Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As Christen is jy vry om vandag ten volle in die hede te leef want jou verlede is heeltemal vergewe en jou toekoms is heeltemal seker – ontspan dus en gee al jou aandag aan wat jy vandag moet doen.
1824: 1e SINODE IN KAAP
KULTUURDAGBOEK 2 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1806 is die politieke bande tussen Nederland en die Kaap beëindig. Hierdie gebeurtenis het 'n diepgaande invloed op die Kaapse Nederduits Gereformeerde Kerk uitgeoefen, want benewens die opleiding en verkryging van predikante uit Nederland, het die Kaapse Kerk onder die toesig van die klassis van Amsterdam gestaan.
Die angliseringsbeleid van die Britse owerheid het die posisie van die Kerk verder beïnvloed. Die toestand kon nie voortduur nie, en dit was met die oog op die beëindiging daarvan dat die drie leraars van die gemeente Kaapstad op 19 Junie 1824 by lord Charles Somerset, op grond van artikel 46 van JA de Mist se Kerkorde van 1804, aansoek gedoen het om "eene Synode bijeen te roepen van alle de Leeraars der Hollandsche Gereformeerde Kerk".
In hulle versoekskrif aan Somerset beklemtoon hulle die feit dat die Kerk voor die oorname van die Kaap onder die toesig van die Amsterdamse klassis gestaan het, maar sedertdien aan hulleself oorgelaat is.
DIE DEUGNIETE IN JOU LAND IS JOU ONDERGANG
Speel jy die lotto? Of doen jy besigheid op Sondae? Of dalk bly jy sommer saam met iemand sonder om God se seën in 'n huwelik te verkry het; of glo jy dat homoseksuele geregverdig voor ons HERE staan? Dalk dink jy dat aborsie nie verkeerd is nie? Die 'deugniete' in jou land wat al hierdie sondes gewettig het en wat jou hierdie afgode laat aanbid moet met die swaard doodgeslaan word, sê God, sodat jy weer sy Gebooie sal hou en Hom dien en Hy sy toorn van jou en jou volk sal wil afwend – Deut 13.
PALESTYNSE VOLKSMOORD
Meer as 8 000 Palestyne is die afgelope drie weke in Gasa dood.
Elke dag van hierdie gruwelike en steeds groeiende Israeliese aanslag sal ten minste 'n 1 000 meer vermoor word.
Skole en hospitale word geteiken. Die onuitgesproke dog doelbewuste doelwit is om Palestynse kinders dood te maak. Meer as 40% van die slagoffers is kinders. ‘n Verslag van die Palestynse Gesondheidsowerhede, berig dat minstens 3 360 kinders tot dusver vermoor is.
Moskees, kerke, woongebiede, bakkerye, kommunikasie-infrastruktuur word geteiken. Water, elektrisiteit en brandstof is na Gasa afgesny en meer as 200 000 wooneenhede is vernietig.
Honderde beleërde Palestyne, meestal kinders, skryf hul name op arms, bene, ingeval hulle die lewe in aanhoudende Israeliese bomaanvalle verloor wat op 7 Oktober begin het.
Ignoreer die afskuwelike oorlogsbevele van die Europese Unie en van Washington en bid dat hierdie volksmoord sal stop en dat die mense van Gasa genesingshulp en voeding sal ontvang .
1965: SELFSTANDIG- WORDING VAN BYBEL- VERENIGING VAN SA
KULTUURDAGBOEK 1 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Van 1820 tot 1965, dit wil sê 145 jaar, is Bybelwerk in Suid-Afrika deur die 'British and Foreign Bible Society' georganiseer. Toe ds HPM Steyn, later bekend as Bybel Steyn, in 1922 as voltydse sekretaris diens aanvaar, is 'n nuwe era begin.
In 1924 reeds is op groter plaaslike seggenskap aangedring. Met die vertaling van die Bybel in Afrikaans is 'n nuwe hoofstuk in die geskiedenis van die Genootskap in Suidelike Afirka ingelei.
In 1935 is daarop gewys dat 'n Suid-Afrikaanse sekretariaat die werk doeltreffender kan doen.
1859: STIGTING VAN TEOLOGIESE SEMINARIUM STELLENBOSCH
KULTUURDAGBOEK 1 NOVEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Toe aan die bekende dr AJ van der Merwe by die Drie Eeuefees gevra is wat hy as die belangrikste gebeurtenis van die vaderlandse geskiedenis beskou, het hy sonder meer geantwoord: "Die oprigting van die Teologiese Seminarium op Stellenbosch.
