Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, die groot diamantroof van Griekwaland-Wes deur die Britte, asook die Engelse oorlog 1899-1902 soos beleef deur manne wat onder genl.’s De Wet, Badenhort en Prinsloo geveg het. Die ontstaan van die Vrystaat dorpe, kerke en hul predikante in die 1800’s, met foto’s en name van die vroeë inwoners, asook die name van die Vrystaat Joiners word ontbloot