Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Sou U as regter handel o HEER, en gadeslaan die goddelose wandel van hierdie Afrikanervolk, ag, sou ons dan bestaan? Maar nee, daar is vergewing altyd by U gewees; So word U, HEER, met bewing reg kinderlik gevrees.
OORLOG MET SJINA ONVERMYDELIK? Deel I
Wat het verander in die VSA-Sjina-verhouding wat die twee lande nader aan oorlog bring?
Dit lyk asof niemand weet nie. Lesers wat ontwikkelinge in Sjina noukeurig volg, weet dat die verhoudings tussen die twee supermoondhede die laaste paar jaar al hoe meer gespanne geraak het. Maar terwyl die VSA 'n meer vyandige benadering tot Sjina geneem het, lyk dit asof niemand weet waarom nie. Was daar iets spesifiek wat Sjina gedoen het wat Washington kwaad gemaak en gelei het tot die instelling van ekonomiese sanksies, tegnologieblokkades en militêre provokasies in die Taiwanse Straat?
Nee, daar is geen aanduiding dat Sjina iets gedoen het nie. Wat verander het, was Washington se benadering tot Sjina. En Washington se benadering het baie vinnig en baie dramaties verander. Sjina het amper oornag van vriend tot vyand gegaan.
Hier is die rede:
1881: JOCHEM VAN BRUGGEN
KULTUURDAGBOEK 29 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jochem van Bruggen was vir baie jare een van die belangrikste en toonaangewendste prosaïste in Afrikaans. Daarom is onder andere die Hertzogprys vier maal aan hom toegeken. Hy is op hierdie dag in Nederland gebore en het op negejarige leeftyd saam met sy ouers na Suid-Afrika verhuis waar hy onder meer aan die Staatsgimnasium in Pretoria onderwys ontvang het.
KULTUUR- DAGBOEK
29 SEPTEMBER
1881: JOCHEM VAN BRUGGEN - meer hieroor in hoofberig.
1944: OPENING VAN DIE FAK SE VOLKSKONGRES OOR RASSEBELEID
1978: JOHN VORSTER WORD STAATSPRESIDENT – vir slegs agt maande voor hy die amp neerlê. Tevore, op 13 September 1966, is hy tot hoofleier gekies net na die moord op dr Verwoerd op 6 September 1966, en gevolglik Eerste Minister in Verwoerd se plek, soos dit reeds lank tevore deur ons volksvyande beplan is.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (11)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die hofsaak
Op 17 Oktober 1966, een en veertig dae nadat hy dr. Verwoerd in die Volksraad vermoor het, het Tsafendas in die Kaapstadse Hooggeregshof op ’n aanklag van moord op Suid-Afrika se Eerste Minister verskyn. Die oë van die ganse wêreld sou daardie volgende paar dae op Kaapstad gerig word. Vir Suid-Afrika self en sy mense was dit die belangrikste hofsaak wat nog in die land se regsgeskiedenis plaasgevind het.
1978: PW BOTHA WORD EERSTE MINISTER
KULTUURDAGBOEK 28 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Na 'n tydperk van verraad, moord op dr Verwoerd en talle politieke intriges sedert 1966, is PW Botha op hierdie dag as agtste Eerste Minister van Suid-Afrika in die plek van Johan Vorster gekies en het Blank Suid-Afrika al vinniger sy ondergaan genader.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (10)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die Polisie
As daar een vraag is wat alle ander aspekte van die moord op dr. Verwoerd oorheers, is dit die vraag of die beskerming van die Eerste Minister voldoende was. Was die maatreëls wat vir die veiligheid van die Eerste Minister getref is, te alle tye van so ’n aard dat dit die risiko van ’n aanval op sy lewe tot ’n absolute minimum beperk het?
Toe die eerste aanslag op 9 April 1960 in die Milnerparkarena in Johannesburg op die lewe van dr. Verwoerd gedoen is, is Suid-Afrika wreed wakker geruk uit sy illusie dat so iets nie in Suid- Afrika kan gebeur nie. David Beresford Pratt het met ’n pistool in sy sak tot ’n paar tree van dr. Verwoerd beweeg en die sneller in sy gesig afgetrek.
ONS SAL 'N 3e KEER OPSTAAN!
