Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Weet ons hoegenaamd wat dit in praktyk beteken om waarlik en volkome op God te vertrou? Is dit nie dalk waarom dit so haglik met ons volk in hierdie land gaan nie – omdat ons nie in vertroue gehoorsaam aan Hom is nie. Luister wat sê die Psalmdigter in Ps 84: "Hy sal die goeie nie onthou (weghou) aan die wat in opregtheid wandel nie. HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!"
GEVAARLIKSTE TYD VAN ONS STRYD
Die grootste probleem waarmee die Blankes vandag in Suid Afrika te doen het, is waarskynlik die aanslag wat gemaak word om ons moedeloos te stem sodat ons ons aan die stryd sal ontrek soos talle volksgenote wel gedoen het. In die Afrikanervolk se bestaan was stryd, uit sy aard en omstandighede, ʼn wesenlike bestanddeel van sy hele geskiedenis. Die Blankes is swaar beproef in hierdie jare van stryd. Ons is beroof van ons lewensstandaard. Ons is beroof van ons sosiale sekuriteit en die politieke mag wat ons in hierdie land gehad het. Die res word stapsgewys van ons weggeneem soos ook ons eiendom wat sonder vergoeding gesteel word.
Die feit dat daar ʼn noue verband tussen die politieke stryd en die wapenstryd is, moet ʼn mens laat besef dat in elke geslag van ʼn volk se lewe die moontlikheid bestaan dat die politieke stryd in ʼn militêre stryd omgesit kan word. So bevestig die hele gang van die Afrikanervolk se geskiedenis dat ons volk gedurig op die rand verkeer het van ʼn omsetting van die politieke stryd in ʼn militêre stryd. Ons moet ook besef dat oorlog iets is waarmee ʼn volk elke dag moet lewe, en as ʼn volk hom laat bangpraat vir oorlog, dan word ʼn land bloedloos verower soos Suid-Afrika in 1994 verower is en is dit ʼn groter vernedering as wat ʼn nederlaag in ʼn oorlog ooit sou wees.
1876: 1e KOERANT WAT AFRIKANERS LEER SKRYF
KULTUURDAGBOEK 15 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl is 'n tydvak van georganiseerde stryd om die Afrikaanse taal ingelui.
In Artikel IX van die Genootskap se bepalings word beoog om 'n Afrikaanse maandblad uit te gee. Op hierdie dag in 1876 verskyn die eerste uitgawe van die maandblad Die Afrikaanse Patriot, wat die orgaan van die GRA sou wees. CP Hoogenhout was die eerste redakteur onder die skuilnaam Oom Lokomotief, wat deur redakteurs ná hom oorgeneem is.
In Die Afrikaanse Patriot, later net genoem Die Patriot, dek die GRA die terreine van hul doelstelling naamlik dié van land, volk en taal. Daarin is leiding gegee ten opsigte van landsake, die Afrikaanse taal, geskiedenis en belangrike nuus. 'n Rubriek van vrae en antwoorde is ontwerp om weetgierigheid op te wek en te bevredig. Afrikaners is aangemoedig om bydraes te stuur sodat hulle kon leer om hulle taal ook te skryf.
MEER GELOOF ASSEBLIEF
Ds A.E. van den Berg
“Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof” (Luk.17:5).
Talle gelowiges voel soos die dissipels in Luk.17 dat hulle aan die geloof wat Jesus van hul verwag te kortskiet. Hulle wil graag geestelik uitstyg maar val gedurig plat – een tree vorentoe en twee agteruit. Dit was moontlik Demas se probleem, ’n jongman wat die Evangelie verkondig en toe alles gelos het omdat hy, soos Paulus sê, die teenswoordige wêreld liefgekry het. Die geloofslewe het vir hom een te veel geword en hom na sy ou lewe laat terugspring.
Ons het net een lewe en moet dit wat God van ons verlang doen. Ongelukkig vind ons dit telkens onmoontlik. Waarom? Veg ons nie dalk ’n verlore stryd nie of kort ons net meer geloof? Dis hoe die dissipels gevoel het toe Jesus vir hulle gesê het om vir niemand ’n struikelblok te wees nie.
