Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Bybel maak dikwels melding van kwaadsprekery onder mekaar wat soveel broederlike twis en onmin veroorsaak. Onder kwaadsprekery verstaan ons haatlike beskuldigings, gebore uit kwaadwilligheid, en die lus om mekaar se goeie bedoelings te ondermyn. Ons moet daarteen waak om die goeie wat God in iemand gewerk het met woorde te verdraai.
1795: KAAP DEUR ENGELAND INGENEEM
KULTUURDAGBOEK 14 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Na hulle maklike oorwinning by Muizenberg op 7 Augustus 1795, hoofsaaklik vanweë die lafhartige optrede van lt.-kol C.M.W. de Lille en ‘n aantal van sy gereelde soldate, het genl. J.H. Craig op 14 September 1795 die Kaap weer aangeval en dit sonder slag of stoot verower. Op 15 September is ‘n wapenstilstand met die oog op onderhandelings toegestaan, en op 16 September 1795 is ‘n ooreenkoms gesluit, wat onder meer die terugsending van die Nederlandse soldate, die behoud van die Vryburgers se regte, ensovoorts, bepaal het. Roemloos was die wyse waarop die Kaapse volksplanting in die hande van Brittanje oorgegaan het.
DIE BYBEL WAARSKU OOR DOBBEL
Christene in Suid-Afrika: Hoor wat die Bybel oor dobbelpraktyke sê!
Anita Joubert
Die Here het onlangs vir my die opdrag gegee om hierdie boodskap uit te stuur. Ek wou egter eers seker maak dat ek die regte doen, en daarom het ek vir ʼn bevestiging gevra. Meer helder en duidelik as wat Hy dit vir my gegee het, kon ek nie voor vra nie.
Hierdie boodskap is bedoel vir elkeen in hierdie land wat homself ʼn volgeling van die Here Jesus Christus noem, en dink dat daar niks mee verkeerd is om so ʼn bietjie te dobbel of om die Lotto te speel nie. Dit is só – en dit is baie hartseer – dat mense dikwels dinge uit onkunde doen. Die Here sê in Hosea 4:6 dat sy volk te gronde gaan weens ʼn gebrek aan kennis. Dit is die 1953-Afrikaanse Vertaling. Die 1983-Vertaling stel dit so: “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie.” As ons toegewyd aan die Here lewe, dan lees ons die Bybel en weet en glo wat daarin staan.
Hoor vandag wat die lewende God van dobbel sê: “Maar julle wat die Here verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat ʼn tafel dek vir die geluksgodin en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot, Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal buig om geslag te word . . .” Die 1983-Vertaling gebruik die name van die twee afgode, Gad en Meni. In vers 12 sê die Here: “Ek, die Here, gaan julle straf met die dood, julle sal almal inmekaar sak en doodgesteek word, omdat julle nie geluister het toe Ek geroep het nie.”
ONDER SY KONINGSKAP
Hannes Ollewagen
Luk. 1:26-38
“En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.” (:31-35).
En Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. Ek het al baie oor hierdie woorde gewonder. Wanneer ons rondom ons kyk, lyk dit nie asof die koninkryk van die HERE in hierdie wêreld uitgebrei word nie. Inteendeel, dit lyk asof daar soveel aanslae en verleiding van wêreldse dinge is dat die aantal mense wat met die dinge van die HERE bemoeienis maak al minder word. In ons menslikheid raak ons seker met tye benoud dat die koninkryk van onse HERE tot niet sal gaan.
1932: UNIVERSITEIT PRETORIA WORD AFRIKAANS
KULTUURDAGBOEK 13 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Omdat die Afrikaner die vyand van die geldmag, die liberalisme en die kommunisme is moet ook sy taal veral by opgroeiende jongmense in die modder vertrap word en duur dit nie lank voordat die vyand so 'n volk en sy land volkome in sy mag het nie – soos dit in Suid-Afrika gebeur het."