Die Kweekskool, soos dit in die algemeen bekend gestaan het, is die gevolg van 'n historiese bewuswording en het 'n betekenisvolle gevolg. Plaaslike teologiese opleiding sou goedkoper wees en meer studente lewer om die baie vakante gemeentes van 'n snel groeiende kerk te vul.
VSA SE TESTOSTEROON- TEKORT OORSAAK VAN ISRAELOORLOG
Daar is geen verskoning vir Israel se onoordeelkundige bombardement op Gasa nie. Die Gasa-gruwel kan nie geregverdig word nie – Poetin
In die VSA sien ons hoe die mans in die politiek almal 'n lot papbroeke is. Die hele spul is met geld omgekoop. En die kussings is so sag...
‘n Tyd gelede het 'n vrou in die Amerikaanse kongres opgestaan teen Israel. Nie eenmaal nie, maar reeds drie maal.
1. Eers het sy gesê "Israel hypnotized the world".
2. Toe stel sy dat die hele kongres pro-Israel is want die Jode het hulle omgekoop.
3. En haar laaste aanklag is dat die lede trou sweer aan Israel en nie aan hulle eie land nie.
Ilhan Omar is afkomstig van Somalië en was toe lid van die Demokratiese Party. Sy het sowaar moed aan die dag gelê om in die Joodsbeheerde politiek van Amerika sulke waarhede te verkondig. Die mans se reaksie? Hulle het soos een papbroek opgestaan en haar uitlatings verwerp.
1517: HERVORMINGS- DAG
KULTUURDAGBOEK 31 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie dag word in die Protestantse Kerke as die begin van die Kerkhervorming beskou, en jaarliks word dit op die Sondag die naaste daaraan herdenk. Die datum is dié waarop Martin Luther 95 stellinge aan die deur van die slotkerk in Wittenberg aangebring het.
Die inhoud van die stellinge het gehandel oor die verwerplikheid van die aflaathandel en die aard van die ware boetedoening. Luther se daad het heelwat opsien verwek en uit verskeie oorde steun ontvang. Die Pous was verplig om te reageer, en toe Luther weier om sy stellinge terug te trek tensy met bewyse uit die Skrif aangetoon kan word dat hy verkeerd is, is hy in die ban gedoen.
In 1521 is hy voor die Ryksdag in Worms gedaag waar sy saak ondersoek is. Toe hy weer weier om sy geskrifte terug te trek is hy tot ketter verklaar en is die ryksban op hom toegepas. In Wartburg by Eisenach het hy skuiling gevind en daar die Bybel in Hoogduits vertaal. Toe hy in 1546 sterf was die Hervorming in Duitsland in volle gang.
1890: EERSTE TAALKONGRES IN SA
KULTUURDAGBOEK 31 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Met die opkoms van die Afrikaanse taal het die voorstanders van Hollands hulle tot 'n front saamgesnoer met die stigting van die Zuid-Afrikaanse Taalbond. In De Zuid-Afrikaan van 6-8 Mei 1890 verskyn 'n oproep van dr A Moorrees aan belangstellendes tot die bywoning van 'n taalkongres wat op 31 Oktober en 1 November 1890 in Kaapstad, veral op inisiatief van dr N Mansvelt, gehou sou word.
1899: SLAG BY MODDERSPRUIT
KULTUURDAGBOEK 30 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die Tweede Vryheidsoorlog het die Boere probeer om die Engelse garnisoen by Ladysmith te isoleer. Die Engelse aanvoerder, genl White, was bewus van die Boere wat rondom die dorp stelling ingeneem het, en in die nag van 29 Oktober het hy probeer om die Boere te omsingel ten einde 'n verrassingsaanval die volgende oggend uit te voer.
GROOTSTE KLUG TER WÊRELD
Hervormingsdag
Ds. A.E. van den Berg
“....en op haar voorhoof was ʼn naam geskrywe: Verborgenheid... En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus...” (Openb.17:5,6).
Van al die gawes waarmee God die mensdom geseën het, is Evangeliebediening een van die grootstes. Satan haat hierdie verkondiging en probeer om dit sedert die ontstaan van die kerk met verskillende strategieë te vernietig. Hy het die kerk eers met geloofsvervolging van buite af aangeval. Toe dit nie resultate oplewer nie, het hy met dwaalleer in die boesem van die kerk opgeduik en groot verwarring gesaai. Lukas skryf in Hand.15 van ’n kerkraadbyeenkoms wat in Jerusalem gehou is juis om gelowiges oor hierdie dwalings in te lig en te waarsku.
