WÊRELDWYE PROTESOPTOGTE TEEN DIE COVID-KLUG...

...WAAR STAAN SUID-AFRIKA?

Môre op 20 Maart 2021 vind daar in die meeste lande groot protesoptogte plaas oor die hele Covid-klug.  Protes teen die dra van maskers, protes teen inperkings, protes teen toetsing vir die sogenoemde virus, en protes teen die giftige inentings is alles dinge waarteen in fyn besonderhede geprotesteer gaan word. Veral die leuenrol wat die media hierin speel sal aandag geniet.

In Japan is daar in baie stede optogte gereël, nie net groot stede soos Tokio nie.  Dieselfde geld vir ander lande en die bevolkings van Amerika, Australië, Kanada, Duitsland, Italië en talle ander lande gaan in spangees saam betoog oor die grootste misdryf teen die mensdom ooit, die Covid-klug.  

Dit laat mens wonder waar Suid-Afrika staan.  Is ons werklik die mees oningeligte land ter wêreld as dit by die waarheid oor die virus-kabaal kom?  Natuurlik hou die hoofstroommedia die protesreëling stil soos met alles gedoen word waarvan hulle nie wil hê ons moet weet nie, maar hoe weet soveel ander lande daarvan? En hoe het hulle saam oor 'n datum vir die vertoon van hul solidariteit besluit?

Die waarskynlikste antwoord is dat Suid-Afrikaners al die strooi wat hulle op TV-nuus en veral die Afrikaanse radiostasies hoor vir soetkoek opeet.  Die komplot teen die mensdom is so groot dat dit vir die meeste goedgeaarde Afrikaners totaal onmoontlik klink en hulle liewer die leuens glo.  Die ander rede is dat ons mense nie meer wyd lees nie, dit is te veel moeite want dis makliker om sepies en twaknuus te sit en kyk. Die media slaag grootliks daarin om navorsers van die waarheid as samesweerders af te maak terwyl die komplot van die Nuwe Wêreldorde om die mensdom digitaal te verslaaf die eintlike sameswering is. 

Wat gaan dit neem om wakker te skrik voor al ons kinders met gifstowwe ingespuit word bloot omdat dit afgedwing sal word.  Moenie 'n woord glo wat oor die nuus vir u vertel is dat dit nie afforseer sal word nie; dit sal nog wetgewing word soos in Israel en nou in Amerika besig is om te gebeur.  Waarom moet mense eers alles verloor voordat hulle bereid is om te veg, dit wanneer daar niks meer oor is om voor te veg nie!