Eindelik is nog ‘n korrupsiespul met betrekking tot die toetsings om Covid-19 vas te stel oopgevlek.
Almal is seker teen hierdie tyd daarvan bewus dat die PCR-stelsel wat vir die toetsings gebruik word, glad nie daarvoor ontwerp is nie. Selfs sy ontwerper het die medici gewaarsku dat dit vals toetsings sou meebring. En ons weet ook dat die oorgrote meerderheid positiewe PCR-toetse vals positiewe toetse was – daardie mense was nie siek nie.
Nou word talle reeds ingespuite persone ook weer getoets. En deesdae word daar eers gevra of die persoon “ingeënt” is of nie. Juis dít het die slim en eerlike dokters agterdogtig gemaak, waarna die waarheid toe op die lappe gekom het.
Wanneer nie-ingespuite persone getoets word, word die apparaat met ‘n siklusdrempel (CT) van 40 of hoër gestel wat feitlik ‘n vals positief waarborg. En wanneer iemand wel die inspuitings gehad het, word die apparaat met ‘n CT van 28 of laer gestel wat die moontlikheid van ‘n vals positiewe resultaat dramaties verlaag. Hoe klink dit vir u? Soos dubbele standaarde, ‘n verskuilde agenda, bose planne om die hele wêreld paniekerig te maak sodat hulle die gifinspuitings sal verwelkom?
Glo dit of te nie, die hele virus-sage is ‘n sameswering en onmenslike misdaad teen die hele mensdom wat roep vir ontbloting en regstelling!