys my hoe ek ander mense kan help om U beter te leer ken.
Amen.