Ds. André van den Berg
Reeks by Ouers vir Christus
"Die dinge wat egte geluk bring, is juis dinge wat nie met geld gekoop kan word nie. Ons kan nie almal ryk wees nie, maar, dank die Here, ons kan almal gelukkig wees. Waaruit bestaan ware geluk dan? Uit regte verhoudings."
Vandag se kinders word dikwels daarvan beskuldig dat hulle swak menseverhoudings het. Is dit waar?
Dis dikwels waar! Maar hoe
Daar is ongelukkig by baie ouers ‘n wanbegrip oor wat ouerskap beteken. Baie meen dat ouerskap beteken om kinders te hê. Nee, dis net so onsinnig as om te glo dat jy ‘n pianis is indien jy ‘n klavier besit. Net soos wat dit vir ‘n pianis oefening en nogmaals oefening kos ten einde bedrewe te raak, gaan dit ook baie oefening kos om die kuns van sukses-volle ouerskap te bemeester.
Daar is ongelukkig geen plaasvervanger vir of kortpaadjies na suksesvolle ouerskap nie. Dit verg inspanning, geduld en baie kniewerk. Ouers op hul knieë se kinders struikel nie! Die invloed van ouers op hulle kinders is baie sterker as dié van predikante, onderwysers of wie ookal. Mislukte ouerskap baar ellende; suksesvolle ouerskap baar lewensgeluk
Hoe
1. Geen groter geluk nie!
1.1 Wat is geluk?
Ons hunker almal na geluk. Niemand leef vir ewig op die aarde nie. Al wat ons begeer, is ‘n gelukkige aardse lewe. Hoe
Neem maar vir Christina Onassis wat in 1988 op 37 jarige leeftyd oorlede is en meer as $15 biljoen nagelaat het. En sy was sielsongelukkig. Sy het dit self erken! Nee, stoflike dinge bring nie ware geluk nie. Die dinge wat egte geluk bring, is juis dinge wat nie met geld gekoop
Waaruit bestaan ware geluk dan? Uit regte verhoudings. Eerstens met God en daarna met mekaar. Daar is ‘n Chinese spreekwoord wat lui:” ‘n Gelukkige gesin is hemel op aarde”. ‘n Mens hoor altyd van die bose kringloop. Daar is ook ‘n heilsame kringloop. As iemand se kinderjare gelukkig was, dra hy dit gewoonlik na sy eie huisgesin toe oor.
Die gesin is ‘n noodsaaklike instelling in ‘n samelewing want dit bring orde en geborgen-heid waarsonder kinders nie gebalanseerd grootgemaak
Hoe belangrik is liefde in die ouerhuis?
1.2 Ouers wat mekaar liefhet
Dis baie belangrik dat kinders presies weet wat liefde is. Ons leef in ‘n liefdelose samelewing wat wemel van skewe beelde van liefde. Daar is net een manier hoe ‘n kind van liefde
Ouers wat mekaar werklik liefhet en dit wys, se liefde vloei outomaties na hul kinders deur. Kommunikasiebreuke tussen ouers het ‘n geweldige nadelige invloed op hulle kinders. Geen kind se persoonlikheid
Gevolglik is die beste ding wat ‘n pa vir sy kinders
1.3 Ouers wat kinders liefhet
Jou kind se jeugjare behoort vir hom vreugdejare te wees. Jy moet dit vir hom moontlik maak deur hom genoeg liefde te gee. Daar is min dinge wat ‘n kind meer skade berokken as ‘n liefdelose ouer. ‘n Rebelse kind is gewoonlik een wat voel dat sy ouers hom nie meer liefhet nie.
Gee jou kind baie liefde. Liefde lei tot gehoorsaamheid – binne sowel as buite die gesin. Moenie suinig met jou liefdesgebare wees nie. Dit sal ‘n draad van herinnering in jou kind agterlaat wat hom, wanneer hy groot is, sal help om geskilpunte te versag.
Vul jou huis met liefde, dit kos jou niks nie. Want dis hier waar gesinslede ‘n liefde vir mekaar kweek. Opregte liefde het geen kind nog ooit geskaad nie. Onderlinge liefde is die sement wat ‘n gesin bymekaar hou. Ouers hoef nie baie geld te hê om gelukkige kinders te hê nie. Ryk kinders sit dikwels op arm ouers se skote! Elke gram ouerliefde is meer as ‘n ton goud werd!
Volgende keer praat ons oor belangrik sigbare liefde en voorbeeld in die ouerhuis is.