Met die ontstaan van die Transvaalse Unviersiteitskollege, waaruit die Universiteit van Pretoria in 1930 sou groei, was taal-en mediumkwessies nie ter sprake nie en vir alle praktiese doeleindes was die inrigting eentalig Engels. Dat hierdie inrigting, gesetel in 'n oorwegend Afrikaanse stad veral nadat die Universiteit van die Witwatersrand vanaf 1921 'n suiwer Engelse koers ingeslaan het die belange van die Afrikaner sou dien was haas vanselfsprekend, maar is nie geredelik so aanvaar nie.
Afrikanerambisies waarvan die eerste tekens reeds in die vroeë twintigerjare waarneembaar was, is deur jingo-elemente in en om Pretoria met venyn teengestaan, maar het tog tot die sogenaamde vyftig-vyftig-beleid gelei.
22e HERDENKING VAN 9/11
Gister was dit die 22e herdenking van die aanval op die World Trade Centre en Pentagon bekend as 9/11. ’n Generasie 22-jariges het ná 9/11 grootgeword, en die gebeurtenis beteken waarskynlik niks vir hulle nie. Hulle leer dat dit 'n aanval op Amerika was soos die Japannese aanval op Pearl Harbor, en 9/11 verdwyn in die geskiedenis.
Dit is ook onwaarskynlik dat iemand onder 40 baie bekommerd is oor 9/11. 'n 40-jarige sou in 2001 18jr oud gewees het en sou waarskynlik 9/11-vraagstukke as samesweringsteorie afmaak. Vandag se jeug is meer geneig om te marsjeer ter ondersteuning van "verskeie alomteenwoordige sosiale kwessies" as om te wonder oor die bron en doel van die 9/11-aanval.
DIE WINTER VAN ONTEVREDENHEID
Juliemaand vanjaar, en die eerste week van Augustus, het ons sterk herinner aan die wekelange geweld in Natal in Julie 2021. Die patroon van algehele anargie wat weke lank duur, kom al meer voor, en dit dui telkens op ’n disfunksionele staat en ’n disfunksionele samelewing.
Die een geval wat sterk in die nuus was, was die skadelike staking van werkers in die Tshwane-munisipaliteit. Regoor Pretoria is dienslewering ontwrig, betogings gehou en paaie versper. Dit het gepaard gegaan met aanvalle op werkspanne wat elektriese herstelwerk moes doen. Selfs gesondheidswerkers is aangeval waar hulle opgedaag het om noodhulp te verskaf.
Die tweede ontstellende geval van geweld was natuurlik die ontwrigtende taxi-staking in die Wes-Kaap, waar 10 busse aan die brand gesteek is, paaie versper is met brandende bande, winkels geplunder en geboue aan die brand gesteek is. Die aanvalle op busdienste duur nou al vir etlike maande, waar bendes verbonde aan taxi-vakbonde op busse vol passasiers skiet, veral op die roete tussen die Kaap en die voormalige Transkei (die Oos-Kaap Provinsie).
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (6)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Eerste dreigement
Hoewel sluipmoord as ’n politieke wapen in sekere wêrelddele feitlik ’n alledaagse verskynsel geword het, was dit tot met die aanslae op die lewe van dr. Verwoerd in die sestigerjare iets heeltemal vreemds aan Suid-Afrika. Dit was iets waarvan periodiek in die koerante gelees is, maar op die meeste mense in Suid-Afrika het dit geen indruk gemaak nie. Dit is iets wat tot die Piesang-republieke, die Verre Ooste en die Arabiese lande behoort. Dit kan nie hier by ons gebeur nie, het die mense geglo.
1900: PRESIDENT KRUGER EN KONINGIN WILHELMINA
Lees volledig by Kultuurdagboek
Koningin Wilhelmina van die Nederlande het die goedgesindheid van haar land teenoor die Boererepublieke gedemonstreer toe sy op 13 September 1900 gemagtig het dat die pantserskip Gelderland ter beskikking van Pres. Kruger en sy geselskap vir hul reis na Europa gestel word.
