12 APRIL 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons is nie almal gebore met 'n goeie sin vir humor nie maar dit kan ontwikkel word. Humor is die kuns om mens se verstand ewewigtig te hou en lyding te versag. 'n Goeie skaterlag kan verstandelike spanninge verslap en is goed vir die asemhalingstelsel. Dis meer as om net 'n grap te vertel: dis om 'n simpatieke gesindheid met ander se teëspoed te wys en nooit jou eie sukses of mislukking te ernstig op te neem nie. So bring ons sonskyn in ander se lewens. Bid dat God deur die Heilige Gees sprankel in jou lewe sit.