Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe gebeur dit dat ’n mens die Bybel as God se Woord aanvaar en nie maar as ’n wonderlike boek deur goeie mense geskryf nie? Dit is die Heilige Gees wat in jou werk en jou oortuig dat jy hier nie met ’n gewone boek te doene het nie. Dit sluit egter nie die verstand uit nie. Die aanvaarding van die Bybel as God se Woord, is ook ’n verstandelike aanname, ’n deurdagte besluit.
ONS SAL NIE GEHEEL EN AL STERF NIE!
CHRISTAAN DE WET:
Non omnis moriar!
"Alhoewel ons vandag onder 'n vreemde vlag verkeer wat ons nie kan liefkry nie, moet ons altyd daaraan dink hoeveel jare Israel 'n verdrukte volk was. God het vir hulle 'n Rooi See gehad, en dit was hulle redding. Ons volk is vandag ook opweg na 'n Rooi See... wat ook in twee sal oopgaan om ons in staat te stel om daardie vryheid tegemoet te gaan." - Christiaan Rudolph de Wet, 7 Oktober 1854, sy geboortedag.
Hierdie woorde van genl De Wet kan net sowel vandag weer aan dieselfde volk gesê word want daar is reuse storms aan die opwel binne die see waar hierdie volk tans verkeer en dit kan sy einde beteken, maar daar waai ook 'n bries oor ons wat verklik van die Genade wat hierdie volk sal ontvang midde in die nood wanneer ook sý Rooi See in twee sal skei om vir hom 'n pad na vryheid te baan.
KULTUUR- DAGBOEK 7 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 7 OKTOBER 1854: CHRISTIAAN RUDOLP DE WET -lees meer in hoofartikel.
2. 7 OKTOBER 1999: Dimitrio Tsafendas, tydelike bode in die Volksraad wat op 6 September 1966 die Suid-Afrikaanse premier, dr Hendrik Frensch Verwoerd met 'n dolk doodgesteek het, is op hierdie dag in 1999 op 81-jarige leeftyd in die Sterkfonteininrigting vir sielsiekes by Krugersdorp in Transvaal oorlede.
1955: INSTELLING VAN FAK-EREPENNING
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 6 OKTOBER
Die Erepenning vir Volksdiens, die FAK se hoogste eretoekenning , is op hierdie dag ingestel op grond van 'n besluit van die Afrikaanse Nasionale Kultuurraad, wat in daardie jare in die FAK-struktuur besluite van die aard kon neem.
Met die Erepenning het die FAK op waardige wyse waardering en erkentlikheid teenoor mense of liggame wat "verdienstelike werk op die gebied van kultuurorganisasise en praktiese volksdiens gelewer het" betoon.
VYF WOLWE EN EEN SKAAP
ʼn EIETYDSE FRANKENSTEIN-ERVARING
Ds. A.E van den Berg
Frankenstein is ʼn bekende roman wat in 1818 deur die skryfster Mary Shelley geskryf is. Dit vertel van Victor Frankenstein, ʼn jong wetenskaplike, wat met ʼn onortodokse proefneming lewe probeer skep het. Die eindproduk was ʼn monster vir wie hy spoedig vir sy lewe moes vlug.
Dit het ook op staatkundige gebied gebeur dat mense vir die produk van hul eie handewerk moes vlug. Baie mense het bv. geglo dat verteenwoordigende regering die towerwoord vir ʼn utopiese bestaan aan die suidpunt van Afrika sou wees en het soos Victor Frankenstein hul met hart en siel daarvoor beywer.
Groot was die opgewondenheid toe ʼn oudgevangene in 1994 as president van ʼn sg. demokraties verkose Suid-Afrika aangewys is. Ongelukkig het die skip van vryheid wat die hawe met hom agter die stuur verlaat het, buitekant die hawe op die rotse geloop – gatkant eerste!
1844: PRES FW REITZ
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 5 OKTOBER
Dit was hierdie talentvolle Swellendammer, op hierdie dag gebore, beskore om sy volk in 'n groter verskeidenheid van hoë ampte in die openbare lewe te dien as enige ander Suid-Afrikaner: regsgeleerde in die Kaapkolonie in 1868 – 1874; eerste hoofregter in 1874 – 1888; en vyfde Staatspresident in 1889 – 1895 van die OVS Republiek; regter en staatsekretaris van die ZAR in 1998 – 1902, en President van die eerste Senaat in 1910 – 1920 na die Uniewording.
Ook as kultuurleier het hy onskatbare dienste gelewer. Reeds in 1870 begin hy met "Kaapsch-Hollandsch" eksperimenteer en lewer hy sy eerste bydraes in 'n taal wat tydens sy eie lewe tot volkstaal sou ontwikkel. In 1888 verskyn sy Twee en Sestig uitgesogte Afrikaanse gedigte wat sterk weerklank by die volk gevind het as gevolg van die gemoedelike volkshumor wat daarin weergegee word.
