VOLSTRUISE BLY GRAWE…

Dit is insiggewend om te hoor dat dit nie net in Suid-Afrika is waar die klomp volstruise hulle koppe al dieper in die sand druk nie. Dit is nou die mense wat nie vinnig genoeg die sogenaamde Covid-inenting kon ontvang nie waarvan talle nog aanvullende inspuitings bly kry het. Dr Emmanuel Garcia van Nieu-Seeland het ‘n artikel geskryf waarin hy sy ervaring van die Nieu-Seelanders oordra waarmee ons hier goed kan identifiseer.

Dr. Garcia is 'n Philadelphia-gebore psigo-analis en psigiater wat in 2006 na Nieu-Seeland geëmigreer het. Hy het artikels geskryf wat wissel van verkennings van psigo-analitiese tegniek, die sielkunde van kreatiwiteit in musiek (Mahler, Rachmaninoff, Scriabin, Delius) en politiek. Hy is ook 'n digter, romanskrywer en teaterregisseur. Hy het in 2021 uit die psigiatriese praktyk getree nadat hy in die openbare sektor in Nieu-Seeland gewerk het. Besoek hom gerus by https://newzealanddoc.substack.com/  waar daar baie insiggewende artikels is.

Dr Garcia skryf:

Onlangs is nog 'n persoon dood net na ‘n Covid-inspuiting. Soos verwag kan word, was ons op die Vryheidsfront hier in Nieu-Seeland eenstemmig in ons afgryse oor nog 'n onnodige dood, en sekere mense is aangemoedig om 'publiek te gaan', om teen die deursigtig geleide moordprogram te praat, dus om 'n bohaai te maak wat die gety sou keer. Maar dit sal nie.

Hoeveel sterftes is daar al wêreldwyd as gevolg van die inspuitings, sterftes onder jonk en oud, onder gesondes en medies gekompromitteerdes, hoeveel onverwagte sterftes is daar nie deesdae nie? Baie. Die bewyse is daar, dit is oorweldigend, maar diegene aan die ander kant word nie geroer nie. Wel, daar is 'n paar pogings wat in sekere state in die VSA plaasgevind het, en sekere lande het die gebruik van sekere soort inspuitings beperk, maar die Big Pharma-storting kry steeds momentum vir mRNS sogenaamde entstowwe. Daar is darem ook bemoedigende data dat baie mense nie meer die “boosters” neem nie, ten minste in die Verenigde State. So, kom die waarheid uit? Of is dit nie?

Te oordeel aan die Nieu-Seelanders wat ek ken, is dit nie. Anti-vaxxers is die vuilgoed wat vermy moet word. Die punt wat ek hier wil maak, sielkundig gesproke, is dat die inspuiting-veldtog en die propaganda daaragter – wat dekades gelede beplan is - 'n ingesteldheid geskep het wat die waarheid nie kan verlig nie.

Met elke beweerde dood of nadelige gebeurtenis – veral onder hoëprofiel-beroemdhede soos Jamie Foxx en Eric Clapton – grawe die Nieu-Seelanders met 'n hernieude krag in. In psigo-analitiese kringe staan dit bekend as weerstand, en in analitiese terapie is dit baie algemeen om te ontdek dat duidelike demonstrasies van die irrasionaliteit van verdediging met toenemende weerstand teëgekom word. Met ander woorde, hoe meer jy die waarheid wys, hoe sterker is die ontkenning daarvan. Dit is asof 'n weermag dieper loopgrawe grawe hoe meer hopeloos hul posisie word. Of 'n volstruiskop grawe verder af in die sand om nie die werklikheid te sien nie.

Dit het praktiese gevolge vir dié van ons wat sukkel om die massas te wen. Oortuig ons hulle met voorbeelde van die verskriklike gevolge van die spuit? Ek dink nie so nie. Ek dink dat die rasionele en duidelike parade van die werklikheid die effek het om die onontwaakte te stimuleer tot verdere woede, aggressie en ontkenning. Ons is immers “samesweringsteorie anti-vax mal”, en ons idee van oorsaaklikheid is niks meer as vreesaanjaers nie.

Jy sien, hulle is alreeds bang, en onderbewustelik weet hulle reeds dat hulle bedrieg, gekap, gemanipuleer en verraai is. Maar dit kan hulle nie erken nie, want as die waarhede oor die inspuiting na vore kom, sal kort daarna die spreiligte van groter erkenning van die kaartehuis waarop regerings hul leengoed gebou het, intree, en met daardie ontdekking, met die erkenning van staatsdubbelsinnigheid en staatsmoord – nieteenstaande die sogenaamde staatsbesorgdheid, soos byvoorbeeld hulle hulpprogramme om verskeie kankers te beveg, of hul ondersteuningslyne vir selfmoord-tieners – het hulle niks om op terug te val nie.

Hulle het die materialistiese ideaal gekoop, hulle het met hul getalle gepronk in die komplekse rotresies wat hulle aanvaar het, en hulle het niks om na uit te sien nie, behalwe meer geld, meer goed en meer lewe, selfs al word daardie lewe al hoe meer ingeperk deur hul owerhede.

So, ek vertel niemand meer van nog 'n doodgewone pragtige of talentvolle jongmens of ‘n beroemde, wat nog onlangs met sy of haar “jab-status” op Facebook gepronk het en nou nie meer leef nie. Ek leef my lewetjie en soms, as ek 'n opening sien, maak ek 'n opmerking.

Net vanaand by 'n klein kuierplek van 'n Maleisiese restaurant wat ek gereeld besoek, het ek opgemerk dat een van die kokke nie sy masker gedra het nie. Hy het uitgestaan as 'n gemaskerde man en ek het weke lank gedink om iets te sê wanneer hy vir my sy lekker gereg Mee Goreng bedien het, maar iets het my gesê om stil te bly.

Maar vanaand, terwyl hy my rekening – sonder masker – gee, het ek kommentaar gelewer op die afwesigheid van sy vermomming en gewaag om te sê ‘Jy weet, maskers werk nie, ek is ’n dokter’.

Hy het toe verduidelik dat hy die masker gedra het omdat hy 'n letsel op sy neus gehad het – wat ek gesien het – en toe geglimlag. Ek het in 'n goeie gemoedstoestand weggegaan met die gedagte dat daar tog verstandiges ook in ons mal wêreld is. Miskien is daar tog hoop.

Sover dr Garcia. Dalk ís daar hoop maar ons moet ook Openbaring reg verstaan: die meeste mense sal agter die dier aanloop, daarvoor moet hulle oë vir die waarheid gesluit bly.   Ons wat die genade van insig by ons Skepper gekry het, sal met ons eie oë sien hoe min ons is wat weerstand teen die vader van die leuen bied. Maar dit mag ons nie moedeloos laat nie; ons moet bly veg vir die waarheid op alle vlakke van die lewe, dit is wat die Here van ons vra.