Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het u al opgemerk hoeveel wysheid kom outomaties van mense wat 'n vaste geloof in God koester? En hoe dieper daar in die werking van die menslike verstand gedelf word, hoe meer tekens vind ons van die wysheid van Hom wat dit geskep het. Dan word dit 'n lewenswyse om verstandig te wees en uiteindelik is gesonde verstand om dinge te sien soos hulle werklik is en dinge te doen soos hulle gedoen behoort te word.
VOLKSVERSET: WAAR MOET ONS BEGIN?
Jann Schlebush
Daar is weer lewe onder ons volk! Ons is so dankbaar teenoor ons hemelse Vader dat daar nou onder ons volk oral groepe en mense in beweging en in verset kom teen die multikulturele imperiale gruwel waarin ons volk ons bevind.
Maar as ons enigsins oorweeg om ons te verset, moet ons eers verstaan waarom ons volk ons in hierdie multikulturele imperiale gruwel bevind.
As ons Jesaja 1 lees, sien ons ‘n baie duidelike ooreenkoms met die hudige toestand van die Boerevolk.
“Jes1:2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE [JHWH] spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree.
3 ‘n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.
VORSTER BEDANK
KULTUURDAGBOEK 20 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
1978: John Vorster kondig sy bedanking as premier en leier van die Nasionale Party aan en word opgevolg deur PW Botha.
MENSGEMAAKTE NATUURRAMPE
Op 8 September 2023 het 'n verwoestende aardbewing van 6.8 (richter) Marokko getref, hoofsaaklik die Atlas-streek waar meer as 3 000 mense gesterf het en 100 000 kinders geraak is. Duisende mense word steeds vermis onder die hope eindelose puin. Geoloë sê dié aardbewing was die grootste wat die hart van Marokko in meer as 120 jaar getref het.
Verskeie persone het weerlig sien verskyn voor die aardbewing Marokko getref het – blou ligte gevolg deur die verwoestende aardbewing. Die Daily Mail praat ook van geheimsinnige ligte net 'n paar sekondes voor die bewing plaasgevind het. Bespiegelings oor die oorsprong van die ligte is tans wyd verspreid.
Vreemd, niemand van die "amptelike" hoofstroommedia vergelyk dit met die Turkye/Sirië seismiese gebeurtenis op 6 Februarie 2023 (7,8) nie, waarvan 'n groot aantal seismoloë en wetenskaplikes sterk vermoed en dit hardop uitgespreek het dat dit 'n mensgemaakte – HAARP-tegnologie – verskynsel was. (HAARP staan vir High-frekwensie Active Auroral Research Program wat aan die Amerikaanse lugmag gekoppel is.) Die dodetal van die aardbewing in Turkye/Sirië beloop meer as 60 000, met meer as 'n halfmiljoen beseerdes en 'n gebied van sowat 350 000 km2 beskadig – omtrent so groot soos Duitsland. Die HAARP-voorloper en analogie met Turkye kan relevant wees vir die aardbewing in Marokko.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (9)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Lêer 98070/65
Die verhaal van die moord op dr. Verwoerd is ook die verhaal van Lêer 98070/65. Dit is die verhaal van ’n staatsdienslêer wat266 dae lank tussen verskillende staatsdepartemente rondgeswerf het. Dit is die lêer wat tussen die veiligheid van Suid-Afrika se Eerste Minister en sy sluipmoordenaar, Demitrios Tsafendas, gestaan het.
In daardie lêer was ’n aanbeveling dat Demitrios Tsafendas, alias Tsafendakis, as ’n ongewenste persoon uit Suid-Afrika gedeporteer moes word.
SO N VOLK WAS ONS:
‘n Volk met ‘n gelowige leier is baie geseënd. So 'n volk was ons tot 1966. So 'n leier se gees is te edel om die volksvyand te bevoordeel en sy liefde vir sy volk te groot om hulle leed aan te doen. So ‘n leier sterf in werklikheid nooit nie, maar bly vir altyd in die gees van sy volk voortleef.