Waar ons volk te doen het met die derde maal wat ons ons vryheid verloor het, is dit sinvol om te kyk na die geskiedenis: wat sê die geskiedenis van die vorige twee gevalle waar ons ons vryheid verloor het? Die merkwaardige feit is dat ons tevore tweemaal ons vryheid verloor, maar dit ook reeds twee maal herwin het. Dit is waarskynlik die mees aktuele en betekenisvolle feit in hierdie saak. Ná die verlies van ons vryheid in 1877 het dit net vier jaar geduur tot 1881 toe die vryheid met die wapen herwin is by Amajoeba. Ná 1902 het dit 46 jaar geduur tot 1948, toe die Afrikaners die politieke mag oor Suid-Afrika verower het, en 60 jaar tot 1961, toe Suid-Afrika ‘n republiek geword en die Afrikaners se politieke beskikking oor die hele Suid-Afrika bevestig is.
Die geskiedenis hiervan is vir ons ter sake om meer as een rede. Die twee vrae is: waarom het Afrikaners die politieke vryheid herwin, en op watter wyse? Dit is die twee belangrikste sake wat ter sake is. Nou is die eenvoudige feit in verband hiermee dat die Afrikaners die politieke vryheid herwin het, omdat hulle van die begin af geweier het om die onderwerping te aanvaar. Hulle het nie berus in die onreg van die verowering nie. As daardie enkele besluit nie geneem was nie, sou daar in die rigting geen verdere gevolge uit voortgevloei het nie.
27 SEPTEMBER 1862: GENL LOUIS BOTHA
KULTUURDAGBOEK 27 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Dat hy 'n volksverraaier onder die invloed van Jan Smuts geword het, kon niemand later betwis nie, en staan sy naam vandag saam met Smuts bekend as die grootste verraaiers toe hulle volk hulle nodig gehad het!."
Louis Botha, een van 13 kinders wat na sy geboorte op hierdie dag, op die plaas Hartebeesvlakte naby Greytown in Natal gewoon het, het slegs 57 jaar oud geword. Treffende voorkoms met sy donker hare en potblou oë, was hy 'n vooruitstrewende boer en ywerige politikus.
As jong man het Botha in die Transvaalse politieke lewe betrokke geraak en in Pretoria, asook op sy spogplaas Waterval naby Vryheid, gewoon. Hy het gedurig sy kennis van boerdery aangevul en sou 'n baie welgestelde man word.
KOPDOEK CROUKAMP SE EFF
Dr Piet Croukamp word tog so graag deur die SAUK gebruik as politieke woordvoerder (mens kan verstaan waarom – Red). Hy is andermaal op 18 Augustus nadergetrek om te verduidelik waarom hy sê dat mense Malema se woorde en aksies verkeerd verstaan. Ons wonder wat is vir hom so onduidelik aan die woorde: “Kill the Farmer, Kill the Boer”? Verstaan hy dan nie wat bedoel word nie?
Sy argument is dat dit deel is van ’n “groter konteks” (soos hy elke onderwerp beskryf…), en dat dit nie op morele gronde bestry moet/kan word nie. Mens sou graag dat Croukamp verduidelik hoe hy dan morele gronde verstaan? Waarom is Malema se haatspraak nie vir hom ’n erge oortreding van alle moraliteit nie?
EGSKEIDING EN WEER TROU
In hierdie moderne tyd dink ons dat die Bybel se betekenis soos al die ander dinge verander het, maar dit is die een saak wat so vas soos 'n rots staan: die Bybel het vandag nog presies dieselfde betekenis as al die eeue. Met betrekking tot egskeiding sê Jesus vir sy dissipels: "Wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie". Ook dat die man en die vrou egbreuk pleeg wanneer hulle weer met iemand anders trou – lees Markus 10: 6 ...van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.
7 Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,
8 en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.
9 Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
10 En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.
11 En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ’n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;
12 en as ’n vrou van haar man skei en met ’n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
Die uitsondering waar God ‘n tweede huwelik toelaat is wanneer een huweliksmaat gesterf het; iets heeltemal buite die beheer van die mens. Nog dink mense niks daarvan om te skei en te trou nie. Daar word gesê dat drie uit vier huwelike deesdae in die skeihof land. Dit beteken driekwart van ons mense pleeg die sonde waaroor God ons in Markus 10 waarsku! Wie dínk ons ís ons om hierdie woorde van Jesus in die wind te strooi asof dit nie meer vandag op ons van toepassing is nie – wat maak óns geslagte so besonders dat óns los en vas mag trou en skei!