Op 20 Oktober het die Staatspresident in Delagoabaai aan boord van die Gelderland na Marseille vertrek. By sy aankoms in Den Haag het die voorsitters van albei Kamers van die Staten-Generaal op 7 Desember hom ‘n verwelkomingsadres aangebied, en die volgende dag het die Koningin die President ontvang. In haar briefwisseling met koningin Victoria het Wilhelmina haar beywer vir die beëindiging van die militêre optrede van Brittanje teen die Boererepublieke.
1963: EERSTE UITGAWE VAN 'HANDHAAF' VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 12 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Wanneer ons hier die geskiedenis van die tydskrif Handhaaf uitlig, is dit nie om die beuel van die FAK te blaas nie maar om te toon hoeveel pogings destyds aan die dag gelê is om Afrikanereenheid met gevolglike volksnasionalisme te bewerkstellig, pogings wat vandag meer nodig as ooit geword het indien ons weer volkseenheid wil sien, en pogings waarby ons gerus kan kersopsteek.
Die eerste amptelike tydskrif van die FAK is genoem Handhaaf, en dit kon ongetwyfeld as 'n uitstekende kultuurblad beskou word, enig in sy soort in daardie stadium. Handhaaf het vir hom 'n onmiskenbare plek in die Afrikaanse volkslewe verower.
KERK EN LEUENS
Ds A.E. van den Berg
“En toe hulle dit hoor, sê hulle: Nee, stellig nie! Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie Skrifwoord...?”(Luk.20:16,17).
In die tyd van Jesus was die kerklui skynheilig, vals en eiegeregtig. Ongelukkig het mense eerbied vir hulle gehad het. Hulle was as’t ware die gewete van die volk en immers God se verteenwoordigers op aarde, of hoe? Alles behalwe! Hulle was net op eie belang ingestel en egopoetsers.
Niemand draai God ʼn rat voor die oë nie. Jesus het as God almagtig dwarsdeur hulle kunsmatige godsdienstige vertoon gesien en hul telkens sterk aangespreek: “Wee julle, Skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid “ (Mt.23:27,28).
1964: STIGTING VAN JUNIOR RAPPORTRYERS
KULTUURDAGBOEK 11 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1959 is in Pretoria die eerste Junior Rapportryerskorps gestig. Dit is egter eers op 11 September 1964 dat die Federasie van Junior Rapportryerskorpse tot stand gekom het. Deur die jare is stelselmatig wegbeweeg van die outonomie van korpse, en in 1978 het die federale karakter plek gemaak vir ‘n lede organisasie.
Die ontstaan van die Beweging is te danke aan wyle Hennie Roux, wat die rapportryer gedagte na die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949 wou laat voortleef in sosiale klubs of korpse. Die doelstellings van die Junior Rapportryersbeweging kan as volg saamgevat word:
1900: PAUL KRUGER LANDUIT DEUR LOURENCO MARQUES
KULTUURDAGBOEK 11 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 29 Mei 1900 het Paul Kruger in die ampswoning sy vrou, Gezina, vir die laaste keer gegroet. Dieselfde aand is hy per perdewa na Eerste Fabrieke, waar die trein na Oos-Transvaal gehaal is. Die geselskap wou moontlike onsmaaklikhede op die Pretoriase stasie vermy – daarom die reëling.
Na ‘n kort verblyf op Machadodorp is Kruger na Waterval-Onder, want die koue klimaat het sy neerslagtigheid, verswakte oë en gesondheid verder aangetas. Teen vroeg-Junie het hy weer moed begin skep en sy burgers tot die stryd aangemoedig.
