Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die liefde reken die kwaad nie toe nie...
1854: BELEG VAN MAKAPANSGROT
KULTUURDAGBOEK 25 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In Oktober 1854 is 'n Boerejaggeselskap, bestaande uit 23 mans, vrouens en kinders, wreed deur die swart volk van Makapan (soms ook gespel Magopane, Mokopane of Makapaan) en Mapela, opperhoofde van klein inboorlingstamme in die gebied Waterberg in die distrik Soutpansberg, naby die latere Makapanspoort, vermoor. Die lyke van die vermoordes is gruwelik vermink, en die leier van die geselskap, Hermanus Potgieter, broer van die Voortrekkerleier AH Potgieters, is lewend afgeslag. Die gruweldade van die swartes teenoor die blankes vandag in hierdie land is dus niks nuuts nie – al verskil is dat die blankes nie meer die swart barbare straf en op hulle plek hou nie, die volksmoord op die blanke gelate aanvaar, hulle God nie meer vertrou nie en daarom reeds as volk gesterf het.
Na aanleiding van hierdie wrede dade het kmdt-genl Piet Potgieter, seun van AH Potgieter,saam met MW Pretorius, kommandant-generaal van Potchefstroom, 'n strafekspedisie teen Makapan georganiseer.
WAAR SAL ONS GELUK VIND?
Hannes Ollewagen
Ps. 1:1-6
“WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag.” (:1&2).
Kan ’n mens jouself hier op aarde ’n meer behaaglike toestand bedink as “welgeluksalig”? Ek twyfel. Ek glo dat elke mens tog begeer om gelukkig te wees, dat dit met jou wel sal gaan en om ook in ’n salige vrede te leef. En die Woord van die HERE leer ons dat dit ook inderdaad vir ons as mense hier op aarde heeltemal binne bereik is. Maar tog lyk dit asof die meeste mense nie hierin deel het nie. En die rede is juis dat mense op die verkeerde plekke, in die verkeerde dinge, na hul vreugde en geluk soek.
1683: OLAF BERGH, ONTDEKKINGS- REISIGER
KULTUURDAGBOEK 24 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het hierdie Sweedse ontdekkingsreisiger van sy tweede binnelandse reis, in opdrag van Simon van der Stel, in Kaapstad aangekom. Olaf Bergh is in 1643 in Swede gebore en het hom in 1665 aan die Kaap gevestig in diens van die VOC. Deur sy bekwaamheid en ywer het hy die belangrike posisies van lid van die politieke raad en kaptein van die garnisoen beklee.
In opdrag van goew Simon van der Stel het hy verskeie ontdekkingstogte na die binneland onderneem, sonder om die geheim van die Namakwalandse Koperberge of die Gariep op te klaar, maar met 'n magdom betroubare en noukeurig aangetekende inligting oor die landstreek tot noord van die Olifantsrivier. Iets meer oor van Olaf Bergh se wedervaringe:
In die vroeë ure van 8 Junie 1682 het die Britse skip, die Joanna, wat oppad was na Surat in Oos-Indië, noordwes van die Kaap Agulhas gestrand.
1874: VIERKLEUR DEUR KRUISVLAG VERVANG
KULTUURDAGBOEK 24 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Omdat staatspresident TF Burgers graag die sogenaamde Voortrekkervlag in ere wou herstel het die Volksraad van die ZAR op hierdie dag die bestaande landsvlag, die Vierkleur, deur 'n nuwe vlag, die sogenoemde Kruisvlag, vervang.
Die Kruisvlag was, naas die bekende Driekleur van die Natalse Voortrekkers, die vlag van die Voortrekkers onder leiding van AH Potgieter.
DIE LEUEN OOR VOËLGRIEP!
5G, KRAGTIGE RADARSTASIES, ELEKTRO-MAGNETIESE VELDE…
Een van die kragtigste radarstasies ter wêreld is nie lank gelede nie op die Varanger-skiereiland in Finnmark, Noorweë opgerig. Pas was dit voltooi en tienduisende voëls oral op die skiereiland val dood uit die lug! Op die suidelike en oostelike kus van die skiereiland is ook onlangs toenemend 5G torings opgerig en in werking gestel.
