Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Want die HERE sal aan sy volk reg doen en medelye hê met sy knegte – Ps 135:14
KULTUUR- DAGBOEK 14 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1912: Lees in hoofartikel oor die stigting van die Unie-Verdedigingsmag.
2. 1943: Die stigting van die Vrou- en Moederbeweging van die ATKV het meegebring dat vroue die eerste keer kon inskakel as lede van die SA Spoorweë. Lees in hoofartikel meer hieroor.
3. 1977: Lees in hoofartikel oor die Afrikaanse Taalmonument aan die suiderhang van Paarlberg wat aan die staat oorhandig is.
1883: JRG LUTTIG SPREEK PARLEMENT IN HOLLANDS TOE
KULTUURDAGBOEK 13 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Roeland Georg Luttig is op Prins Albert gebore en het in die distrik geboer totdat hy op 89 jarige leeftyd oorlede is. Prins Albert het toe onder die landdrosdistrik van Beaufort-Wes geresorteer. Hy het Beaufort-Wes en distrik van 1882 tot 1883, 1889 tot 1893 en 1897 tot 1898 in die Kaapse Parlementverteenwoordig.
1705: ADAM TAS SE DAGBOEK
KULTUURDAGBOEK 13 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die bestaande afskrif van 'n fragment van Adam Tas se Dagboek dagteken van 13 Junie 1705 af, maar die oorspronklike Dagboek, wat al verlore gegaan het of vernietig is, het verder terugdateer.
Met die inhegtenisneming van Adam Tas in die nag van 27/28 Februarie 1705 is sy skryfkabinet tesame met die Dagboek en ander korrespondensie na Kaapstad geneem. Goewerneur Willem van der Stel het afskrifte laat maak van die deel wat die tydperk 13 Junie 1705 tot 27 Februarie 1706 dek omdat hy gemeen het dat die deel veral inkriminerend teenoor Tas sou wees.
KULTUUR- DAGBOEK 13 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1803: 'n Maandelikse posdiens word in die Kaapkolonie tussen Kaapstad en Algoabaai (nou Port Elizabeth), Oos-Kaap, ingestel.
2. 1883: Die Kaapse parlement word die eerste keer in Nederlands toegespreek deur JRG Luttig. Lees hieroor in hoofartikel
3. 1705: Meer in hoofartikel oor Adam Tas se dagboek.
1929: ALGEMENE VERKIESING
KULTUURDAGBOEK 12 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In Junie 1924 het genl Hertzog met sy 63 Nasionale Partysetels en Creswell met sy 18 Arbeidersetels as die Paktregering die bewind by premier Smuts oorgeneem. Hertzog en die Afrikanervolk het gejuig want dit was nie slegs 'n politieke sukses nie maar tegelyk 'n Afrikanertriomf, hoewel saam met Creswell.
Aan die status van die land, aan Afrikaans as amptelike taal, aan kleursake en buitelandse aangeleenthede is volledig aandag gegee. Bo alles het Hertzog die Afrikanerkieser bly waardeer en respekteer.
1948: EERSTE REMBRANDT- SIGARETTE
KULTUURDAGBOEK 12 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gelei deur die geloof in 'Leierskap deur navorsing' en ' Nywerheidsvennootskap' het die Rembrandt-groep Beperk van 'n klein onderneming, wat sy beslag in Junie 1948 gekry het, gegroei tot 'n wêreldwye nywerheidsreus – die wêreld se eerste nywerheidsbond van nasies.
Onder die kragtige en doelgerigte leiding van dr AE Rupert, wat van die begin af aan die roer was, het Rembrandt in 1948 die vierde grootste sigaretvervaardiger in die Vrye Wêreld geword met 70 fabrieke in 30 lande. Die batesyfer van R1 000 miljoen het ook wydvertakte belange in die Suid-Afrikaanse nywerheid verteenwoordig. Tesame met sy baanbrekers- en bouwerk as Afrikaanse nywerheidsonderneming het Rebrandt 'n sinvolle rol gespeel in onder meer die bewaring van Suid-Afrika se kultuurhistoriese erfenis en die bevordering van die Suid-Afrikaanse kuns.
KULTUUR- DAGBOEK 12 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1901: Die Slag by Wolmansrust: 120 Boere onder bevel van genl CH Muller neem tydens die Tweede Vryheidsoorlog 'n Australiërkamp in Oos-Transvaal in met geen verlies aan Boerekant en buit oa twee pop-poms.