1965: GENOOTSKAP VAN RHODESIESE AFRIKANERS GESTIG
KULTUURDAGBOEK 11 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Destyds het Rhodesië 'n goeie heenkome vir Blanke Afrikaners wat toe nog veilig daar kon woon, gebied. Onder bestuur van intelligente Blankes soos Ian Smith het die land ekonomies floreer en het die behoefte aan verskeie organisasies waaraan Blanke Afrikaners kon behoort vergroot. So was een daarvan Die Afrikaanse Kultuurunie van Rhodesië (AKUR) wat tientalle jare lank die Afrikaner se kultuurorganisasies en kerke in Rhodesië saamgesnoer het. Vandag is Zimbabwe ekonomies geknak deur die Swart regime van Mugabe wat 'n skrikbewind daar voer en is daar 'n handjievol Afrikaners oor wat nog nie verwilder is nie.
1948: DUITSE OORLOGWESIES KOM IN PRETORIA AAN
KULTUURDAGBOEK 10 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Drie en tagtig na-oorlogse Duitse wesies het op 8 September 1948 in Tafelbaai aangekom en op hierdie dag, in Pretoria. Die gedagte om na 1945 kinders uit Duitsland vir aanneming na Suid-Afrika te bring, het by mev. Nellie Liebenberg ontstaan. Dr. T.E.W. Schumann het die voorstel verder gevoer. Ander betrokkenes deur die jare was die sekretaris. Schalk Botha, dr. Chris Neethling, mnr. J.C. Combrink, dr. J.C. Kriek en dr. Vera Bührmann. In Duitsland was dit Wilhelm Käber. Die bedoeling was om geld in te samel en dan soveel en so gou as moontlik Duitse wesies na Suid-Afrika te bring, ten einde die ellende in Duitsland te verlig en om die Afrikanervolk se getalle te vermeerder.
NABETRAGTING VAN BRICS-KONFERENSIE IN SA
Met dank aan die INSTITUUT VIR KULTUUR EN GESKIEDENIS
Die BRICS-konferensie het gekom en gegaan. Pres Vladimir Poetin is toe nie in Suid-Afrika gearresteer soos die anti-Russiese koalisie van Amerika, Brittanje en NAVO dit wou hê nie. In die proses moes SA se Ramaphosa aansienlike toegewings maak. Een daarvan was om die deelname van Rusland aan BRICS te verswyg en dit as van minder belang af te maak. Dit het die gevolg dat die ware rede vir SA se lidmaatskap van BRICS duidelik geword het, naamlik die baie noue verhouding tussen die ANC-bewind en kommunistiese Sjina. Dié verhouding dateer al sedert die ANC se terreurstryd in die vorige eeu, en veral ook na 1994 in die “transformasie” van die RSA se buitelandse beleid. Onder Jacob Zuma is die bande tussen die ANC-regime en Sjina grootliks versterk, en dit was duidelik uit die onlangse formele staatsbesoek van Sjina dat dit die hoof-platform is waarop die ANC graag wil staan, en nie noodwendig by Rusland nie. Ramaphosa was as adjunk-president onder Jacob Zuma ook dikwels na Sjina gestuur; en dan het ons nou die afgelope drie jaar met sy staatsrede telkens gehoor van die groot nuwe stad wat in die gebied tussen Johannesburg en Pretoria opgerig sou word, met behulp van Sjina. Sjina het reeds miljarde Rand geskenk om ESKOM in sy nood by te staan, en sodoende ’n voet in die deur gekry op die terrein van energieverskaffing ̶ sigbaar op die patroon wat die Sjinese elders in Afrika volg.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (5)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die kommunis
Demitrios Tsafendas is op 14 Januarie 1918 in Lourenco Marques gebore. Toe hy op agt en veertigjarige ouderdom Suid-Afrika se sesde Premier in die Volksraad in Kaapstad vermoor het, was hy ’n frisgeboude man van sowat ses voet, breed geskouer, so sterk soos ’n bees, met groot, dik hande.
Tsafendas het in sy lewe onder baie name deur die wêreld gegaan. Die voorname wat hy by verskillende geleenthede gebruik het, was Demetrio, Dimitrio, Dimitro, Demetrios, Demetrius en James. Ook sy van het telkens veranderings ondergaan: Tsafendakis, Tsafandakis, Tsafantaki, Tsafendos, Tsafendis, Tsafantakis en Williams. Onder sommige mense het hy ook bekend gestaan as Mimis en Miemie.
