BOEKADVERTENSIE: VRYHEIDSVEGTERS

Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Allermins was dit 'n regverdige aanval van 'n groot moondheid op 'n klein byna weerlose en vreedsame volk, 'n oorlog wat uiteindelik ontaard het in 'n toestand van ellende, verwoesting, gruwels en skokkende barbaarse wreedheid. Die Britse opposisie het dit "methods of barbarism" genoem, soos wat mens sou verwag hoe oorlog baie eeue gelede deur Mongole, Turke, Romeine en Herodes se sodate uitgevoer was.

Lewens was goedkoop en nie eens die diere was ontsien nie. Die boek vertel die verhaal van sommige van die gevegte en die persoonlike ervarings en aandeel van 'n aantal oudstryders wat daarin betrokke was. Sedert die vredesluiting van 1902 moes die joiners se name onbekend bly twv Louis Botha se versoeningsbeleid met die vyand. In hierdie boek word die name van joiners ontbloot, mense wat nie geskroom het om onskuldige bloed te vergiet vir 'n paar pennies per dag nie.

Bestel die boek direk by skrywer: Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.