2. 1932: Mimi Coertse (Maria Sophia), wêreldbekende Afrikaanse sopraan, is op hierdie dag in Durban gebore. Sy is sedert 1973 terug in Suid-Afrika ná 'n suksesvolle loopbaan oorsee.
3. 1929: Lees in hoofartikel meer oor die Algemene Verkiesing op hierdie dag.
4. 1948: Die eerste Rembrandt-sigarette word bemark – lees in hoofartikel hieroor.
1906: N.P. VAN WYK LOUW
KULTUURDAGBOEK 11 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nicolaas Petrus van Wyk Louw, herkomstig uit die Karoo (Sutherland), is op hierdie dag gebore en was een van die grootste Afrikaanse skrywers en digters van ons volk. Hy het soos geen ander skrywer voor hom nie, die bakens van Afrikaanse menswees versit.
Die Afrikaanse taal het gedurende die periode dat hy geskryf het, en in 'n belangrike mate danksy hom, gegroei van 'n skugtere literatuurtaal tot 'n medium waarin alle fasette van menswees uitsêbaar geword het.
Die Afrikaanse literatuur het onder sy hand en invloed onherkenbaar verander – vanaf iets lokaals tot iets universeels. Maar ook die Afrikaanse denke was ná Van Wyk Louw nie meer dieselfde as voorheen nie. Hy het die grondslae van die Afrikaanse nasionalisme soos geen ander voor hom nie (ook politici) deurdink en gefundeer. Deur sy dwingende argumentvoering en helder styl (bv in 'Lojale verset', 'Berigte te velde' en 'Liberale nasionalisme') kon hy die taak van Afrikanerskap in en vir 'n nuwe tyd vertolk, sodat sy invloed na sy dood nog net so sterk gebly het soos enige tyd daarvoor, veral by die intellektuele.
KULTUUR- DAGBOEK 11 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1754: Anton Anreith, wat op hierdie dag op Riegel naby Freiburg in Duitsland gebore is, was 'n beskeie en talentvolle kunstenaar wat hom in 1777 aan die Kaap gevestig het waar hy bekendheid verwerf vir sy sierlike beeldhouwerk, ondermeer in die Lutherse Kerk en as skepper van die kansel in die Groote Kerk. In samewerking met die argitek Thibault, is hy verantwoordelik vir die versiering in verskeie Kaapse geboue. In 1805 word die eerste kunsskool in Suid-Afrika deur hom gestig. Hy is op 8 Maart 1822 in sy huis in Bloemstraat, Kaapstad, oorlede.
2. 1906: Lees in hoofartikel oor NP van Wyk Louw wat op hierdie dag gebore is.
BROKKIES UIT DIE BOEK – MAX (3)
-Robert F. Kennedy
*
Afrika het ‘n baie swakontwikkelde begrip van die toekoms. Dis nie ‘n kritiek op hulle as ras nie, maar eerder op hulle kultuur. Dit is waarom nou belangriker as môre is, waarom vandag se onbedagte seks nie rekening hou met die feit dat ‘n kind verwek kan word, gebore sal wees en grootgemaak sal word nie en dat daar moontlik nie geld is om hom of haar te versorg nie.
KULTUUR- DAGBOEK 10 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1855: Pres Jacobus Nicolaas Boshoff word in die amp van staatspresident van die Republiek van die Oranje-Vrystaat bevestig.
2. 1909: Die Christelike sangvereniging ASAF word in Pretoria gestig. Dit kom tot stand deur die ywer van dr S.O. Los, wat in 1908 as predikant van die Geref Kerk Pretoria bevestig is. Dit word op hierdie dag gestig onder leiding van die orrelis Petrus van den Burg, wat ook optree as direkteur van die koor. Die lede van die koor was almal uit die Hollands-Afrikaanse gemeenskap afkomstig. Volgens resensies in De Volkstem het die Asaf-koor 'n hoë peil in sy optredes gehandhaaf en is hy goed deur die publiek ondersteun. Die laaste optrede op 7 April 1926, was 'n uitvoering van die Elia van Mendelssohn, waarna die vereniging ontbind is.
3. 1872: Lees in hoofartikel oor Genl JCG Kemp se lewe.