26 SEPTEMBER 1950: SASOL GEREGISTREER
KULTUURDAGBOEK 26 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Suid-Afrikaanse Steenkool, Olie- en Gaskorporasie Beperk, bekend as Sasol, is op 26 September 1950 as maatskappy geregistreer. Aangestel in die eerste direksie was FJ du Toit as voorsitter en PE Rousseau as besturende direkteur. Die geskikste plek vir die oprigting van die fabriek was die noordoostelike hoek van die Vrystaat, waar 'n groot steenkoolveld geleë is, en naby die Vaalrivier wat as waterbron dien. Die nabygeleë Witwatersrand as die land se belangrikste afsetgebied vir Sasol se produkte, was 'n verdere voordeel.
Konstruksie het geduur van 1951 tot 1955, en aan die einde van daardie jaar is die eerste "bloupomp" – of Sasolpetrol geproduseer.
25 SEPTEMBER 1857: EERSTE STAATSKOERANT IN ZAR
KULTUURDAGBOEK 25 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Een van die grootste sorge waarmee die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek in die wordingsjare te kampe gehad het, was die gebrek aan 'n eie drukpers. Reeds in 1851 het 'n sekere AJ Wagner voorgestel dat 'n drukpers in die Republiek opgerig word "ten einde de onregtvaardige en schandeleuze lasteringen hen door de Britsch Couranten ter laste gelegd, op eene regtvaardige wyze te verdedigen, en de waarheid hulde te doen" (Min of meer soos en waarom ons vandag die internet behoort te gebruik...)
IS SPOKE ‘N WERKLIKHEID?
Ds A.E. van den Berg
“Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Ef.6:12).
Is daar so ’n iets soos spoke? Dit hang af van wat presies met spoke bedoel word. As dit geestelike wesens sonder ʼn liggaam is, ja. Indien dit die geeste van afgestorwenes is, nee. Die Bybel sê baie duidelik dat daar so ʼn iets soos geestelike wesens is, goeies en slegtes. Dit wys egter die idee van die geeste van ontslape mense wie se gees op die aarde agterbly onomwonde af.
Sodra ʼn mens sterf, volg daar ʼn voorlopige oordeel. Jesus sê vir die misdadiger aan die kruis: “…Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk.23:43). Die paradys is die wagkamer na die hemel. Wie hul daarin bevind, ervaar groot vreugde omdat hulle ná die laaste oordeel saam met Jesus na die nuwe hemel en nuwe aarde (Nuwe Jerusalem) vertrek.
24 SEPTEMBER 1898: DR HANS VAN RENSBURG EN DIE OB
KULTUURDAGBOEK 24 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Johannes Frederick Janse van Rensburg is op hierdie dag gebore. Sy vader se deelname aan die Tweede Vryheidsoorlog, die nederlaag teen die Engelse en die bewuste verengelsingsbeleid daarna, het 'n belangrike rol in sy vormingsjare te Winburg gespeel. Sy loopbaan is gekenmerk deur buitengewoon vinnige bevordering – in 1930 het hy sy doktorsgraad in die regte behaal, en drie jaar later tot Sekretaris van Justisie bevorder. Dit was in hierdie hoedanigheid dat hy Duitsland besoek het, Hitler ontmoet het en sterk deur die Nasionaal-Sosialistiese ideologie beïndruk is.
ONS BRON VAN KRAG
Hannes Ollewagen
Fil. 4:10-23
“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (:13).
Ons het gedurende die afgelope paar dekades menigmaal die waarskuwingskrete teen die humanisme vanuit behoudende, Christelike oorde gehoor. Die verkeerdheid en gevaar van hierdie skewe lewensbeskouïng is van verskillende kante uitgewys. En dit is aanhoudend en herhalend gedoen juis om die erns hiervan te probeer beklemtoon. Ons is immers as gelowiges die verantwoordelikheid van waarskuwing en vermaning opgelê. “Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.” (Heb. 3:13).
Wanneer ons vandag sien hoe dinge in die samelewing gaan, bevestig dit vir ons dat hierdie vermaninge en waarskuwingskrete nie vir een oomblik ongegrond was nie. En dat dit nie vir een oomblik oordrewe was nie. Die absolute selfsug en selfgesentreerdheid wat só ’n groot deel van die samelewing in ’n wurggreep het, is die logiese gevolg van so ’n skewe lewensbeskouïng waarin die mens sentraal en absoluut verhewe geplaas word.
23 SEPTEMBER 1869: GENL CF BEYERS, REGSMAN TOT QUERRILLA-VEGTER
KULTUURDAGBOEK 23 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Christiaan Frederik Beyers is op hierdie dag op Banhoek, Stellenbosch, gebore en het ook skool- en tersiêre onderrig op Stellenbosch ondergaan voordat hy met sy eie prokureurspraktyk op Boksburg begin het.
