MAD MAX OPPAD

Elke land het mense met genoeg verstand om dinge vooruit te sien aankom.  So ook Amerika, en dis gewoonlik nie die linkes of liberaliste wat die insig het nie.  

Die verstandiges in die VSA voorsien binne enkele maande'n totale ineenstorting, veral in sekere state waar daar reeds te min kos en water is om mense aan die lewe te hou. En hulle beskryf dit nie as 'n oproer, burgeroorlog of as beplande chaos nie; dit word vergelyk met Mad Max, die filmreeks waarin die hoofakteur, Mel Gibson, op 'n motorfiets absolute chaos in sy wraaksug teen plunderende bendes veroorsaak, onwillekeurige moorde in strate en die wreedste moontlike wyses waarop mense sterf.  

Die opbou na daardie ontploffing word aan die Halloweendatum gekoppel, die jaarlikse gebeurtenis in die VSA waar hekse en okkultiese rituele as onskuldige pret voorgehou word, asook aan die datum van verkiesings wat hierdie jaar nog moet plaasvind.  Niemand kan die tyd bepaal nie, net God weet wanneer hierdie dinge sal plaasvind, maar dit is duidelik dat Hy van plan is om Amerika ook skoon te maak, net soos ons dit hier in Suid-Afrika verwag.

By die skakel hieronder is 'n kort video met baie interessante inligting en heel moontlik geskiedkundige waarde.

https://www.brighteon.com/c989a3ae-0692-4129-b7f9-0637a7aa9e33