1872: GENL JCG KEMP
KULTUURDAGBOEK 10 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Christoffel Greyling Kemp, gebore op hierdie dag in die Amersfoortdistrik, het sy opleiding aan die Staatsgimnasium in Pretoria ontvang en het daarna onder meer in die kantoor van die mynkommissaris op Krugersdorp gewerk.
Hy het aan die Magato-oorlog in 1895 en die krygsverrigtinge met die Jameson-inval in 1895 tot 1896, deelgeneem. In die Tweede Vryheidsoorlog het hy as lid van die Krugersdorpse kommando aan die eerste gevegte in Natal deelgeneem en is hy in Junie 1900 in Noord-Transvaal tot kommandant verkies. In Februarie 1901 is hy as veggeneraal aangestel, en in dié hoedanigheid het hy sy bekwaamheid en waaghalsigheid getoon in gevegte soos dié by Moedwil op 30 September 1901 en Ysterspruit op 25 Februarie 1902.
Met die vredesonderhandelinge op Vereeniging, was hy een van die ses afgevaardigdes wat teen die vredesvoorwaardes gestem het.
KOMENDE KUNSMATIGE INTELLIGENSIE-KRISIS
Stephen Hawking is wyd aangehaal vir sy uitspraak op BBC: "Die ontwikkeling van volle kunsmatige intelligensie kan die einde van die mensdom beteken."
Volgens 'n omvattende verslag deur die McKinsey Global Institute kan byna 39 tot 73 miljoen Amerikaanse werksgeleenthede teen 2030 weens KI-outomatisering verlore gaan... ...‘n navorsingstudie van die Brookings Institution beklemtoon dat 36 miljoen Amerikaanse werksgeleenthede wat 'n hoë risiko loop, waar 70 persent of meer geoutomatiseer kan word met behulp van bestaande tegnologieë, deur Kunsmatige Intelligensie oorgeneem kan word. Die kwesbaarste rolle sluit in kantooradministrasie, vervaardiging en produksie, vragmotorbestuur en basiese regsloopbane.
Amerika voor in die ry, maar ook elke westerse land, staar 'n groeiende krisis in die gesig wat voor ons oë ontvou en waarskynlik in die komende jare sal vererger. Vreemd genoeg kry hierdie kwessie min objektiewe aandag in die hoofstroommedia.
BROKKIES UIT DIE BOEK – MAX (2)
Cornelle Maritz ervaar ‘n mengelmoes van gedagtes in haar normaalweg presiesgeordene gedagtegang. Soos enige ingenieur ‘n proses stap vir stap uitredeneer en verwerk, in werking stel en in die verloop daarvan die probleme wat opduik, die hoof bied, so is sy uiters prosesmatig in haar denke en optrede. Maar nie vandag nie. Sy weet dat vandag anders sal wees.
Waar sy altyd in totale beheer was, met die een na die ander eksperiment wat resultate opgelewer het; soms soos sy verwag en gehoop het, maar soms negatief, het sy selfs dan geweet hoe die ding nié gaan werk nie. Inderdaad het sy gelees Thomas Edison het 10 000 eksperimente gemaak, waarvan hy telkens gesê het hy weet wat nie gaan slaag nie, tot hy uiteindelik die wolfram in ‘n vakuum geplaas het en siedaar!
1940: AFRIKANER- EENHEIDS- KOMITEE GESTIG
KULTUURDAGBOEK 9 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het die Afrikanereenheidskomitee (AEK), saamgestel uit leiers van die Herenigde Nasionale Party (HNP), die Ossewa-Brandwag (OB), die FAK en die Reddingsdaadbond (RDB), tot stand gekom met die tweelede taak om die breuke in Afrikanergeledere te heel en 'n grondwet vir 'n toekomstige republiek op te stel.
GRONDWET
Reeds op 4 November 1939 het 'n groep Afrikaners in dr HF Verwoerd se kantoor by Die Transvaler in Johannesburg byeengekom om 'n ontwerp-grondwet vir 'n moontlike republiek te bespreek. Die ontwerp sou na voltooiing ter beskikking van die Nasionale Party gestel word. 'n Kommissie onder voorsitterskap van prof LJ du Plessis is saamgestel uit onder meer dr TE Dönges, dr N Diederichs, dr A Hertzog, dr HF Verwoerd, prof CGW Schumann, mnr IM Lombard en prof HB Thom. Om praktiese redes is gevind dat dit beter sou wees as net een mens die ontwerp opstel en dr Verwoerd het die taak op hom geneem.