En waar daar 'n Godlose regime aan bewind is, kan geen volk rustig en in vrede saamleef nie, sal hulle voortdurend rusie met mekaar soek, mekaar verraai, verneder en vernietig. Daar is net een grondslag waar dit verkeerd geloop het: Jesus het die wetgeleerde op sy vraag wat die "groot gebod in die wet is" só geantwoord: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel en met jou hele verstand. En die tweede watgelyk hieraan staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Ons verskeurde ou volkie weet nie meer wat naasteliefde beteken nie. En as ons die tweede gebod nie eers kan onderhou nie moet ons onsself nie bluf en dink dat ons God so liefhet as wat Hy ons beveel nie. En dan wil ons nog aanspraak maak op die voorregte van 'n volk van God!
KULTUUR- DAGBOEK 19 SEPTEMBER
KULTUURDAGBOEK 19 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1786: Graaff-Reinet in die Kaapkolonie word op hierdie dag deur die VOC gestig. Dit is vernoem na goewerneur Cornelis Jacob van de Graaf en sy vrou, Cornelia Reynet.
2. 1950: JGN Strauss volg op hierdie dag die ontslape genl Jan Smuts op as leier van die Verenigde Party (VP).
OM NABY HOM TE LEEF
Hannes Ollewagen
Ps. 24:1-10
“Wie mag klim op die berg van die Here? En wie mag staan in sy heilige plek? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. Hy sal seën wegdra van die Here en geregtigheid van die God van sy heil.” (:3-5).
Ons word in hierdie gelese gedeelte aan ’n baie belangrike waarheid herinner. En dit is dat ons nie kan verwag om naby aan God te leef, om in ’n gesonde verhouding met Hom te staan sonder om met erns op ons lewenswyse te fokus en heiligmaking na te streef nie. Ons kan nie verwag om ’n lewe van sondigheid te lei en terselfdertyd verwag dat die verhouding tussen ons en God gesond sal wees nie. En dit beteken nie dat ons sondeloos moet wees om in ’n verhouding met Hom te staan nie, want geen mens wat leef is sonder sonde nie. Maar dit beteken wel dat ons nie met gerustheid in sonde moet leef nie. Ons moet die verkeerde dinge in ons lewe bestry en die heiligmaking najaag. “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;” (Heb. 12:14). Ons moet daarna streef om in ons handel en wandel rein en heilig te wees. “Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is die Here julle God.” (Lev. 20:7).
SA BIBLIOTEEK EN-MUSEUM OPEN
KULTUURDAGBOEK 18 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Suid-Afrikaanse biblioteek en die Suid-Afrikaanse museum word op hierdie dag in 1860 in Kaapstad geopen.
SPYT OF BEROU?
Ds A.E. van den Berg
“ʼn Man het twee kinders gehad, en hy gaan na die eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my wingerd. En hy antwoord en sê: ‘Ek wil nie’; maar later het hy berou gekry en gegaan” (Mt.21:28,29).
Spyt en berou is nie dieselfde ding nie. Spyt het met selfbejammering te doen. Jy sê vir jouself: As ek maar net nie dit of dat gedoen het nie, was dinge nou beter. Daarenteen het berou niks met myself of my eie voordeel te doen nie, maar met God en medemens wat ek met woorde en/of dade te na gekom het.
Dit maak van berou feitlik ʼn Bybelse begrip want dit het niks met eie voordeel te doen nie; maar met dié van ander mense. God is die sprekende voorbeeld hiervan. Hy het Hom in Jesus nie as ʼn mens gebore laat word om tot eie voordeel aan ʼn kruis te sterf nie, maar tot ons voordeel (verlossing) gedoen.
Daarom bring die evangelie van verlossing koersveranderings in sondaars se lewens. Dit laat jou weg van jouself kyk en ander mense raaksien. Ware berou is om jammer te wees dat jou verkeerde optrede ander benadeel het. En dis hoe hierdie gelykenis verstaan moet word – ʼn skynbaar eenvoudige verhaal maar waarvan die betekenis nie maklik verstaan word nie.