1952: HENDRIK HANEKOM, TONEELSPELER
KULTUURDAGBOEK 14 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hendrik Andries Hanekom, en sy eggenote van Mathilde, is allerweë beskou as van die belangrikste baanbrekers op die gebied van die Afrikaanse beroepstoneel. Hy is op 17 Junie 1896 op Beaufort-Wes gebore en op hierdie dag in Januarie 1952 oorlede. Hy was een van die eerste Afrikaners wat 'n heeltydse toneelspeler geword het.
In 1924 het Hendrik sy werk as stadsklerk op Lydenburg laat vaar en het hy en Mathilde 'n toneelgroep gestig. Hulle eerste opvoering het op 16 September 1925 plaasgevind: 'Oom Gawerjal se dogters en die stemregkoors.' Daarna het hulle die lang pad aangedurf en meer as 25 jaar lank alle uithoeke van ons land besoek met toneelstukke soos Oorskotjie, Die Uur van vergelding, Die Silwerkoning. Onskuldig veroordeel, Oom Paul, Generaal De Wet, Hans die Skopper, Ds Snuffelaar, en Die Stille Haard.
1653: EERSTE KORING IN SA GEDORS
KULTUURDAGBOEK 13 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan van Riebeeck teken in sy dagregister aan: "Op dato hebben onsen afgesneden ende hier aen de Caep aldereerstgewassen taru beginen te dorssen, sijnde redelijk vet ende groff van corl, ende nae alle apparentien hiernae ('t land wat gemest sijnde) beter te succederen. 't Is jammer dat de Z. Oostewinden hier soo hard vallen, souden anders alle soorte van graen ende vruchten hier genoech cunnen aengeplanten worde..."
Hier vind ons die belofte van 'n ryke landboutradisie wat vir Suid-Afrika sou volg. Die Afrikaner sou 'n volk van boere word en in sy ekonomie het koring veral later 'n groot rol gespeel. Die bewerking van die grond het die bewoners van die land aan hierdie aarde verbind. Jan van Riebeeck het met sy proefnemings die vrugbaarheid en bewoonbaarheid van ons land bewys en hiermee die grondslag vir die ekonomiese selfstandigwording van die Afrikaner gelê.
1942: REPUBLIEK VIR SA DEUR DF MALAN VOORGESTEL
KULTUURDAGBOEK 13 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog, waarteen die Herenigde Nasionale Party of volksparty onder leiding van dr DF Malan gekant was, het die republikeinse ideaal van die Afrikaner opnuut aangewakker.
Op hierdie datum dien dr Malan 'n mosie by die Volksraad in wat onder meer gelui het dat, met die oog op die ernstige krisis waarin Suid-Afrika weens sy deelname aan die oorlog betrokke geraak het, die Raad verklaar "dat ons hoogste volksbelange alleen gedien kan word deur die omskepping van Suid-Afrika in 'n republiek, afgeskei van die Britse Kroon en Ryk en vry en onafhanklik van enige buitelandse mag".
Die Republiek moet geskoei wees op die tradisies en beginsels van die twee gewese Suid-Afrikaanse republieke. Dit moet Christelik-nasionaal wees en moet die gelyke taal- en kultuurregte van albei seksies van die blanke bevolking in ag neem.
Die mosie is met die meerderheidstem van die Verenigde Party in die Raad verwerp.
FEES VAN LUPERCUS - VALENTYNSDAG
Februarie is om die draai en Valenstyndag op die 14e is jare lank ook in Suid-Afrika ‘n instelling. Tog weet bitter min mense waar hierdie dag sy oorsprong het.
Eeue voor Christus het die Romeine 14 Februarie as ’n afgodiese fees ter ere van Lupercus, die jagter van wolwe, gevier. Hierdie fees het op drankmisbruik en onsedelikheid uitgeloop. Voor die fees is etlike bokke asook ’n hond geoffer. Die priesters het rieme uit die diere se velle gesny en tydens die fees meisies gejaag en met so ’n riem ’n hou op die agterstewe gegee wat haar glo vrugbaar sou maak. Dis waar Februarie vandaan kom - van die Romeinse februa, die dun rieme wat uit die velle van die offerdiere gesny is.
