TOE JESUS TWAALF JAAR IS

BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (8)

Lees almal Bybelverhale vir jong kinders

Jacqueline Sibley

Ek hou bale van verjaarsdae, en jy? Hoeveel het jy al gehad? Dis alte lekker om jou presente en kaartjies oop te maak, nie waar nie? Weet jy dat Jesus ook verjaarsdae gehad het net soos jy? Elke jaar het Hy groter en groter geword.

Op Jesus se twaalfde verjaarsdag sê Josef vir Hom: "Nou is jy groot genoeg om saam met my en jou ma na die tempel te gaan." Jesus is baie bly daaroor. Hy was al in die Huis van God in Nasaret, maar Hy was nog net een maal in die tempel in Jerusalem. Maria en Josef het Hom soontoe geneem toe Hy nog 'n klein Babatjie was.

Josef sê: "Daar is slim priesters in die tempel van God. As jy daar kom, sal hulle jou alles van God vertel." Jesus wil graag na die slim priesters gaan luister. Hy wil meer van God hoor. Hy is bly dat by ook nou na die tempel mag gaan.

Baie mense wat naby Jesus woon, gaan ook na die tempel. Hulle gaan almal saam. Die seuns en dogters is baie opgewonde. Eindelik vertrek hulle. Hulle reis een dag ... twee dae ... drie dae. En toe kom hulle in Jerusalem aan waar die tempel is. Daar is baie ander mense.

Jesus hou daarvan om na die mense te kyk. Hy hou ook daarvan om na al die interessante plekke in Jerusalem te gaan kyk. Maar Hy hou die meeste daarvan om na die tempel te gaan. Hy luister graag as die slim priesters van God praat.

Die dae vlieg verby. Gou is dit weer tyd om huistoe te gaan. Maria en Josef vertrek saam met 'n klomp ander mense. Hulle sien Jesus nêrens nie. Hulle dink dat Hy maar êrens by sy maats speel.

Toe dit aand word, rus almal. Josef en Maria wag vir Jesus. Hulle wag en wag, maar Jesus kom nie  Maria raak bekommerd. "Moenie bekommerd wees nie," sê Josef. "Ek sal Hom gaan soek."

Josef gaan na hulle vriende en vra: "Het julle vandag vir Jesus gesien?"

"Nee, ons het Horn nog nooit vandag gesien nie," sêhulle.

Josef gaan na ander vriende en vra weer: "Het julle Jesus nie dalk vandag gesien nie?"

"Nee, ons het Hom nie gesien nie," sê hulle. Josef vra vir al die mense: "Het julle miskien vir Jesus gesien?"

Maar almal antwoord: "Nee, ons het Hom nog nie vandag gesien nie."

Josef gaan terug na Maria en sê: "Niemand het Hom vandag gesien nie. Hy is seker nog in Jerusalem."

"Ag wêreld!" se Maria. "Ek hoop Hy is veilig."

"Hy sal niks oorkom nie," troos Josef. "Moenie bekommerd wees nie, Maria. Môre sal ons teruggaan na Jerusalem en Hom gaan haal."

Vroeg die volgende more gaan Maria en Josef terug na Jerusalem. Dit duur 'n volle dag vir hulle om daar te kom. Dis al amper donker toe hulle in Jerusalem kom. Hulle gaan sommer reguit na hulle vriende toe. "Het julle vir Jesus gesien?" vra hulle.

"Nee, ons het Hom nie vandag gesien nie," antwoord hulle.

Josef sê: "Ons kan nie nou verder soek nie, Maria. Dis al te donker. More kan ons vroeg opstaan en weer gaan soek."

Vroeg die volgende oggend begin hulle dan ook na Jesus soek. "Kom ons gaan soek in die tempel." Hulle gaan toe ook na die tempel.

Daar is nog baie mense. Op een plek sit 'n klomp mense op die vloer. Hulle luister na die slim priesters. Party van hulle vra vrae en die slim priesters antwoord.

Jesus sit in die middel van hierdie klomp mense. Hy luister aandagtig na hulle. Soms vra Hy vrae. Die priesters is baie verbaas oor wat Hom. Die een sê vir die ander: "Hy is 'n slim seun. Hy weet baie van die Boek van God. Hy vra sulke slim vrae."

Jesus stel so belang dat Hy nie eers vir Josef en Maria sien nie. Maar hulle sien Hom. Maria Hom: "Ons het oral na jou gesoek, Jesus. Ons was so bekommerd oor jou."

Jesus is verbaas. Hy vra: "Waarom is u bekommerd. Het u nie geweet dat Ek in my Vader se huis sal wees nie?" Jesus het gedink dat Josef en Maria sou weet dat Hy in die tempel was.

Maar Jesus sien toe dat Maria en Josef haastig is om huis toe te gaan. Daarom sê Hy vir die priesters: "Totsiens." Hulle gaan terug na Nasaret. Hy hoop dat Hy volgende jaar weer na die tempel kan gaan.

'n Gebed

Dierbare Vader, ek is bly dat ek ook Sondae kerk toe en Sondagskool toe kan gaan. Help my asseblief om meer te leer van U en van die dinge wat U wil hê ek moet doen.

Amen.