MW PRETORIUS, STAATS- PRESIDENT ZAR 1860
Lees volledig by Kultuurdagboek
Marthinus Wessel Pretorius is op Pretorius kloof, distrik Graaf-Reinet, as die oudste seun van A.W.J. (Andries) Pretorius op hierdie dag in 1819 gebore. As Voortrekker vergesel hy sy vader na Natal en neem hy ook aan die Slag by Bloedrivier deel. In 1848 vestig hy hom in die Magaliesberg, en in 1853 volg hy sy vader op as kommandant-generaal vir Potchefstroom en Rustenburg. Hoewel hy nie oor die leierseienskappe van sy vader beskik nie, speel hy ‘n belangrike rol in die vroeë geskiedenis van Transvaal.
Deur sy toedoen is ‘n grondwet in 1856 opgestel, maar na vele onenigheid is hy eers in 1860 as Staatspresident van die ZAR beëdig
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (8)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Was daar medepligtiges?
Op 20 April 1972 het daar ’n kort maar betekenisvolle berig in Die Vaderland middagblad van Johannesburg, verskyn. Dit was afkomstig van Port Elizabeth en die inleidende paragraaf daarvan het gelui: “Demitrios Tsafendas het wyle dr. H.F. Verwoerd onder die dwang van intensiewe breinspoeling en sterk na-hipnotiese suggesties vermoor. So glo mnr. Willie Visser, studente-voorligter aan die Universiteit van Port Elizabeth.”
Die mnr. Visser na wie die blad hier verwys, is ’n seun van wyle A.G. Visser, die bekende Afrikaanse digter. Hy is ’n opgeleide sielkundige wat sedertdien sy doktorsgraad verwerf het.
Post-hipnotiese suggestie, het dr. Visser verduidelik, is die verskynsel dat ’n persoon gedwonge is om ’n sterk opdrag wat onder hipnose aan hom gegee is, uit te voer nadat hy weer wakker gemaak is. Hierdie aspek van hipnose kan gevaarlik wees en vorm die laaste fase van breinspoeling. Hoewel ’n persoon normaalweg onder hipnose of daarna nie iets sal doen wat teen sy opvattings of beginsels indruis nie, kan sy gedrag deur intensiewe hipnotiese suggestie in ’n sekere rigting gekondisioneer word met subtiele en gesofistikeerde suggesties. So ’n kondisioneringsproses of breinspoelingsproses kan maande duur totdat ’n persoon dan uiteindelik die slaaf word van die suggesties - ook die post-hipnotiese suggesties, aldus dr. Visser.
1839: VLUG VAN MPANDE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Mpande, halfbroer van Dingaan, het ‘n beslissende rol ter onderwerping van die Zoeloemag in 1840 gespeel. Dit was weens vrees vir Dingaan dat hy ongeveer hierdie datum met 17 000 man en 25 stuks vee suidwaarts uit Zoeloeland oor die Tugela gevlug het.
In onderhandelinge met die Volksraad in Pietermaritzburg hierna, oortuig hy die Raad op 15 Oktober 1839 van sy begeerte om in ‘n gesamentlike aanslag, Dingaan te probeer verslaan.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (7)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die Eleni in Kaapstad
In Julie1966 - die presiese datum het nooit aan die lig gekom nie - het ’n Griekse vragskip, die Eleni, Tafelbaai binnegevaar vir herstelwerk. Niemand het kennis geneem waarvandaan hy gekom het nie en niemand het belang gehad waarheen hy onderweg was nie. Die Eleni was maar nog net een van die talle skepe wat feitlik daagliks Kaapstad aandoen. Dit was eers in die dae onmiddellik na 6 September 1966 dat hierdie onbekende Griekse vragskip ’n prominente plek begin inneem het terwyl die verhaal van die sluipmoord op dr Verwoerd besig was om broksgewys te ontvou.