By Ekkerøy Natuurreservaat, aan die suidelike kus van die skiereiland, het ten minste 15 000 bedreigde soorte groot voëls aan die einde van Julie en begin Augustus 2023 gevrek. Hulle maak gewoonlik nes daar in die somer op die hoë kranse, nou direk in die vuurlyn van die radar wat sowat 50 kilometer ver is. Die restaurant by Ekkerøy was verplig om vir die somer te sluit omdat dit dooie voëls “reën”. Die totale bevolking van hierdie seevoëls in Noorweë was net sowat 50 000. Talle dooie sterretjies en ander soorte meeue is ook versamel. Ook die helfte van die kraanvoëls by Ekkerøy het gevrek.
Die radarstasie, genaamd Globus III, is gebou deur die Verenigde State, op die eiland Vardøya in Vardø, die mees oostelike stad in Noorweë, wat oorkant 'n baai van Noord-Rusland is. Dit blyk deel te wees van 'n burgerlike verdedigingsnetwerk genaamd die Ruimteheining. Besonderhede oor hulle webwerf is eers geheim gehou, maar op 22 Februarie 2022 word daar op die Amerikaanse regering se webwerf, SAM.gov, gepubliseer:
1838: PIETERMARITZ- BURG GESTIG
KULTUURDAGBOEK 23 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die aanwesigheid van verhongerde Boesmans het die Voortrekkers van Natal se beoogde eerste dorp Bosjesmansrand laat heet. Dit was ook as Stinkhoutrand bekend. Die vermoede bestaan dat Piet Retief self die standplaas in die Umzinduzivallei uitgesoek het. Ná die moord op hom en die dood van Gerrit Maritz is daar op hierdie dag besluit om die beoogde dorp na die twee Trekkerleiers te noem – Pietermaritzburg.
HOE BID JY?
Bid jy nie dalk verkeerd nie?
Ds A.E. van den Berg
“Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid…”(Jakobus 4:3)
Gebed is om met God te praat. En ons kán, omdat Hy ons na sy beeld geskape het. Dit beteken nie dat ons soos God lyk nie, maar dat Hy vir Hom in die mens ‘n gespreksgenoot geskep het. Die mens is die enigste van God se skeppings wat met Hom kan praat. Daarom behoort dit ’n besondere voorreg te wees om met ons Skepper te kan praat.
Soos wat die maan die seegetye beïnvloed, beïnvloed gebed ons lewe. Hoe sterker ons gebedslewe is, hoe hoër is die geestelike gety in ons lewe en hoe nader leef ons aan God. Die teenoorgestelde is ongelukkig ook waar. Hoe minder gebed, hoe swakker die geestelike lewe.
Daar is geen natuurkrag wat met die krag van gebed kan meeding nie en lê ons grootste krag in gebed. God Drie-enig is ten nouste by gebede betrokke. Die Heilige Gees begeester ons gebede deur versugtinge in ons hart te lê. Jesus neem dit na God se genadetroon wat dit op grond van sy offer aan die kruis aanvaar. Opregte gebede is soos posduiwe wat altyd hul rigting huiswaarts vind – dit kom van die hemel en keer daarheen terug. Geen wonder dat dit soveel krag het nie!
1914: UITBREEK VAN REBELLIE
KULTUURDAGBOEK 22 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die uitbreek van die gewapende Afrikanerprotes van 1914 tot 1915 het twee grondoorsake gehad. Aan die een kant het 'n oorweldigende meerderheid Afrikaners in verset gekom teen die besluit van die Unie-Parlement dat Duits-Suidwes-Afrika vir die Britse Ryk verower moes word. Aan die ander kant het 'n groot aantal Afrikaners, wie se vryheid hul in 1902 wederregtelik ontneem is 'n geleentheid gesien om hul republikeinse onafhanklikheid te herstel. Spontaan sou veral die Afrikaners van Noord-Vrystaat en Wes-Transvaal teen die opkommandeer van manskappe protesteer.
