NEURALINK – ‘N PSIGIATRIESE RAMP IN WORDING

Een van die transhumaniste wat ons onlangs by 'n splinternuwe afgrond gebring het, is Elon Musk, met sy jongste onderneming, Neuralink. Neuralink is 'n transkraniale inplantaat wat gelykstroomstimulasie gebruik. Die toestel is voorlopig gebruik om mense met brein- of ruggraatbeserings te help maar die uiteindelike doel is om die menslike brein met rekenaars saam te smelt. Hierin is geweldige ruimte vir onvoorsiene sielkundige en psigiatriese gevolge. In 'n onderhoud met die psigiater dr. Peter Breggin het hy sy bekommernisse oor hierdie tegnologie uitgepreek:

“Wat vir my interessant is, is dat Musk so briljant is, maar dat hy dom is oor die brein. Dit is waarskynlik omdat die neurochirurge en psigiaters wat hy raadpleeg dom is oor die brein. Hy wil veelvuldige draadagtige elektrodes in die brein insit, in neurone en 'n lae spanning stimulasie. Dit is kranksinnig. Die brein kan dit nie duld nie. Hy hoop om te kan kommunikeer, maar daar gaan geen kommunikasie wees nie. Die brein gaan nie met hierdie elektrodes praat nie. Dit is nie hoe die brein werk nie. Die brein praat met homself. Dit gaan nie met Elon Musk [of met iemand anders] praat nie en hy sal die brein wat met homself praat, totaal ontwrig. Dit is 'n verskriklike ding om te doen.

“Ek wens iemand wat Elon Musk ken, sou vir hom sê: 'U moet met Peter Breggin praat. Hy sê dat u konsultante dom is.' Hy beplan reeds om FDA-goedkeuring te kry vir neurologiese afwykings, en dit sal die begin van die groot aanslag wees. “

Om terug te keer na die mRNS-entstowwe: die tyd het geleer hoe gevaarlik dit is. Derduisende mense wêreldwyd is reeds hiervan dood al probeer die media dit ontken en al maak die medici of die sterftes nie verband hou met die inspuitings nie. En wanneer mense uiteindelik besef dat die inspuitings permanente skade veroorsaak wat ook die nageslagte sal raak, geneties erfbaar is, is dit lankal te laat.

Hierdie inentingsmanie sal die ergste wêreldwye katastrofe in menselike heugenis wees en die grootste misdaad teen die mensdom ooit!