WARE KLEURE

                                                                                            Deur dr Gustav Norval

                          

                 Lord Napier  

Die vraag wat soms gevra word, wat sou die lords en sirs van die Britse empire gedryf het om Natal gedurende 1843 te annekseer en later die Vrystaat in 1848, die Transvaal in 1877, en daarna die Vrystaat en Transvaal weereens in 1900.  Afgesien van die minerale rykdomme, naamlik steenkool in Natal, diamante in die Wes-Vrystaat en goud in die Transvaal is daar ook ander oorwegings, soos opgeteken deur Sir George Napier, Kaapse goerwerneur tydens die Groot Trek.  Hy het die voortrekkers se taal, kultuur en geloof verag en daarom het hy hul ammunisie laat konfiskeer by de Oranjerivier, hul ammunisie-aankope wat per skip na Port Natal afgelewer moes word, het hy geblokkeer.  Hy het ook militêre agente na Umzilikaze en Dingaan gestuur om die Matabeles en Zulu’s aan te spoor om die trekkers uit te moor.  Hy het selfs ‘n Britse agent agter Andries Pretorius en sy burgers gestuur om hom te waarsku om nie Dingaan aan te val nie. 

Ongelukkig vir hom en vir Dingaan, was die sending te laat en Bloedrivier het gebeur.  Napier het die “Cape of Good Hope Punishment Bill” uitgevaardig wat hom die jurisdiksie reg gegee het om trekkers suid van die 25e Breedtegraad te straf indien hulle enige inboorling lastig sou val.   In ‘n brief aan die Marquis of Normandy and Secretary of State het hy as volg op 30 September 1839 geskryf (soos gepubliseer in John Bird  se “Annals of Natal, P Davis & sons, Longmarket St, 1888):

“In as far it was expected to impede the supply of the emigrants (Voortrekkers) with munitions of war, I must admit that the occupation was of no avail, for they appear to have been so amply supplies with arms and ammunition before they arrived in Natal.”

Hier skryf hy dat hy gepoog het om sy hande op die  trekkers se ammunisie te kry, maar dat hy nie daarin kon slaag om hulle te ontwapen, sodat hulle weerloos sou wees teen wilde diere en barbare nie.  Hy het nie besef dat hy te doen gehad het met Boere, wat slimmer was as hy en sy troepe wat hul waens deurgesoek het vir kruit en lood.  Die trekkers het maniere gevind om genoeg kruit en lood suksesvol uit die Kaap te smokkel om saam te vat deur ratte voor die Britte se oë te draai.   Hulle het genoeg wapens gehad om te jag, wilde diere van hul laers te hou en om hulself mee te verdedig toe hulle deur Napier se Matabele- en Zuluvriende aangeval was.  Verder: 

“one of my principle motives in taking possession of Natal was to mark my disapproval of the emigrants proceedings by throwing such impediments in their way as I could.”

Ja, meneer Napier, hoogedele lord en sir, hier het jy jouself weggegee hoekom jy gedoen het wat hy gedoen het, naamlik om Natal te annekseer nadat die trekkers  daarvoor geveg het en hul bloed vir die land gestort het wat hulle van Dingaan gekry het.  Hy het dit gedoen om hulle te “impede’, d.w.s. om struikelblokke in hul pad te rol, om hulle te verontrief en die lewe vir hulle moeilik te maak, omdat hy hulle wou wys hy “disapprove” wie en wat die trekkers was.  Soos koning Balak het hy dit nie geduld dat hulle ‘n eenkantvolk wou wees, los van die Britse bestuur en gesmag het na onafhanklikheid nie.  Daarom het hy sy troepe na Natal gestuur om die Voortrekkers te verdryf en hul land te beset met bom en geweer, om die inboorlinge teen hulle in te span, om die joiner Abraham Josias Cloete oor hulle aan te stel, om Umpanda se Zulu’s aan te spoor om op die trekkers se grongebied te plak en hul vee te roof.  Napier, jy en jou vriende in die London Missionary Society, die Aborigenes Protection Society en jou aartsimperialistiese vriende, julle het onskuldige bloed aan julle hande en hierdie bloed wat vergiet was, roep uit die aarde om vergelding.   Napier se proklamasie van 2 Desember 1841 het gelui:

I do hereby proclaim and declare, that the said emigrants have no right or claim to be recognized as an independent state or people, that Her Majesty will not recognize the as such, and will not permit or suffer any portion of her subjects to form themselves into an independent state or people within the said territories….”  Hy het die Boere gedreig met militêre aksie om sy proklomasie af te dwing indien hulle hom durf teenstaan.  Verder:

“I hereby warn all British subjects (d.w.s. die Voortrekkers) against the consequences of in any way resisting or opposing Her Majesty’s forces… , or show any disaffection to Her Majesty, will forfeit all claim to any lands now possessed by them.”

