Die vyandelike aanslae om die mensdom onder die antichris se komende Een Wêreldregering te plaas brei by die dag verder uit. Nou is daar ‘n nuwe mikroskyfie , ‘n klein sensor wat onder die vel ingebed kan word. Die voorgehoue doel daarvan is glo om chemiese reaksies in die liggaam op te spoor wat kan aantoon of ‘n persoon besmet is met 'n virus soos COVID-19 of griep nog voordat daar enige simptome voor kom. Dit bestaan uit ‘n gel, genoem hidrogel, wat 'n DARPA-uitvinding is en nanotegnologie en nanobotte insluit. Hierdie "bio-elektroniese koppelvlak" is deel van die COVID-19 mRNS-entstowwe se afleweringstelsel. Die bioskyfie wat deur Profusa ontwikkel word, is soortgelyk aan die voorgestelde COVID-19-mRNS-entstowwe omdat dit hidrogel gebruik.
Die inplantaat is die grootte van 'n ryskorrel en is gekoppel aan 'n aanlyn databasis wat die veranderinge in u biochemie en 'n wye verskeidenheid biometrieë, soos hart- en asemhalingstempo, sal aantoon.
Die tegnologie bestaan uit drie komponente: die ingeplante sensor, 'n leser wat op die oppervlak van die vel geplaas is en die sagteware waarmee die leser die versamelde data via Bluetooth na u telefoon of tablet kan stuur, wat op sy beurt weer met ander lyne gekoppel kan word bv u dokter se webwerf. Die biosensors kan glo siekte-uitbrake, biologiese aanvalle en pandemies tot drie weke vroeër opspoor as ander huidige metodes.
Moenie dink u gaan teen die gevare van so ‘n skyfie gewaarsku word nie. Oorsese media besing reeds die lof van die skyfie. Afgesien van die potensiaal van nanotegnologie as 'n wapen van massavernietiging, kan dit ook heeltemal nuwe vorme van geweld en onderdrukking moontlik maak. Nanotegnologie kan teoreties gebruik word om denkbeheerstelsels, onsigbare en mobiele afluistertoestelle, of onvoorstelbaar aaklige martelingsinstrumente te maak. Daarby moet u u privaatheid prysgee, en u onderwerp aan die monitering en aansluiting by 'die wolk', waarskynlik permanent...