Tsafendas, die sluipmoordenaar, was bewus van die aankoms van die Eleni in Tafelbaai. Hy het daarvan in ’n koerant gelees, het hy gesê. Terwyl die skip meer as veertig dae in die hawe gelê het, was hy 'n gereelde besoeker daar. Hy het bevriend geraak met die oorwegend Griekse bemanningslede. Hulle het saam die beleid van die Verwoerd-regering veroordeel omdat Kleurlingvrouens nie toegelaat is om aan boord van die skip te gaan nie. Hulle het uitgevaar teen die Ontugwet. Op die Eleni het Tsafendas navraag gedoen na ‘n pistool en ’n mes.
1914: GENL DE LA REY BETAAL MET SY LEWE
Lees volledig by Kultuurdagboek
'n Dapper Boereheld wat moes sterf omdat sy suiwer ideale nie met sy verraderlike regering s'n ooreengekom het nie. Tog interessant dat genl De la Rey se dood deur die jare afgemaak is as 'n ongeluk. Sy grootste vegprestasie is dat hy die hele oorlog onoorwonne deurgeveg het as ruitergeneraal wat in die besonder welslae behaal het met sy beroemde stormjaagtaktiek, met die skande dat hy elf jaar later deur sy eie lafhartige mense van agter doodgeskiet word - swakkelinge wat die moord dan nog ook afgemaak het as 'n "ongeluk".
Genl. De la Rey het republikein gebly, en dit het hom in stryd met die regering gebring toe dié besluit het om aan die Eerste Wêreldoorlog deel te neem – 'n feit wat eindelik sy lewe gekos het - lees die volledige gebeure by Wie is die skuldiges
Op 15 September reis genl. Jacobus Hercules (Koos) de la Rey en genl. C.F. Beyers per motor na Potchefstroom. Hulle was oppad na Kemp, bevelvoerder van die militêre kamp daar, wat gereed was om teen die Regering op te tree uit weerstand teen die skandelike Botha-regering se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog.
1910: EERSTE SA VOLKSRAAD- VERKIESING
KULTUURDAGBOEK 15 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Unie van Suid-Afrika het drie en 'n halwe maand bestaan voordat die eerste Volksraadverkiesing op 15 Septmber 1910 gehou is. Ondanks die Premier, genl Louis Botha, se beleid van konsolidasie, het Engelsman en Afrikaner die verkiesing met wedersydse wantroue tegemoetgegaan.
Terwyl die ultra-Engelse hulle binne die Unionisteparty kon uitleef en die breër lae van albei taalgroepe 'n tuiste in die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty kon vind, was daar nog geen sentrale party vir die Afrikaners nie. Die Afrikanerpartye van die verskillende provinsies het egter saamgewerk.
SWART HAAT EN BLANKE VERRAAD
Ramaphosa die swyger
Terwyl die anargie in die land toeneem, het die leier van die EFF by ’n reuse saamtrek in die FNBstadion in Soweto sy oproep vir plaasmoorde in ’n arrogante toespraak herhaal. ”Kill the Farmer, Kill the Boer” het uit duisende keel opgeklink en bevestig dat dit groot byval vind. Terwyl die Menseregte-kommissie tandeloos toegekyk het, het die staatshoof van Suid-Afrika, president Cyril Ramaphosa geswyg soos die graf. Waar hy in Amerika ’n tyd gelede ontken het dat daar iets soos plaasmoorde in Suid-Afrika is, was dit ook te wagte dat hy niks oor Malema se oproep sou sê nie. Die EFF word ook in die vlerke van die ANC getroetel as ’n moontlike bondgenoot om beheer in die parlement te behou. Oor die uitgesproke haatspraak van Malema is dit genoeg dat leiers swyg om eintlik aandadig te wees daaraan. Ons neem ook kennis daarvan dat Ramaphosa ’n maand gelede by die kongres van ANCYL (die ANC se jeugbeweging) ’n beroep op die ANC-jeug gedoen het om weer so radikaal en aggressief te raak soos hulle in die 1980’s was. Dit pas alles in die patroon van Ramaphosa se aggressiewe uitsprake die afgelope tyd; en verklaar ook waarom hy swyg oor die EFF se oproep dat boere op plase vermoor moet word.