Alhoewel hierdie feeste aanvanklik as geestelik beskou is, het dit later ’n geleentheid geword om op ’n kru wyse uiting aan permissiwiteit en geslagsdrange te gee. ’n Mens kan maar net bespiegel oor hoeveel onsedelikheid daar nie jaarliks op Valentynsdag plaasvind nie! Dis in werklikheid ’n voortsetting van ’n heidenfees met al die vergrype.
1865: JAN F.E. CELLIERS
KULTUURDAGBOEK 12 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Johannes Francois Elias Celliers was 'n bekende Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg. Hy is op hierdie dag in 1865 gebore.
Hy lê sy Landmetereksamen in Nederland af maar word later 'n amptenaar in die onderwysdepartement van die ZAR en in 1894 staatsbibliotekaris in Pretoria.
Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog sluit hy hom by die kommando's aan, en in 1902 vertrek hy na Europa waar hy sy beroemde gedig Die Vlakte skryf.
SO WORD ONS UITGEROEI
Na aanleiding van die Internasionale Geldmag se afgelope Covid-bombardering op die mensdom, is dit goed om te gaan kyk hoe lank gelede hulle reeds begin het om die wêreldbevolking te verminder. Natuurlik het hulle dit nie destyds so openlik gedoen nie en het die meeste mense nie eers besef dat die Kabaal agter hierdie siektes sit nie. Daar was verskeie virusse en sogenaamde inentings (in werklikheid gifinspuitings om bevolkingsaanwas te voorkom). Een daarvan is die VIGS-virus wat staan vir Verworwe Immuungebrek Sindroom,(in Engels AIDS: Aquired Immune Deficiency Syndrome).
Hierdie siekte is in 1979 die eerste maal in San Francisco se Algemene Hospitaal by ‘n klompie homoseksuele opgemerk. Die benaming Gay Related Immuno Deficiency Syndrome of te welGRIDS het dus hiervandaan sy oorsprong. Ons kan vandag in alle eerlikheid sê dat die media naas die VSA-regeringsagentskappe en mediese establishment die grootste aandeel daaraan gehad het om die wanpersepsie te skep dat VIGS ‘n homoseksuele siekte is, ‘n beskouing wat tot sneller verspreiding van die virus gelei het deur die aard en omvang daarvan te verswyg.
1875: DR CR LOUW: STIGTERLID SANTAM EN SANLAM
KULTUURDAGBOEK 11 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Charles Robert Louw is op hierdie dag op Murraysburg gebore as die jongste van sewe seuns van wyle ds AA Louw van Noorder-Paarl. Sy moeder was 'n nooi Murray, suster van dokter Andrew Murray.
Na voltooiing van sy studie aan die Paarlse Gimnasium en op Stellenbosch, is hy na Transvaal waar hy sy klerkskap as ingeskrewe prokureursklerk in Pretoria voltooi het. Nadat hy hom op Ermelo gevestig het verhuis hy in 1916 met sy gesin na Kaapstad. Hier het CR Louw hom vir die uitbou van verskeie Afrikaanse sake-ondernemings beywer.
GOOGLE WEET ALLES VAN JOU!
Johan de Bruyn
Beïnvloeding van mense geskied op baie wyses. Sommige word slegs deur feite oortuig, ander deur emosie. ‘n Goeie orator het al dikwels mense vir sy saak oortuig – meesal sonder meriete.
Met breinspoeling probeer beïnvloeders ‘n onregverdige voordeel kry deur die slagoffer aan ‘n proses te onderwerp waar sy keuse vír hom gemaak word. Talle boeke het al oor hierdie onderwerp verskyn.
In 1957 het The Hidden Persuaders van Packard verskyn. Reeds toe is bevind dat daar metodes was om mense subtiel te beïnvloed sonder dat hulle daarvan bewus was. Dink maar aan die Coke-advertensie wat “versteek” was in die aanbieding by ‘n bioskoop, wat baie mense dan onbewustelik Coke laat koop het tydens pouse. Packard het destyds bevind dat mense se denke, gedrag en emosies deur hierdie optredes beïnvloed word.
DIE KINDERS VAN GOD
Hannes Ollewagen
1 Joh. 3:1-24
“Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.” (:10).
