Mense word gedwing om hulle wapens in te handig of word nie verder lisensies daarvoor toegestaan nie en is daarna kriminele misdadigers indien hul dit behou. Intussen eskaleer plundering en daar is geen polisie of oppergesag van die reg om dit te keer nie. Nadat winkels leeg geplunder is begin die barbare om woonhuise met petrolbomme te bestook, brand af wat voor kom terwyl wapenlose inwoners nie hulle eiendom kan beskerm nie en vlug soos ‘n bok voor ‘n trop leeus uit voordat hy ingehaal word. Jy is op jou eie...
Klink dit bekend? Ja, ook Suid-Afrika sal só deurloop, net op baie, baie groter skaal as in Julie. Maar dit is wat op die oomblik in Amerika se sogenaamde ‘blou stede’ plaasvind. Dit is die stede wat onder die demokratiese party van Joe Biden val. Totale chaos deur doelbewuste pogings om die land tot ‘n val te bring is aan die orde van die dag. Regoor New York, Chicago, Seattle, Portland, Boston, St. Louis, Los Angeles en ander blou stede skiet voertuigkapings en rooftogte die hoogte in en winkelplundering vind selfs bedags plaas. Dit raak in so 'n groot mate buite beheer dat baie kleinhandelaars hulle winkels sluit.
Totale wetteloosheid sonder enige polisieteenwoordigheid sal hierdie gebiede in 2022 vir baie vierkante myl verlate laat. Daar is reeds ernstige tekorte aan voedsel, veral nadat die regime die vervoer daarvan en die vervaardiging van kunsmis en voedingstowwe verbied het. Intussen word daar nuwe geld gedruk vir ‘n vale sodat die inflasiekoers die hoogte kan inskiet.
Hierdie gebeure vind nie toevallig plaas nie. Dit word deur die regime veroorsaak net soos hier in Suid-Afrika ook die geval is. Ons moet nie dink dat die gebeure in Julie vanjaar ‘n spontane plundering van die gepeupel was nie. Daarom weet ons dat die groot slagting wat nog op ons wag ook nie vanself sal gebeur nie maar direk met die ANC-regime te doen het.
Behou u wapens ten alle koste, ten minste dié wat u nog het; u gaan dit baie, baie nodig kry!