1862: BLOEDSTRAAT, PRETORIA, KRY SY NAAM
KULTUURDAGBOEK 14 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag, 'n Sondagoggend, is Jacobus du Toit, seun van die bekende landdros Af du Toit van Pretoria en die kêrel van Stephina Maria Aletta Schoeman, dogter van kmdt-genl SJ Schoeman, gewond. Die voorval het aan Bloedstraat in Pretoria sy naam besorg waar dit plaasgevind het.
Die jong Du Toit is deur sy moeder met 'n boodskap na mev Stephanus Schoeman gestuur maar oppad daarheen is hy deur burgers onder Jacob Malan voorgekeer. Dit was in die dae van ernstige broedertwis in Transvaal en daar is menigmaal sonder oorleg opgetree.
1795: KAAP DEUR ENGELAND INGENEEM
KULTUURDAGBOEK 14 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Na hulle maklike oorwinning by Muizenberg op 7 Augustus 1795, hoofsaaklik vanweë die lafhartige optrede van lt.-kol C.M.W. de Lille en ‘n aantal van sy gereelde soldate, het genl. J.H. Craig op 14 September 1795 die Kaap weer aangeval en dit sonder slag of stoot verower. Op 15 September is ‘n wapenstilstand met die oog op onderhandelings toegestaan, en op 16 September 1795 is ‘n ooreenkoms gesluit, wat onder meer die terugsending van die Nederlandse soldate, die behoud van die Vryburgers se regte, ensovoorts, bepaal het. Roemloos was die wyse waarop die Kaapse volksplanting in die hande van Brittanje oorgegaan het.
DIE BYBEL WAARSKU OOR DOBBEL
Christene in Suid-Afrika: Hoor wat die Bybel oor dobbelpraktyke sê!
Anita Joubert
Die Here het onlangs vir my die opdrag gegee om hierdie boodskap uit te stuur. Ek wou egter eers seker maak dat ek die regte doen, en daarom het ek vir ʼn bevestiging gevra. Meer helder en duidelik as wat Hy dit vir my gegee het, kon ek nie voor vra nie.
Hierdie boodskap is bedoel vir elkeen in hierdie land wat homself ʼn volgeling van die Here Jesus Christus noem, en dink dat daar niks mee verkeerd is om so ʼn bietjie te dobbel of om die Lotto te speel nie. Dit is só – en dit is baie hartseer – dat mense dikwels dinge uit onkunde doen. Die Here sê in Hosea 4:6 dat sy volk te gronde gaan weens ʼn gebrek aan kennis. Dit is die 1953-Afrikaanse Vertaling. Die 1983-Vertaling stel dit so: “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie.” As ons toegewyd aan die Here lewe, dan lees ons die Bybel en weet en glo wat daarin staan.
Hoor vandag wat die lewende God van dobbel sê: “Maar julle wat die Here verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat ʼn tafel dek vir die geluksgodin en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot, Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal buig om geslag te word . . .” Die 1983-Vertaling gebruik die name van die twee afgode, Gad en Meni. In vers 12 sê die Here: “Ek, die Here, gaan julle straf met die dood, julle sal almal inmekaar sak en doodgesteek word, omdat julle nie geluister het toe Ek geroep het nie.”
ONDER SY KONINGSKAP
Hannes Ollewagen
Luk. 1:26-38
“En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.” (:31-35).
En Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. Ek het al baie oor hierdie woorde gewonder. Wanneer ons rondom ons kyk, lyk dit nie asof die koninkryk van die HERE in hierdie wêreld uitgebrei word nie. Inteendeel, dit lyk asof daar soveel aanslae en verleiding van wêreldse dinge is dat die aantal mense wat met die dinge van die HERE bemoeienis maak al minder word. In ons menslikheid raak ons seker met tye benoud dat die koninkryk van onse HERE tot niet sal gaan.