Met die bedanking van genl CF Beyers as hoof van die Verdedigingsmag uit protes teen die regeringsbesluit, en die ongelukkige doodskiet van genl JH de la Rey wat geen ongeluk was soos die regering dit wou afmaak nie maar koelbloedige moord, het die spanning hoog geloop.
1899: GEVEG BY ELANDSLAAGTE
KULTUURDAGBOEK 21 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Genl JHM Kock, met die Johannesburg-kommando en die Duitse en die Hollandse korps onder hom, het op 19 Oktober daarin geslaag om die Britse spoorverbinding tussen Ladysmith en Glencoe gedeeltelik te ontwrig. Daarna het Kock so oormoedig geraak dat hy besluit het om die spoorwegstasie Elandslaagte, sowat 24 km noord van Ladysmith, te beset.
Dit was 'n growwe flater want sy mag was hiervoor veels te swak. Lt-genl sir George White, bevelvoerder van die Britse mag by Ladysmith, het na ontvangs van die tyding van Kock se aantog 'n sterk afdeling onder genl-maj JPD French gestuur om die Boeremag tegemoet te gaan.
ONS IS DIT AAN ONS KINDERS VERSKULDIG!
"Daar is ’n vrede wat die dood is en daar is ’n oorlog wat die lewe is. Die volk wat nie waardes het nie, wat geen geloof het nie, so ’n volk gee oor, want hy het niks om voor te veg nie en niks om te verdedig nie. So ’n volk word in oneer van die aarde afgevee."
Hierdie diepdeurdenkte woorde van Jaap Marais moet 'n keer goed deur reggeaarde volksgenote oordink word: dan sal ons dalk die erns van ons huidige toestand besef en ophou om die doodsheid waarin ons volksgees verkeer as 'n vredestoestand te sien. Ons sal begin besef dat ons uit hierdie doodsheid moet opstaan juis nie om vrede nie, maar om 'n weerstandsoorlog te voer wat weer vir ons lewe in hierdie land sal bring. Dan sal ons verstaan en weet dat as ons dit nié doen nie, ons reeds oorgegee het, en het ons niks meer om voor te veg nie. En dán moet ons weet dat ons in geheel as 'n volk van hierdie aardbol afgevee gaan word – en ons sal onthou word as die volk wat die kortste bestaan van alle volkere gehad het voordat hy verdwyn het.
Victor Frankl, een van die min oorlewendes uit 'n Russiese tronk het gesê as sy mense geweet het hoé erg dit sou wees, dit wat in die tronke vir hulle gewag het waar hulle een-een gesterf het van onmenslike marteling, dan sou hulle, toe hulle nog IETS gehad het om voor te veg voordat hulle gevange geneem is, selfs al het hulle nie meer wapens gehad nie, dit met stokke, grawe en vuurherdysters beskerm het – selfs tot die dood toe, wat baie genadiger sou wees as die verskriklike lyding in gevangeneskap.
1915: 2e ALGEMENE VERKIESING IN DIE UNIE
KULTUURDAGBOEK 20 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die verkiesingstryd wat hierdie algemene verkiesing voorafgegaan het was buitengewoon heftig. Dit het geskied teen die agtergrond van die 1914-Rebellie en die opbloei van die Afrikaanse taalbeweging, wat gesamentlik meegewerk het tot 'n opstuwing van Afrikanernasionalisme en steun vir die Nasionale Party.
In die verkiesingstryd het die Nasionale Party veral die Botha-bewind gekritiseer oor sy steun aan die Britse oorlogspoging en die regering se eenstroombeleid wat, volgens die Nasionale Party, die Afrikaner nog steeds in 'n posisie van ongelykheid gehou het. Die regering se optrede met die Rebellie het ook tot groot ontevredenheid gelei.
STOP DIE VOLKSMOORD!
Palestynse amptenare het 'n beroep op die nasies van die wêreld gedoen om in te tree en die "doelbewuste volksmoord" op hul mense deur Israel te help voorkom nadat honderde gedood is in die bombardement van 'n hospitaal in Gasa.
