Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) kry dalk diktatoriale magte
Die WGO kan reeds vanaf November 2022, toevallig aan die begin van die griepseisoen vir die Noordelike Halfrond, uitgebreide diktatoriale magte ontvang.
Die Biden-administrasie het reeds op 18 Januarie vanjaar voorstelle ingedien waaronder hierdie uitgebreide magte aan die WGO verleen sal word. Daarvolgens sal die WGO oor die mag beskik om die nasionale soewereiniteit van 194 Verenigde Nasie-lidlande omver te werp en om aan hulle gesondheidsmaatreëls te dikteer. Hierdie drakoniese magte sal deur die internasionale reg afdwingbaar wees.
Onder die nuutverworwe outoriteit sal die WGO ook die mag hê om vaksien-paspoorte in te stel en verpligte inentings af te dwing. ‘n Wêreldwye “vaksien-paspoort/digitale identiteitsprogram” is reeds in ver gevorderde stadium van ontwikkeling.
Die Covid-“pandemie” was duidelik ‘n oefenlopie, en die wêreld kan straks ‘n reeks nuwe uitbrake verwag van virusse waarmee gewetenlose wetenskaplikes eksperimenteer vir hierdie doel.
Sulke “uitbrake” word met die hulp van die media buite verband opgeblaas, vrees word sodoende by die algemene publiek ingeboesem, en die ridder op die wit perd is die WGO wat gereedstaan om planne te implimenteer.
‘n Voormalige senior werknemer van die WGO, wat nou as wetenskaplike werksaam is by die Geneeskundige Fakulteit van die Universiteit van Genéve, Astrid Stuckelberger, maak die volgende opmerking:
“If the new Pandemic Treaty is adopted by member states, this means that the WHO’s Constitution (as per Article 9) will take precedence over each country’s constitution during natural disasters or pandemics. In other words, the WHO will be dictating to other countries, no longer making recommendations.”
Die WGO sal onder die nuwe regulasies oor die mag beskik om ‘n mediese noodtoestand in ‘n land af te kondig – ongeag of daardie land se regering daarmee saamstem of nie, en om dan maatreëls na hul goeddunke in te stel. Dit alles sal wetlik afdwingbaar wees. Ons is reeds bekend met die idiotiese en dikwels kontra-produktiewe maatreëls wat deur die WGO neergelê is met die Covid-plandemie. Dit voorspel rampspoed vir die toekoms, sou hierdie nuwe magte aan hul toegeken word.
Al hierde planne het een doel voor oë. Jan Publiek moet gewoond raak daaraan om voorgeskryf te word, nie sy eie brein in te span nie, om beheer te word en van voorregte en vryhede ontneem te word aan die hand van een of ander regeringsorganisasie.
Sodoende word die pad voorberei vir die inwerkingstelling van die Nuwe Wêreldorde.