...EN GIFSPUIT EN AAPPOKKE
U sou seker al gehoor het dat die sogenaamde aappokke wat een van die nuwe plae is wat die Nuwe Wêreldorde op ons pad gestuur het, hoofsaaklik by homoseksuele mans met verskeie seksmaats, aangetref word. Maar wat u seker nog nie gehoor het nie omdat dit die Kabaal pas, is dat minstens 96% van die mans wat die virus opgedoen het, met die mRNS-gifinspuiting “ingeënt” is. Die rede vir hulle siekword is eenvoudig. Die gifinspuiting verswak die mens se immuniteit tot dit byna geen siekte kan teenstaan nie. Oor die tydperk van ‘n paar maande – veral as daar nog “boosters” ook toegedien is – verswak dit so dat selfs die gewone chemiese en biologiese bedreigings in die omgewing wat nooit vir die mens dodelik gevaarlik was nie, nou hul verskyning maak in die vorm van omvattende ekseemuitslag op die vel, pyn in die bene en gewrigte, allergieë en nog meer.
Volgens gepubliseerde navorsing van die Barcelona Institute for Global Health (ISGlobal) word die aappokke-virus deur speeksel, urine en semen oorgedra, dus hoofsaaklik die liggaamsvloeistowwe van ‘n besmette persoon.
Dit is egter belangrik om daarop te let dat homoseksuele mans nie onlangs hulle gedrag verander het nie; hulle verhoogde vatbaarheid is bloot toe te skryf aan verswakte immuniteit ná die gifinspuiting. Daarom moet aappokke nie bloot as ‘n homoseksuele siekte gesien word nie want dit gaan oor 'n kombinasie van ingeënt wees + veelvuldige seksmaats + homoseksuele seksaktiwiteite. Hierdie kombinasie lei tot 'n verswakte immuunstelsel en blootstelling aan 'n wye verskeidenheid patogene, waarvan sommige in die onderste gedeelte van die spysverteringskanaal gewortel is en biologiese afvalprodukte is –wat ‘n vieslike leefstyl!! Daarom is lesbiese vroue nie so hoogs vatbaar vir die virus nie alhoewel hulle sekspraktyke ewe pateties en afkeurenswaardig is.
Selfs nie-homoseksuele mense se liggame kan as gevolg van Covid-“entstowwe” verander in 'n hiperaktiewe reaksiestelsel as dit met omgewinggifstowwe in aanraking kom. Dit beteken dat individue wat ingespuit is, nuwe allergieë of voedselsensitiwiteite kan ontwikkel wat hulle nooit voorheen ervaar het nie. Hulle kan selfs allergies word vir medikasie soos antibiotika, en as hulle in gebiede met hoë stuifmeeltellings woon, kan hulle skielik ontdek dat dit ondraaglik is om daar te woon weens hul allergiese reaksies.
Ter opsomming, pasop vir die gevolge van die covid-inspuiting. Bo en behalwe die dodelike gevolge van bloedstollings en parasiete, kan dit jou liggaam meer kwesbaar maak vir talle dinge soos chemikalieë, gifstowwe, patogene, ens. In werklikheid vermenigvuldig covid-inspuitings die toksiese effekte van ander gifstowwe wat voorheen geen dodelike risiko vir jou gesondheid ingehou het nie, en kan dit skielik as uiters ernstig na vore kom met baie duidelike simptome soos veluitslag, moeilike asemhaling, erge inflammasie ensovoorts.
Hierdie simptome kan ook ervaar word deur mense wat nie die inspuiting gehad het nie maar in noue kontak is met persone wat wel die inspuitings gekry het. Onthou, oordrag van grafeenoksied is ‘n werklikheid!