Alles dui daarop dat Tsafendas ’n buite-egtelike kind is. Sy vader, Michaelatos alias Michael alias Miquel Tsafendakis of Tsafandakis, was oorspronklik ’n Griekse onderdaan van Candia, Krete. In 1947 het Tsafendas sr., ’n Suid-Afrikaanse burger geword.
Die moeder, Amelia William, alias Amelia Williams, was ’n Portugese onderdaan van Mosambiek. Sy was ’n Nie-blanke. Vermoedelik was een van haar ouers ’n Blanke en die ander ’n Swazi.
1939: HERENIGING: MALAN EN HERTZOG
KULTUURDAGBOEK 9 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
‘n Warm gevoel van uitbundige vreugde en dankbaarheid het die Nasionale Afrikanerdom op hierdie dag uit alle uithoeke van ons land laat optrek na Monumentkoppie, waar ‘n gedenkteken vir die Voortrekkers aan die verrys was.
“Hy het sy offer gebring,” het dr. D.F. Malan verklaar toe genl. Hertzog, Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika, se mosie dat die Unie van Suid-Afrika neutraal bly in ‘n oorlog “wat nie ons s’n is nie” op Maandag 4 September in die Volksraad verwerp is. Genl. Smuts se teenmosie is aanvaar, en genl. Hertzog het sy bedanking ingedien. En toe volg sy “segetog” per trein na die Noorde. Op elke stasie is hy ingewag deur juigende Afrikaners.
1901: DR HF VERWOERD SOU VANDAG VERJAAR
KULTUURDAGBOEK 8 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Soos reggeaarde nasionaliste nooit die moord op dr Verwoerd op 6 September vergeet nie, sal hulle ook nie die herdenking van sy geboortedag op 8 September vergeet nie. Daarom bring ons vandag 'n kort uittreksel oor sy lewe met 'n paar fotos van hom, sy gesin en sy lewe om hierdie dag saam te herdenk.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (4)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die ondersoek
Die eerste aanslag op dr. Verwoerd se lewe op 9 April 1960 in die Milnerpark-arena in Johannesburg was deur ’n man wat later as geestelik versteurd aangedui is. Die man wat dr. Verwoerd ses jaar en vyf maande later in die Volksraad vermoor het, is ook as ’n geestelik versteurde gesertifiseer.
David Beresford Pratt het kort voor sy daad op 9 April 1960 intieme verbintenisse met die verlinkse politiek in Brittanje gehad. Daar is berig dat hy enkele maande voordat hy dr. Verwoerd in Johannesburg geskiet het, geld vir die Liberale Party in Engeland ingesamel het.
Demitrios Tsafendas was ’n kommunis - van sy jeugjare af totdat hy sy afgryslike daad in Kaapstad gepleeg het. Die verhaal van sy lewe toon ’n volgehoue verbintenis met die linkses en die kommuniste. Hy was lid van die Kommunistiese Party.
Net soos David Beresford Pratt was Demitrios Tsafendas ook in Engeland waar hy steun onder die verlinkses gewerf het vir ’n opstand in Suid-Afrika en Mosambiek. Dit was kort voordat Pratt onder die ver-linkses van Engeland beweeg het.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (3)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die daad
Die sluipmoordenaar het veertien sekondes gehad om die raadsaal van die Volksraad binne te glip nadat die aanvangsklokkies opgehou lui het en tot by dr. Verwoerd se bank te beweeg. Met afgemete presiesheid het hy dit gedoen.
Enkele oomblikke tevore het verskeie Volksraadslede die man in die donkerblou bodepak in die wandelgang sien staan en wag - totdat dr. Verwoerd opgedaag het. Hy het nie dikwels daar gekom nie, want sy werk was om die persmanne in ’n ander deel van die gebou te bedien. Tog het hulle dit nie vreemd gevind dat hy op daardie oomblik daar was nie. Bodes in die Volksraad beweeg vryelik sonder om agterdog te wek.