Ope Brief aan die Ongeënte (namens ‘n groot aantal dokters geskryf)
Jy is nie alleen nie!
Vanaf 28 Julie 2021 het 29% van die Kanadese nie 'n COVID-19-inspuiting ontvang nie, en 'n bykomende 14% het een inspuiting gekry. In die VSA en in die Europese Unie is minder as die helfte van die bevolking volledig ingespuit, en selfs in Israel, die "wêreld se laboratorium" volgens Pfizer, bly een derde van die mense heeltemal oningespuit. In Suid-Afrika het slegs 26% inspuitings gekry waarvan ongeveer die helfte net een inspuiting ontvang het.
Politici en die media het 'n eenvormige siening ingeneem en die oningespuite sondebok gestraf vir die probleme wat ontstaan het ná amper twee jaar van vreesaanjaag en toesluitings. Dit is tyd om die saak reg te stel.
Dit is heeltemal redelik en wettig om 'nee' te sê vir onvoldoende getoetste spuitstowwe waarvoor daar geen betroubare wetenskap is nie. Jy het die reg om voogdyskap van jou liggaam te neem en om mediese behandelings te weier as jy dit goedvind. Jy is reg om 'nee' te sê vir 'n skending van jou waardigheid, jou integriteit en jou liggaamlike outonomie. Dit is jou liggaam, en jy het die reg om te kies. Jy het die reg om vir jou kinders te veg teen die massa-inspuitings op skool.
Jy word geteiken deur hoofstroommedia, regeringsveldtogte, onregverdige reëls en beleide, samewerkende werkgewers en die sosiale media-skare.
Daar word vir jou gesê dat jy nou die probleem is en dat die wêreld nie kan terugkeer na normaal nie, tensy jy “ingeënt” word.
Jy word boosaardig deur propaganda gestraf en deur ander om jou onder druk geplaas. Onthou; daar is niks fout met jou nie.
Jy word ten onregte daarvan beskuldig dat jy 'n fabriek is vir nuwe SARS-CoV-2-variante, terwyl jou natuurlike immuunstelsel eintlik immuniteit teen veelvuldige komponente van die virus genereer. Dit sal jou beskerming teen 'n groot verskeidenheid virale variante bevorder en verdere verspreiding na enigiemand anders ophef.
Jy is geregverdig om onafhanklike eweknie-geëvalueerde studies te eis, nie befonds deur multinasionale farmaseutiese maatskappye nie. Al die eweknie-geëvalueerde studies van korttermynveiligheid en korttermyndoeltreffendheid is deur hierdie winsgewende korporasies befonds, georganiseer, gekoördineer en ondersteun; en geen van die studiedata is openbaar gemaak of beskikbaar aan navorsers wat nie vir hierdie maatskappye werk nie.
Jy is reg om die voorlopige proefresultate te bevraagteken. Die studies was nie blind nie; mense wat die inspuitings gegee het, het wel geweet of kon aflei of hulle die eksperimentele spuitstof of die placebo inspuit. Dit is nie aanvaarbare wetenskaplike metodologie vir entstofproewe nie.
Jy is reg om te vra: “Wat kom volgende wanneer ons gesag oor ons eie liggame weggee?”
Moenie geïntimideer word nie. Toon veerkragtigheid en integriteit. Kom saam in julle gemeenskappe, maak planne om mekaar te help en staan vir wetenskaplike aanspreeklikheid en vrye spraak, wat nodig is vir die samelewing om te floreer. Ons is onder baie wat saam met jou staan.
Angela Durante, PhD
Denis Rancourt, PhD
Claus Rinner, PhD
Laurent Leduc, PhD
Donald Welsh, PhD
John Zwaagstra, PhD
Jan Vrbik, PhD
Valentina Capurri, PhD
...en nog ‘n lang lys name wat volg...