ONDERWYSERS WORD GEDWING VIR KLUIT-SPUIT!

Hier in Suid-Afrika is die onderwysers geboelie om die kluit-spuit te kry, in so 'n mate dat hulle in busse ingebondel is en na Ga-Rankuwa aangery is waar hulle 'n hele dag op 'n slag moes wag om ingespuit te word.  Natuurlik sou ons dit nie deur die sataniese media hoor nie. Daar is van hulle wat al huilende daardie dag deurgebring het omdat hulle nie van plan was om die inspuiting te kry nie.  Natuurlik het ons ook geweet die Ramaphosa-bende sou nie hul woord hou oor die feit dat niemand forseer sou word nie.  En wat lees ons nou in www.News24.com/fin24/companies/unvaccinated-curro-teachers-may-face-retrenchment-20210818 ?

"Die departement van Onderwys het 'n formele skrywe uitgestuur om aan te kondig dat huille nou beweeg na 'n mandaat om alle onderwyswerknemers te laat inspuit anders word hulle afgedank". Gaan lees gerus die hele berig by die skakel hier bo.

In Amerika gons dit omtrent soveel as oor dr Susan Vosloo, nadat 'n spesialis in die veld van virologie en ouer van kinders in die skool, by die Skoolraadvergadering op die mees logiese en ingeligste wyse die raad toegespreek het waarna hy groot applous van die ouers ontvang het.  Skoolraadbestuur wou klaarblyklik diskrimineer teen kinders wat nie ingespuit is nie. Die dokter het 'n warm patat vir daardie Raad gelos en sal seker nou deur die media bly kruisig word.  Gaan luister wat regtig aan die gebeur is en hoe die publiek belieg word deur die media en die duiwelskinders wat hierdie virus-plan geïmplimenteer het, by die skakel hier onder.

https://www.londontimes.live/health/this-video-of-a-doctor-speaking-at-a-school-board-about-vaccines-goes-mega-viral/

Vir diegene wat nog nie na die videos van beseerde persone agv die inspuitings gekyk het nie, gebruik dr Google en vergewis uself; dis hartverskeurend!  Om onder die kluite te beland as gevolg van die kluit-spuit is 'n genade. Wat wreed en genadeloos is, is jong mense wat nie meer kan loop nie, konvulsies kry, bloedklonte, hartskade, te veel om op te noem. Gaan kyk, en besef wie is die werklike vark in hierdie verhaal!