Ons doen 'n ernstige beroep op elke leser om na die video-toespraak van dr Peter Hammond by die skakel hieronder te luister. Dit handel nie net oor elke aspek en vraag wat u dalk het in verband met die gebeure agter die covid-sage nie, dit is ook 'n motiveringstoespraak wat u sal laat besef dat u nie alleen staan teen hierdie sataniese magte wat ons probeer uitwis nie.
Nog 'n bietjie goeie nuus is dat dit amptelik is dat slegs 30% Suid-Afrikaners met die gifinspuiting bygekom is, waarvan 13% slegs een inspuiting gekry het, en 17% twee inspuitings. Ons is dus 70% mense wat nie die spuit wou kry nie, ver in die meerderheid. Mag die Here ons ook verder help om hierdie onheiligheid te beveg.