Die sogenaamde inenting of ‘jab’ soos die Amerikaners dit noem, of kluit-spuit soos óns dit noem want dit gaan miljoene mense onder die kluite in ‘n graf laat beland, is nie die begin van die vergiftingsproses waarmee die Geldmag ons probeer verswak nie. Hierdie is sekerlik die kersie op die koek want dit is effektief en vinnig om die mensdom so verslae en verswak te laat, maar die duiwelsplanne is al vir eeue in werking met allerhande strategieë.
Al vir dekades lank word ons deur ons voedsel, water, lug, medisyne ea vergiftig net soos wat ons verstand vergiftig word deur al die leuens en bedrog gepleeg deur die superrykes met hulle seekatarms soos die media.
Dit is nie toevallig dat die meeste voedsel in supermarkte industriële, hoogs verwerkte, uiters giftige pseudokos is nie, wat volgens baie mediese dokters 85% die oorsaak is van hedendaagse siektes. Dit is ook nie toevallig dat vulstasies slegs die gesondheidsvernietigende 'snacks' aan die biljoene reisigers bied nie. Kitskoskettings oorheers elke nasie en bied rommel aan die mensdom wat hierdie wêreld nog nooit in haar lang bestaan gesien het nie. Al hierdie giftige vals kos verswak die mensdom soos nog nooit tevore nie. 90% van alle hedendaagse siektes het 'n eeu gelede nie eens bestaan nie!
Dit is moeilik om vandag 'n volkome gesonde persoon op aarde te vind, veral in die westerse nasies. Dit lyk asof almal 'n gesondheidsprobleem het. Kroniese moegheid, slaapstoornisse, allergieë, tinnitus in die ore, hoofpyn, senuweepyne, artritis, kanker, diabetes en honderde ander siektes. Het ek die wêreldwye epidemie van angsversteurings, depressie, outisme, ens genoem? Statistieke toon dat kinders meer kroniese gesondheidskwessies het as ooit tevore. Terselfdertyd is dit die kinders wat die meeste “ingeënt” word – Suid-Afrika het vandag begin om jongmense van 18 jaar en bietjie ouer te begin inspuit terwyl daar in lande soos Amerika tot selfs babas al ingespuit is. Sien u die verband? Om die bevolking te verswak, is die sleutel tot die beheer van die mensdom – dit is wat die Geldmag beoog, om totale en digitale beheer oor elke oorlewende te verkry onder ‘n Eenwêreld regering.
Daarom word elke poging om natuurlike medisyne te skep altyd geweldig teengestaan en glo dit maar gerus: dit is ook die rede waarom duisende natuurlike dokters al ‘n onnatuurlike dood gesterf het, en elke uitvinder van 'n kankergeneesmiddel skielik 'n 'hartaanval' gehad het. En moenie dink omdat u dit nie in die media gehoor het nie, dit nie die waarheid is nie. U verwag tog seker nie dat sulke onmenslikhede aan die publiek geopenbaar sal word nie!
Aangesien die beheer, uitwissing en verswakking van die mensdom die kern van die planne van die globalistiese elite is, is die oplegging van ‘entstof’-mandate van kritieke belang vir hulle sukses. Verwag dan in die nabye toekoms dat elkeen van ons gedwing sal word om daardie gifinspuiting te kry; dié wat dit weier se aardse lewe sal so te sê verby wees want ons sal niks kan koop of verkoop nie, nêrens mag gaan nie, niks besit nie en verarm en verhonger.
Maar net dalk ontferm God Hom oor sy kinders hier aan die suidpunt van Afrika; net dalk vind daardie wonderwerk waarvoor ons al lank wag vinniger plaas en ontkom Suid-Afrika die uiteindelike bose planne van die Geldmag. Laat ons op ons knieë pleit dat die Here hierdie eens Eerstewêreldland wat nou ‘n stuk rommel op ‘n ashoop is, sal kom reinig, van al die vullis ontslae raak en daarvandaan sy hand oor Suid-Afrika bly hou.