1914: PROTESSKRIF VAN CF BEYERS EN CR DE WET OOR DUITS-SUIDWES-OORLOG
KULTUURDAGBOEK 29 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nadat genl Christiaan Beyers op 19 Oktober 1914 Pretoria verlaat en na Damhoek verskuif het is hy op 22 Oktober op 'n volksvergadering as leier van die protesterende burgers in Transvaal aangewys.
Op 27 Oktober het 'n regeringsmag sy manne by Commissiedrift uiteengejaag, en 'n dag later het hy genl JCG Kemp op Steenbokfontein ontmoet. Met die hulp van ds HD van Broekhuizen is 'n 'kennisgewing' opgestel waarin misnoeë uitgespreek word omdat die regering besluit het om Duits-Suidwes-Afrika te verower sonder raadpleging van die volk.
1899: SLAG BY NICHOLSONS- NEK
KULTUURDAGBOEK 30 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Na die neerlae wat die Boere in die Tweede Vryheidsoorlog by Talana en elandshoogte gely het, was hulle vasbeslote om die terugvallende Engelse by Ladysmith te verslaan. Die slag by Nicholsonsnek vind op hierdie dag plaas toe die Britte 'n aanval op die Boerelinie doen. Oppad na Nicholsonsnek bestyg lt. kol. Carleton se afdeling Cayingubokop, waar hy met die Boeremagte slaags raak. Ten spyte van die chaos wat dit veroorsaak slaag Carleton daarin om sy soldate in 'n boogverdediging op die kop op te stel.
1944: 1e PSALM- EN GESANGBOEK IN AFRIKAANS
KULTUURDAGBOEK 29 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Reeds vanaf die middel van die 19e eeu het daar stemme in die Hollandse Kerk in Suid-Afrika begin opgaan om vernuwing van die kerkliedere. Die Psalms was die Nederlandse beryming van 1775 met die Geneefse melodieë uit die 16e eeu, en die Gesange was die 192 Envangelische Gezangen, saamgestel vir die Hervormde Kerk in Nederland tussen 1803 en 1805, en hier by ons in gebruik geneem in 1814.
Aanvanklik het dit gegaan om die ou melodieë waarvan baie vreemd geval het op die oor en vir baie lidmate 'onsigbaar' geword het. Met die opkoms van Afrikaans, en veral sedert sy verowering van een vesting na die ander in ons volkslewe ná 1915, was dit onvermydelik dat die kerk ook aan die beurt sou kom.
1912: BRIEF AAN LOUIS BOTHA OOR KONSILIASIE- POLITIEK
KULTUURDAGBOEK 28 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 'n brief deur J van Graan van Bloemfontein aan premier Louis Botha kom enkele gedagtes na vore wat baie Afrikaners oor baie jare diep gekwel en ontstel het. Hy kla by Botha daaroor dat die indruk bestaan dat die regering slegs mense van die Opposisiepartye tevrede wil stel. Wat van die regeringsondersteuners word, kan die owerheid nie skeel nie. Wat in die Opposisiepers gevra word, word gewoonlik toegestaan.
Die skrywer noem talle voorbeelde van dienste deur genl Hertzog aan die Afrikaner gelewer, en van die herstel van Engelstalige amptenare in hoër ampte hoewel hulle onbevoeg en swakker gekwalifiseer was as die Afrikaners wat ook daarom aansoek gedoen het.
ONGELOOF BRING VREES
“Moenie vrees nie. Ek is met jou…”
Jesaja 41:10
Deur middel van regerings wat druk op elke volk en nasie moet uitoefen en 'n vorm van wetgewing wat mense vreesagtig sal maak, sal die Kabaal in 2024 die vorige plandemie soos ‘n kinderpartytjie laat lyk. Hul beplan om dmv wetgewing ons permanent toe te sluit en ons dwing om elke "inenting" te neem.
Moet asseblief nie hiervoor val nie, ons het die mag solank ons nie bang is en met die vyand saamwerk nie – diegene wat jou menseregte bedreig deur jou te wil toesluit en dwing om gif in jou lyf te spuit, is jou vyand, wat geen wetlike reg daartoe het nie. Ons kan hulle net beveg indien ons geen vrees daarvoor koester nie.
President Franklin D. Roosevelt van die VSA se wyse woorde tydens sy inhuldiging in 1933 met die Groot Depressie op sy ergste, soos volg:
"The only thing we have to fear is fear itself”.