1934: VOLKSKAS REGISTREER.
KULTUURDAGBOEK 9 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gestig uit eie bodem, uit eie geledere, met 'n aanvangskapitaal van R1 026 en geïnspireer deur 'n diepgewortelde plaaslike behoefte om eie geldmiddele te mobiliseer, het Volkskas sedert hierdie dag, toe hy as koöperatiewe volksbank geregistreer is, geleidelik gegroei.
Ses jaar later, toe Volkskas se bedrywighede tot dié van 'n handelsbank verbreed het, het 'n ongekende groeitydperk ingetree en is grootskaalse uitbreiding van alle vertakkings van sy besigheid ondervind.
As gevolg van die vereistes van die Bankwet van 1942, het Volkskas dit moeilik gevind om as koöperatiewe vereniging voort te gaan en is dit gevolglik in 1944 kragtens die Maatskappywet van 1926 as Volkskas Beperk geïnkorporeer.
KULTUUR- DAGBOEK 9 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1865: Die Tweede Basoetoe-oorlog begin in die OVS.
2. 1902: Dankseggingsdienste word in die Kaapkolonie aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog gehou.
3. 1934: Volkskas, 'n koöperatiewe Afrikanerbank, word met 'n aanvangskapitaal van R1 026 geopen. Lees daaroor in hoofartikel.
4. 1940: 'n Afrikanereenheidskomitee word gestig. Lees meer in hoofartikel hieroor.
PINKSTER-DANKBAARHEID
Ds A.E. van den Berg
“En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is” (Hand.2:46,47).
Daar is niks so lekker as om iets nuuts aan te pak nie. Mense geniet uitdagings omdat dit die eentonigheid van die alledaagse verloop van sake verbreek en nuwe wêrelde laat oopgaan. Die grootste nuwigheid in menseheugenis het op Pinksterdag 33nC in Jerusalem in aanvang geneem – die totstandkoming van die eerste Christengemeente. Dit was ʼn omwenteling soos wat die wêreld nooit weer sou beleef nie. Die geskiedenis sou ook nooit weer dieselfde wees nie!
1918: SANLAM GESTIG
KULTUURDAGBOEK 8 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Lewens-Assuransie-Maatskappy is op hierdie dag in Kaapstad onder voorsitterskap van WA Hofmeyr gestig. Die aanvangskapitaal was R50 000.
In 1975 was Sanlam se bates R828 miljoen en het hy ongeveer 650 000 mense verseker. Daar is geraam dat die groep wat uit en rondom Sanlam bestaan het, in 1980 meer as R3 000 miljoen se bates beheer het.
Sanlam se leuse: "Uit die volk gebore om die volk te dien", was die leuse wat die kultuurmanne Willie Hofmeyr, Charlie Louw, PA Malan en ander met die stigting van Sanlam vir die Maatskappy gekies het. Hulle het 'n kapitaalkragtige saak beoog wat vir die verarmde Afrikanervolk geleenthede sou skep.
1837: ALEXANDER EN HANS MERENSKY
KULTUURDAGBOEK 8 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Alexander Merensky is in die omgewing van Liegritz, Neder-Silesië in Pole gebore op hierdie dag. Na sy aankoms in die Kaap in 1858 het hy verlof van die Bapedi-opperhoof, Sekwati, gekry om met sendingwerk te begin en daarmee die grondslag gelê vir sendingwerk deur die Berlynse Sendinggenootskap in Transvaal. In die omgewing van Middelburg het hy mettertyd die model-sendingstasie Bothsabêlo opgerig.
As aardrykskundige het Merensky ook belangrike bydraes gelewer. In 1868 het hy en F Jeppe die eerste kaart van Transvaal geteken en laat druk. Ook het gegewens wat hy aan Karl Mauch beskikbaar gestel het, laasgenoemde gehelp om die Zimbabwe-bouvalle te ontdek.
Merensky se pogings in 1877 om vrede te bewerkstellig tussen die Boere en Sekoekoenie het hom onder verdenking gebring sowel by die Boere as by Shepstone. Toe sy gesondheid boonop ook nog ineenstort het hy in 1882 na Duitsland teruggekeer.