Ons lees hier van ’n duidelike onderskeid wat getref word. Die kinders van God word van die kinders van die duiwel onderskei. En hier word spesifiek van twee eienskappe melding gemaak wat die kinders van God van die kinders van die duiwel onderskei. Hierdie twee eienskappe, liefde en geregtigheid, is by die kinders van God aanwesig en natuurlik by die kinders van die duiwel afwesig.
Ons lees in Psalm 11:7 hoe kosbaar hierdie eienskap van geregtigheid in God se oë is. Dit word vir ons so duidelik en uitdruklik gestel. “Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.” God se behae in die mens wat geregtigheid doen, word ook vir ons in Spreuke 15:9 uitgedruk. En in hierdie selfde Skrifgedeelte is die onderskeid tussen hulle wat geregtigheid doen en hulle wat goddeloos handel weer duidelik. “Die wandel van die goddelose is vir die HERE ’n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.”
1806: 2e OORGAWE VAN KAAP AAN ENGELAND
KULTUURDAGBOEK 10 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die nederlaag van genl JW Janssens by Blouberg op 8 Januarie 1806, het die Britse troepemag onder genl D Baird ook Kaapstad binngetrek en is die voorwaardes van oorgawe op 10 Januarie 1806 op Papendorp (Woodstock) onderteken en op 19 Januarie 1806 bekragtig. Daarvolgens sou die Kaap vir die tweede keer in die hande van Brittanje oorgaan om nooit weer onder Nederland se gesag te staan nie.
1818: PROF D POSTMA
KULTUURDAGBOEK 10 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Dirk Postma is op hierdie dag in Dokkum, Friesland, gebore uit die huwelik van Pieter Pieters Postma en Lolkje Arjens Boekhout. Die gesin het die Gereformeerde geloof van harte liefgehad en vreemd gestaan teen die opkomende liberalisme en modernisme ná die Franse Revolusie.
Hy kon weining skoolgaan en moes reeds op 15-jarige ouderdom as loodgieterskneg sy weduwee-moeder help onderhou.
In dieselfde jaar verskyn die geskrif Verdediging van de ware Gereformeerde leer... van ds Hendrik de Kock in Ulrum, wat lei tot die kerklike Afskeiding van 1834 en die stigting van die Christelike Gereformeerde Kerk van Nederland.
SA TEEN ISRAEL IN INTERNASIONALE GEREGSHOF…
…DIE BETEKENIS VIR DIE AFRIKANERVOLK
Dr Danie Theron
Die saak wat Suid-Afrika teen Israel aanhangig gemaak het in die Internasionale Geregshof, het wȇreldwye reaksie ontlok. Dis te verstane. In Suid-Afrika het persone soos Steve Hofmeyr en prof Koos Malan en ook die organisasies waarby hulle betrokke is en/of aanhang, hewig beswaar gemaak dat Suid-Afrika dit durf waag het met onder andere argumente dat Suid-Afrika, met sy eie bewese rekord van die vertrapping van volkere se regte, vermetel is om Israel daaroor aan te vat.
Ek gee toe dat dit bitter ironies is dat (die huidige) Suid-Afrikaanse regering juis die saak aanhangig maak. Mens sou eerder verwag dat ‘n “Westerse staat” dit doen. Probleem is, daardie Westerse state is almal Joods-Amerikaanse kolonies. Hulle sal dit nie doen nie want hulle politici is omgekoop.
Ek het self maar net die grootste minagting vir die ANC-regime se skynheiligheid enersyds en andersyds die feit dat daar miljoene bestee word op “onbenullige” aangeleenthede en dit deur ANC-politici terwyl hulle eie mense krepeer en hulle tot misdaad moet wend om aan die lewe te bly.
Voormelde is afsonderlike aangeleenthede met baie meriete.
Maar ek dink hierdie saak voor die internasionale hof het meer voordele as wat ons dalk ooit besef. En dis allermins onbenullig. Feit is dat die voorlegging ‘n briljante stuk werk is. Die 84-bladsye daarvan getuig van juriste wat hulle deeglik van hulle taak gekwyt het. Prof John Dugard is uiters liberaal en ek het geen waardering vir wat hy byvoorbeeld oor dr Verwoerd kwytraak nie. Maar die punt is, die internasionale reg is sy vakgebied en hy tel seker onder een van die bestes wat Suid-Afrika ooit opgelewer het. Boonop het hy waarskynlik, soos regter Goldstone, Joodse bande en het dit waarskynlik baie geverg om hom op hierdie omstrede terrein te begeef.