Israeliese amptenare blameer die ontploffing op 'n sogenaamde foutiewe vuurpyl wat deur die Islamitiese Jihad-militante groep gelanseer is. 'n Hulpverlener van Israeliese premier Benjamin Netanyahu het egter op X (voorheen Twitter) verklaar dat Israeliese magte op 'n "Hamas-terroristebasis" wat in die hospitaal versteek is, toegeslaan het voordat hulle die twiet kort daarna uitgevee het en nog 'n opdatering geplaas het waarin Hamas blameer word.
Die Christen-beheerde Al-Ahli-hospitaal is Dinsdag in 'n oënskynlike missielaanval vernietig en byna 500 mense het gesterf, volgens die Palestynse ministerie van gesondheid. Die bombardement het plaasgevind te midde van voortdurende Israeliese lugaanvalle op Gasa, en Palestynse amptenare het Israel die skuld gegee daarvoor.
KABAAL ARRESTEER REINER FUELLMICH
Die bekende prokureur, dr. Reiner Fuellmich, stigter van die Internasionale Misdaadondersoekkomitee (ICIC), voorheen die Duitse Corona-kommissie, met die oog op ‘n 2e Neurenberg-verhoor, is verlede Donderdag, 12 Oktober, van Mexikostad na Duitsland gedeporteer om in hegtenis geneem te word vir sogenaamde finansiële onreëlmatighede by aankoms in Frankfurt, op Vrydag, 13 Oktober. Hy is dadelik in voorverhoor-aanhouding geplaas.
Reiner is wêreldwyd bekend en hoog op prys gestel vir sy uitstekende werk, die verdediging van slagoffers van regeringsgeïnduseerde COVID-misdade en ander misdade teen die mensdom, wat deur regerings en regeringsinstellings regoor die wêreld gepleeg word.
Die poging om hom stil te maak, het bitterlik misluk – en die einste Duitse regering, wat menseregte en vryheid van spraak minag en skuldig is aan leuens en die vals inligting deur die media versprei, het nou nog net een uitweg gehad en dit was om Reiner onwettig in hegtenis te neem.
1907: DR ERIK HOLM – VOLKS- NASIONALIS, BITTEREINDER!
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 19 OKTOBER
Dr Erik Holm, vandag nog 'n wydbekende naam (waarvan een van sy nasate, 'n baie aantreklike donkerkopman en naamgenoot, Erik Holm, akteur en nie lank gelede nie in 'n fratsongeluk verlam) is op hierdie dag in 1907 in Bethulie gebore.
In 1924 gaan dr Erik Holm ná sy matriekeksamen na Duitsland waar hy die klassieke argeologie bestudeer en daarna sy doktorsgraad daarin behaal. Daar maak hy kennis met Adolf Hitler en doen deeglike kennis op van die Nasionaal-sosialisme in Duitsland – dieselfde begeestering wat ons land vir 'n baie lang tyd gered het van die liberalistiese en kommunistiese ondergang wat ons vandag beleef.
In 1933 keer dr Holm na Suid-Afrika terug en vind met veel moeite 'n betrekking as hoof van 'n Duitse skooltjie in Natal. Hy vertrek egter verstaanbaar weer na Duitsland, en in 1933 aanvaar hy 'n pos as deeltydse omroeper in die Duitse uitsaaidiens, waarvandaan hy gedurende die eerste jare van die Tweede Wêreldoorlog in Afrikaans uitsaai ( 'n onontbeerlike radiodiens wat gepoog het om onskuldige lewens te red in sy kontak met die Ossewa-Brandwag wat 'n sterk rol in spioenasie teen Smuts se verraderlike optrede vertolk het.)
