9 MAART 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Toets jy nog telkens jou eie lewe aan elkeen van die Tien Gebooie van God? God het ons uitverkies om sy kinders te wees en Hy vra dat ons Hom met ontsag en eerbied dien. Dit sluit in dat jy in woord en daad jouself aan sy wil onderwerp in gehoorsaam en getrouheid aan al tien die gebooie – nie net sommige van hulle nie.