29 APRIL 2021

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Selfs die geestelikvolwassenens onder ons hou maar nog daarvan dat ander ons goeie dade raaksien. Soms is ons behoefte aan daardie aandag so groot dat ons nie sien hoe krater ons van onsself in die proses maak nie. Mt 6:3 sê vir ons dat selfs jou linkerhand nie moet weet wat jou regterhand doen nie, nog basuin ons graag ons weldade aan almal uit. Kom ons oefen om 'n gesindheid van offervaardigheid te bekom waarin ons geen beloning verwag nie - dit kan jy net regkry as jy die HERE as Bron van krag, genade en seën oor jou vertrou.