Baie van ons ouers en grootouers het ook redes tot vrees beleef, ook in die Tweede Wêreldoorlog wat die Depressie opgevolg het. Geld was skaars en so ook voedsel en klere. Ons geslagte deesdae weet van sulke swaarkry eintlik bitter min. Ons ouers en hulle ouers was onkraakbare mense, mense met integriteit. En hulle was mense sonder vrees omdat hulle naby aan die Here geleef het. Daarom was paniek nie deel van hulle woordeskat of mondering nie. Hulle mag tekorte gehad het, nood beleef en armoede deurleef het, maar selfsugtigheid, argeloosheid, verwaandheid en hoogmoed het hulle nie geken nie. Hulle het deur gebed hulleself gestaal teen die aanslae van die lewe.
1901: EMILY HOBHOUSE IN ARRES
KULTUURDAGBOEK 27 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Emily Hobhouse is op hierdie dag in militêre arres geplaas by haar aankoms met die Avondale Castle in Tafelbaai. Hierdie arbitrêre stap het gevolg op die verklaring van krygswet in die Kaapkolonie, maar vir mej Hobhouse was dit 'n bittere vernering en maar net nog 'n tasbare voorbeeld van oorlogsonreg.
Nadat 'n deportasiebevel aan haar beteken is, is sy met geweld deur Britse soldate na die Roslyn Castle oorgeplaas en na Engeland teruggestuur. Haar gesondheid is as gevolg van hierdie voorval ernstig benadeel en haar vertroue in "Britsh fairplay" blywend geskok.
1937: AFRIKAANSE RADIODIENS BEGIN
KULTUURDAGBOEK 27 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Enkele brokkies Afrikaans is vir die eerste keer in 1924 oor die radio gehoor. In daardie jaar het die radio in Suid-Afrika as drie afsonderlike private ondernemings in Johannesburg. Kaapstad en Durban begin. Die uitsendingsterkte van hierdie drie streekstasietjies was uiters beperk, en die Afrikaanse bydraes sporadies en heel gering.
In 1927 het die regering 'n konsessie aan die Schlesinger-organisasie toegeken om die uitsaaiwese in die land te beheer en is die African Broadcasting Company gestig. Daar het nog 'n paar senders bygekom maar die uitsendings was steeds op 'n streekbasis.
1706: VERBOD OP IMMIGRASIE NA KAAP
KULTUURDAGBOEK 26 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Teen 1700 het daar na vyftig jaar sedert die volksplanting slegs ongeveer 1 600 blankes aan die Kaap gewoon. Nogtans het die Here XVII op hierdie dag in 1706 besluit om amptelik geen verdere immigrasie na die Kaap te steun nie. Dit was 'n ernstige fout want die Afrikaneraanwas is daardeur drasties beperk.
Met hierdie beleid is boonop tot 1820 volhard toe Britse immigrante deur Engeland op groot skaal ingevoer is. In 1800 was daar 30 000 blankes aan die Kaap. Boonop was hulle oor 'n ontsaglik groot gebied versprei, sodat ekonomiese, kulturele en opvoedkundige probleme diep ingegryp het, juis ook omdat die VOC 'n vrotsigtige en selfsugtige ekonomiese beleid gevolg het.
1927: VLAGSKIKKING AANGEKONDIG
KULTUURDAGBOEK 26 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Suid-Afrika het sy Nasionale Vlag op 31 Mei 1928 amptelik in gebruik geneem nadat die Nasionale Party van genl JBM Hertzog en die Opposisie onder leiding van genl JC Smuts 'n skikking bereik het.
Genl Hertzog het dit op 26 Oktober 1927 in die Volksraad aangekondig waarna die Vlagwet deur die Unie-Parlement aanvaar is. Met 'n seremoniële hysing by die Parlementsgebou in Kaapstad en hysingsplegtighede die hele land oor, het Suid-Afrika sigbaar sy verskyning onder die vrye volke van die wêreld gemaak.
1949: RAPPORTRYERS VERTREK UIT KAAPSTAD
KULTUURDAGBOEK 25 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die namiddag van 25 Oktober 1949 vertrek 'n kommando Rapportryers van die Moederstad op die derde van vyftien roetes, wat uit elke uithoek van die land gestrek het, na die inwydingsfees van die Voortrekkermomument op 16 Desember in Pretoria. Die vertrek uit Kaapstad is voorafgegaan deur drie dae van feestelikheid, waarby ruim 7 000 mense byeen was.
In die begin van 1949 is die Uniale Rapportryersreëlingskomitee gestig, bestaande uit verteenwoordigers van die ATKV en die FAK. In 'n omvattende landwye program het die Rapportryeraantog na die Voortrekkermonument die geesdrif van die volk beetgepak en die volk se boodskappe vir die toekoms na die Monument gedra. Die boodskappe is uit elke gemeenskap langs die roetes versamel en in tradisionele kommandobladsakke van dorp tot dorp aan die afloskommando's onder leiding van veldkornette, oorhandig.