As kryger in die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 tot 1902 trek hy met sy onverskrokkenheid en kragtige persoonlikheid gou die aandag van kmdt-genl Louis Botha en word hy op 3 September 1900 as assistent-generaal in die distrikte Waterberg en Soutpansberg aangestel. Hy onderskei hom in die querrilla-taktiek.
STAAN DAN OP!
As ons wonder hoe die' Nuwe Suid-Afrika' met sy Afrikatyd onder die ANC gaan eindig? Die BYBEL maak sulke situasies duidelik: "Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande vou om te rus; dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos 'n gewapende man." – Spreuke 33-34. Die rugbystadions gaan nog propvol Afrikaners sit wanneer ons “armoede” nie aangeloop kom nie, maar op ons neerdonder soos ‘n bliksemstraal!
1941: VOORBRAND TABAK- MAATSKAPPY GESTIG
KULTUURDAGBOEK 22 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die oprigting van die Voorbrand Tabakmaatskappy (Edms) Bpk, was 'n gebeurtenis wat die Afrikaners verheug het. Hulle eerste fabriek is in Johannesburg in Commissionerstraat 200, opgerig.
Voorbrand Tabakmaatskappy was die voorloper van die Rembrandt Tabakmaatskappy wat later wêreldwyd bekend geword het.
In 'n artikel wat die oprigting van die fabriek bekend gestel het, is onder meer geskryf: "Hierdie maatskappy funksioneer met Afrikaanse kapitaal, staan onder Afrikaanse bestuur en maak gebruik van Afrikaanse arbeid."
VERRAAIERS SE TYD WORD KORT...
Seker een van die heel grootste redes waarom ons volk en land in hierdie vervalle toestand is, word reeds in die Ou Testament van die Bybel genoem. Die Here waarsku daar teen die vals profete wat leuens verkondig en hoe kwaad dit die volk doen. Was dit nie vir al die leuens vanaf preekstoele nie, het die Afrikanervolk (wat hulle ore al te vinnig uitleen vir die leuen) heel moontlik vandag nie onder 'n korrupte en onvermoënde swart regime gekwyn nie. U weet, wanneer 'n mens sy bekende vyand sien, weet hy dis sy vyand en handel hy daarvolgens. Maar wanneer sy eie volksgenote sy vyand word, wil hy dit nie glo nie; dit lyk dan nie soos 'n vyand nie – daarby het die Afrikaner 'n vernietigende verdraagsaamheid wat besig is om sy ondergang te bewerkstellig.
Lees wat die Here in Jeremia sê: " ... Ek het dit teen die profete wat my woorde steel... wat leuenagtige drome profeteer, dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en grootpratery terwyl Ek hulle nie gestuur het nie... en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie..." – Jeremia 23.
Laat ons ophou om agter die meerderheid te skuil; word 'n denker, iemand wat 'n saak deeglik deursoek na die waarheid, iemand wat nie huiwer om die leuen en veral die leuenaar aan te spreek en selfs te vernietig nie! Ons durf geen verdraagsaamheid teen die verraaiers in ons volk toon nie. Ons werklike vyande is in volgorde: Satan, volksverraaiers, en heel laaste die onnosele regime. Hulle sou nie vandag daar gewees het as dit nie was dat ons uitverkoop is deur mense wat ons kleur is, ons taal praat en ons belieg het nie.
Bid dat God ons sal vergewe omdat ons hierdie pragtige land sonder 'n druppel bloed weggegee het. Pleit dat Hy ons nog een kans sal gee om te bewys dat ons hierdie land waardig is; dat ons dit met Hom alleen aan die stuur vanaf ons knieë kan rein hou, en dat ons bereid is om wanneer Hy ons land kom reinig van al die afgode, dit weer op te bou tot die christenland wat dit eens was – alles daarvan tot eer van sy heilige Naam!
1899: LAASTE SITTING VAN VRYSTAATSE VOLKSRAAD
KULTUURDAGBOEK 21 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Reeds na die mislukte Bloemfontein-konferensie tussen pres Kruger en lord Milner in Junie 1899 was daar net een woord op almal se lippe: OORLOG!
Toe die Volksraadslede dus op 21 September die Raadsaal in Pres. Brandstraat binnestap, was daar nie een wat nie die erns van die oomblik besef het nie. Vir almal was dit duidelik dat slegs 'n wonderwerk die oorlog sou kan afweer.