1904: STIGTING SA VROUE- FEDERASIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 19 OKTOBER
Die oorlogsjare het Transvaal en die Vrystaat verander in 'n woesteny. Die stoflike bestaansmiddele was grotendeels vernietig en die deel van die Boerevolk wat nie op die slagvelde en in die Konsentrasiekamp-kerkhowe begrawe is nie, was vasgesak in armoede en maatskaplike ellende. Onder hierdie omstandighede word daar onder aansporing van Georgina Solonom, eggenote van 'n Britse pro-Boere parlementariër, en onder leiding van die vrou van genl Louis Botha, uiteindelik in Pretoria gestig: die SA Vrouefederasie, op 19 Oktober 1904, deur 43 vooraanstaande vroue, en wel met die volgende oogmerke:
1687: EERSTE KERKGEBOU TE STELLENBOSCH INGEWY
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 18 OKTOBER
As stigter van die dorp Stellenbosch het goew Simon van der Stel 'n besondere belangstelling in sy "Kolonie" geopenbaar. Ooreenkomstig die beleid van die VOC, besluit hy om 'n kerkgebou en drosdy hier te laat oprig. Hy het ywerig reëlings getref vir die bouery en persoonlik die vordering dopgehou.
Dit is belangrik om te onthou dat hierdie kerkie die eerste volwaardige kerkgebou in Suid-Afrika was – 'n sigbare teken van die Calvinistiese godsdiens wat uit Nederland aan die Kaap oorgeplant is.
1685: HERROEPING VAN EDIK VAN NANTES
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 18 OKTOBER
Na 'n reeks godsdiensoorloë in Frankryk in die 16e eeu het koning Hendrik IV in 1598 die Edik van Nantes uitgevaardig. Hiervolgens het die Franse Protestante, bekend as Hugenote, 'n groot mate van geloofsvryheid verkry.
Toe Lodewyk XIV in 1685 die edik herroep was daar vir diegene wat hulle protestantse geloofsoortuiging wou uitleef nie meer plek in die Rooms-Katolieke georiënteerde Frankryk nie. Al uitweg was om te vlug.
HEILSAME KENNIS
Hannes Ollewagen
Jes. 53:1-12
“…deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hý sal hulle skuld dra.” (:11).
Luister na hierdie kosbare, kosbare stukkie heilsame kennis uit die profesie van die HERE deur monde van sy kneg, Jesaja: “...deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak;...”. Hoe sal Hy baie tot regverdigheid lei? Deur sy kennis!
Baie min dinge het oor die afgelope paar dekades onveranderd gebly. Ek kan aan Een dink, nl. God. Hy is beslis steeds dieselfde God as tien, twintig, dertig, honderd jaar gelede. “...Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde.” (Jes. 41:4). Maar ek dink dat ek nie met eerlikheid aan iets anders kan dink wat onveranderd gebly het nie. Dit is ongelukkig ook waar wat ons volk se Godsdiensoefening betref. Daar was natuurlik positiewe veranderinge, maar myns insiens was die negatiewe soveel meer. Elke dan en wan moet daar ‘n “nuwe vertaling” van die Woord van God uitgebring word. Waarom? Waarom aan die onfeilbare Woord van God verander? Die flou verskonings van ’n vertaling wat makliker verstaanbaar is en dergelike argumente, is gewoon dit – verskonings.
1911: BYEENKOMS OM UNIALE POLITIEKE PARTY TE STIG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 17 OKTOBER
Dit is verbasend hoe gereeld pres MT Steyn deur verskillende politieke partye en kultuurgroepe genader is om sedert 1902 en ook ná 1910 leiding te gee. Toe premier L Botha 'n uniale politieke party wou stig het hy eweneens vir Steyn gevra om teenwoordig te wees, raad te gee en in elke geval vooraf vir Botha met wenke te help.
1948: SA NEEM DEEL AAN BERLYNSE LUGBRUG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 17 OKTOBER
Op 24 Junie 1948 het Rusland alle verbindingsweë na Wes-Berlyn gesluit in 'n poging om die Westerse moondhede te dwing om hulle aan die stad te onttrek. As gevolg van die sluiting van die verbindingsweë is die toevoer van voedsel en brandstofvoorrade na 2,3 miljoen Duitsers afgesny. Om 'n gereelde toevoer van hierdie voorrade te verseker het die VSA en Brittanje onmiddellik 'n lugbrug ingestel.