AMERIKANERS BEGIN BEHEER NEEM

‘n Hele aantal state in Amerika begin nou sê genoeg is genoeg! Die aanhoudende leuens en reëls oor die Covid-sage is besig om Amerikaners die harnas in te jaag. Die talle maatreëls wat hulle moet nakom is besig om veral die kinders se geestesgesondheid te knou. Nou begin die een na die ander staat om maskers in skole te verbied.

Texas was die voorloper toe ‘n uitvoerende bevel wat regeringinstansies se maskerdra-reël verbied, daar op 4 Junie 2021 in werking getree het.

'n Soortgelyke wetsontwerp is in Mei 2021 in Iowa uitgevaardig, wat ook die dra van skoolmaskers verbied. In 'n verklaring het Kim Reynolds, goewerneur van Iowa, gesê: "Die staat Iowa plaas ouers weer in beheer van hul kind se opvoeding en neem groter stappe om die regte van alle Iowans met betrekking tot hul eie gesondheidsbesluite, te beskerm."

In soortgelyke voornemens beplan Arkansas om teen die einde van die somer 2021, die dra van maskers in skole verbied te kry, en Suid-Carolina het 'n uitvoerende bevel uitgereik wat ouers toelaat om namens hulle kinders te besluit of hulle maskers wil dra.

'n Aantal skooldistrikte in Wisconsin het ook die maskervereistes opgehef, terwyl die onderwyskommissaris van Florida, Richard Corcoran, 'n memorandum aan die distriksopsigters gestuur het om te sê dat die dra van maskers vrywillig moet wees vir die skooljaar 2021-22.

‘n Hele entjie in die plandemie in het 'n CDC-studie bevind dat die dra van maskers geen verskil gemaak het aan die aantal Covid-gevalle onder studente by skole in Georgia nie terwyl waar verbeterde ventilasie toegepas is soos die oopmaak van vensters, minder gevalle opgelewer het. Maar nie lank na hierdie verklaring nie het die WGO wat aanvanklik hiermee saamgestem het, weer omgedraai en die dra van maskers sterk aanbeveel.

Dr Peter Breggin, 'n psigiater wat by Harvard opgelei is, ook ‘n voormalige konsultant by die National Institute of Mental Health, het COVID-19-beperkings op kinders 'n “misdaad teen die mensdom” genoem en “'n eksperiment wat daarop gemik is om mak pionne in 'n wêreldwye roofstelsel te skep.” In gesprek met Wilson County News het Breggin gesê:

“Ek was 'n kind tydens die Tweede Wêreldoorlog, en ek het nog nooit so iets soos vandag gesien nie. Amerikaners was nog nooit so mislei en magteloos nie, selfs nie in oorlogstyd nie. En hoe meer kinders afstand moet hou en maskers dra, hoe minder kan hulle met mekaar psigies verbind, en hoe minder hulle verbind, hoe meer afsydig en lamsakkig word hulle. Hoe meer jy hulle dan ook leer om absurde en vernederende dinge te doen, hoe meer gee hulle toe aan alles wat jy eis. So word hulle dan ook papbroekige volwassenes wat soos marionette doen alles wat van hulle vereis word.”

Nou ja, dit is mos presies wat die Geldmag wil bereik, ‘n klomp nie-denkende marionette wat slaafs gehoorsaam is aan die komende Eenwêreld regering, ‘n klomp skape wat uiteindelik die afgrond intuimel saam met satan en sy trawante.