Hierdie flagrante arrogansie en miskenning van die Boere se regte en reg op grond waarvoor hulle moes veg  en hul lewe op die altaar moes lê, kom al ‘n lang pad en het sedert 1841 reeds gegeld.   Dit het die bloudruk geword vir die die Britse monargie en die geldmag in Engeland se verdere optrede teenoor die Boere in Natal.  Dit het begin by die anneksasie van Natal gedurende 1842, die anneksasie van die Vrystaat deur Sir Harry Smith in 1848, die anneksasie van die Transvaal deur Sir Theophilus Shepstone in 1877, en daarna weer die anneksasie van beide republieke deur Lord Roberts gedurende 1900.  Intussen was Basoetoeland deur Sir Wodehouse gedurende 1867, Rhodesië deur Rhodes in 1890 en Bechuanaland in die 1880’s deur Rhodes as Britse protektorate aan die Britse kolonies geheg.  Natal se steenkool, die Wes Vrystaat se diamante en die Transvaal se goud het natuurlik ‘n oorwegende rol gespeel om die empire te dryf om Nabot se wingerd van die Boere af te vat.  In alle gevalle was geweld betrokke en die baie duisende kinders moes met hul lewens boet sodat die lord en sirs in Engeland se geldkoffers gevul kon word.  Julle het onskuldige bloed aan julle hande.

 

  Landrowers : Smith, Rhodes, Wodehouse, Shepstone en Roberts

Vervolgens ‘n aanhaling uit Lord Stanley se brief aan Napier op 10 April 1842:

“if they (die Voortrekkers) should presume to molest, invade, or injure the (K) tribes, with which Her Majesty is in alliance, HM’s forces will support those tribes in resisting such aggression, and that any of the emigrants who might be found in arms against the forces of HM, would be regarded by the Queen as rebels, and be liable to be dealt with accordingly.” 

Die paragraaf was Britse beleid t.o.v die Boere, soos dit uitgespeel het toe Harry Smith na die anneksasie teen Andries Pretorius se burgers by Boomplaats te staan gekom het.  Smith het die Vrystaters as “rebelle” uitgekryt en van hulle teregggestel en ander beboet of hul eiendom gekonfiskeer. Die Transvalers wat teen Shepstone se anneksaie in opstand gekom het gedurende 1880, was ook as “rebels” gebrandmerk en die burgers wat die Britse troepe se inval tydens die Engelse oorlog teengestaan het, was uitgekryt as “rebels, bandits, brigands, robbers….” en nog vele ander skelwoorde.  

Laastens, ‘n aanhaling uit die brief van Colonel Sir Abraham J Cloete, ‘n joiner wat deur Lord Napier aangestel was om oor die Natalse Voortrekkers te heers na die anneksasie van Natal.  Cloete het op 2 Julie 1842 die volgende opdrag aan die sendelinge in Port Natal gegee wat dit aan die Xolo’s (sg. “mak Zulu’s”) in Natal moes oordra:

“all the (K….) are required to seize, wherever they may be found,  the horses and oxen of the Boers, then to bring them to the English camp, where a corresponding remuneration will be paid in reward of this service, which will earn them the protection of the English arms.”

Hierdie skrywe is sekerlik die mees skandaligste wat ooit geskryf was uit die Britse kamp, want Cloete se oproep het gelei tot die aanvalle en moorde van 4 trekkerfamilies in die Port Nataldistrik.  Hulle sê geskiedenis herhaal homself, en die proklamasie deur Cloete het gedien as die bloudruk vir soortgelyke bevele in die verloop van ons geskiedenis. Franse sendelinge by Moshesh se mense het soortgelyke opdragte aan ba-Soetoe-rowerbendes gegee en hulle aangemoedig om die Vrystaters se vee te roof.  Tydens die tweede Engelse oorlog van 1899-1902, het die Britte die Tswanas in die Noord-Wes Transvaal, die Swazi’s op die Transvaal se Suid-Oosgrens, die ba-Soetoe’s op die Vrystaat se Oosgrens en die Zulu’s aangemoedig om Boervee te roof vir vergoeding, ten spyte van die wete dat families aangeval en vermoor sou word, soos wat gedurende 1842 die geval was. 

Bronne:

Bird: Annals of Natal

Norval EJG: Bloed Sweet en Trane, LW Boeke, Pretoria, 2002.