1871: EUGÉNE MARAIS
KULTUURDAGBOEK 9 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Eugéne Nielen Marais beklee 'n unieke plek in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Hy is op hierdie dag in 1871 gebore, en ons onthou hom veral as koerantredakteur waar hy reeds van 1890 af belangrike voorbereidingswerk vir die Tweede Taalbeweging doen.
Ná die dood van sy vrou vertoef hy 'n lang ruk in die buiteland en praktiseer dan in Pretoria as advokaat. In hierdie tyd skryf hy 'n paar gedigte waaronder Winternag, wat hom groot beroemdheid besorg het: baie jare is hy as voorloper van ons groot digkuns beskou.
1940: ADV STRIJDOM EN DIE REPUBLIKEINSE IDEAAL
KULTUURDAGBOEK 9 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die jaar 1940 is gekenmerk deur vergeefse pogings wat aangewend is om die Afrikanerdom polities te verenig. Te midde van hierdie onsekere krisistye het adv JG Strijdom, leier van die Nasionale Party in Transvaal, dit sterk beklemtoon dat Afrikanereenheid alleen op 'n duidelike en ondubbelsinnige republikeinse grondslag verkry kan word.
Hierdie wekroep van Strijdom is op 9 Januarie 1940 deur die spreekbuise van die Nasionale Party uitgedra. Adv Strijdom het naamlik op 8 Januarie op Morgenzon verklaar dat die republikeinse doelstelling van die Afrikaner nie ter wille van eenheid verwater mag word nie omdat dit dan tot nog groter verdeeldheid aanleiding sal gee. Die republikeinse strewe moes dus dien as dié saambindende faktor.
1918: STIGTING VAN DIE KWV
KULTUURDAGBOEK 8 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Chroniese oorproduksie en die ongeorganiseerde stand van die wynboere bring mee dat, deur die ywer van CWH Köhler, die Ko-operatiewe Wijnbouers Vereniging van Zuid-Afrika Beperkt, geregisteer word. Hoofsaaklik as 'n stabilisasiefaktor en deur bedryfsleiding, het dit bygedra tot die vooruitgang en welvaart van die wynprodusente.
1806: SLAG BY BLOUBERG
KULTUURDAGBOEK 8 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
'n Sterk Britse troepemag onder genl D Baird het die swak garnisoen van genl JW Janssens by Blouberg beslissend verslaan. Dit was die begin van die vestiging van 'n Britse owerheid oor 'n Hollandssprekende bevolking. Die militêre botsing was tegelyk ook simbool van die kultuurstryd tussen Boer en Brit deur baie dekades hierna.
Deur middel van wegewing, die onderwys en kerklike optrede, deur ekonomiese en politieke belemmering en heulery met bedreigers van die Afrikaners en deur middel van verleidingspogings van Afrikaners self, is probeer om Britse oorheersing te bevestig.
GEESTELIKE BEMIDDELING
Ds A.E. van den Berg
“En ek het die Here gebid en gesê: Here, Here, stort u volk en u erfdeel wat U deur u grootheid verlos het, wat U uit Egipte deur ʼn sterke hand uitgelei het, nie in die verderf nie” (Deutr.9:26).
Om vir God iets te kan doen, is groots. Maar, hoe doen ons iets vir Hom? Een daarvan is om mense te help. In Mt.25 skets Jesus ʼn denkbeeldige prentjie van Hom wat dors, honger en in die tronk was en gehelp is. Toe die aanwesiges Hom vra wanneer dit gebeur het, antwoord Hy: “Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen” (:40).
Individualisme neem oorhand onder ons volksgenote toe – jy in jou klein hoekie en ek in myne. Waarom gebeur dit? Omdat die lewe vol filosofieë is wat mense wysmaak dat hulle ander mense nie nodig het nie en op hul eie kan regkom. Met gelowiges is dit anders. Ons het mekaar nodig. In Amerika is daar talle huise met ʼn sigbare rooi hand in die venster vir kinders met probleme om te sien waar hulle hulp kan kry. Sal dit nie beter wees as ons rooi hande i.p.v. kruise bo-op ons kerke aanbring nie?!