1960: REFERENDUM OOR REPUBLIEK- WORDING
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 5 OKTOBER
"Kort daarna op 9 April 1960, is 'n sluipmoordaanval op dr Verwoerd gedoen maar hy het wonderbaarlik herstel en die stryd om 'n republiek voortgesit."
Die Naionale Party het in 1936 vir die eerste keer in sy program van beginsels voorsiening gemaak vir die beliggaming van die republikeinse ideaal en daardeur 'n republikeinse party geword. Hierdie party het in 1948 aan bewind gekom.
Die status van die Unie het onder die agtereenvolgende leiding van dr DF Malan, adv JG Strijdom en dr HF Verwoerd tussen 1948 en 1960 stelselmatig in die rigting van 'n republiek verander. Teen 1960 was al die belangrikste simbole van 'n komende republiek reeds ingevoer, en is die grondslag gelê vir één trou aan Suid-Afrika, één burgerskap, één vlag en één volkslied.
Op 20 Januarie 1960 het dr Verwoerd in die Volksraad aangekondig dat daar 'n referendum oor die verkryging van die Republiek van Suid-Afrika gehou sal word.
ANALISE VAN COVID-INSPUITING- BESERINGS EN DOOD
Dr. Anita Baxas
In 'n ontleding verduidelik dr. Anita Baxas, die veelvuldige beserings en sterftes as gevolg van covid-inspuitings wêreldwyd. Na raming het 20 miljoen mense gesterf en nog 2 miljard is beseer wêreldwyd. En dit na slegs 2½ jaar van die gedwonge vals en dodelike covid-inspuitings.
Dr. Baxas redeneer dat piekproteïen, soos enige proteïen vreemd aan die liggaam, die immuunstelsel teenliggaampies daarteen kan laat opbou. Dit kan die skade aan selle verklaar en uiteindelik die weefsels wat hulle vorm, soos die binneste voering van bloedvate, hartspiere, niere, eierstokke, testes en basies enige orgaan wat die piekproteïen bevat.
Dit kan ook inflammasie, miokarditis, vaskulêre komplikasies soos hartaanvalle, beroertes, breinmis, pulmonêre embolisme, skielike verlies van visie, gehoor, ledemaatamputasies tot erektiele disfunksie verklaar – en vele meer siektes wat nie direk met die covid-inspuitings verband hou nie, maar indirek dmv immuungebreke wat deur die inspuitings veroorsaak word.
Uiteindelik kan dit outo-immuun-siektesimptome en 'n verhoogde immuunrespons veroorsaak, wat die immuunstelsel uitput, wat lei tot immuungebrek.
1875: GUSTAV PRELLER, GESKIED- SKRYWER VAN AFRIKANER
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 4 OKTOBER
Gustav Schoeman Preller kan met reg die nasionale geskiedskrywer van die Afrikaner genoem word alhoewel hy geen wetenskaplike geskiedskrywer was nie maar hom as uitmuntende taalgebruiker en stilis in sy historiese werke openbaar het. Hy het op patriotiese wyse sy volk bewus gemaak van hulle geskiedenis.
Hy is op hierdie dag in Pretoria gebore en was van moederskant 'n agterkleinkind van die Voortrekker, kmdt-genl Stephanus Schoeman. Hy was getroud met Johanna Christina Pretorius, agterkleindogter van Piet Retief.
WAT DIE KABAAL IN 2024 VIR ONS BEPLAN
By die skakel hierbo kan u 'n omvattende uittreksel hoor en sien uit 'n onderhoud wat met die bekende, bejaarde en steeds aktiewe skrywer Michel Chossudovsky, gevoer word oor wat die globaliste vir die wêreld in 2024 beplan. Dat hulle ons permanent wil toesluit en dwing om elke "inenting" te neem, is 'n feit. Hoe hulle dit in die praktyk gaan regkry sal ons nog moet sien, maar hulle het voorberei om tot die uiterste te gaan deur middel van regerings wat druk op elke volk en nasie moet uitoefen. Daarom kan ons verwag dat daar 'n vorm van wetgewing sal kom wat mense vreesagtig sal maak - moet asseblief nie hiervoor val nie, ons het die mag solank ons nie bang is en met die vyand saamwerk nie - en diegene wat jou menseregte bedreig deur jou te wil toesluit en dwing om gif in jou lyf te spuit, is jou vyand, wat geen wetlike reg het om dit te doen nie - kom ons beveg hulle met alles wat ons het, solank ons saamstaan!!
Hulle beoog ook om elkeen wat wel die volgende inspuitings ontvang, op hul digitale stelsel te plaas en so beheer te neem van jou banksake en alle besittings. Moenie, asseblief, moenie vir die nuutste foefie val nie, dit sal jou lewe totaal oorneem/verwoes - jy sal niks besit nie as hulle hul sin kry! Kom ons bestry die sataniese pogings hierdie keer met hand en tand, en veral met God aan ons kant, dan SAL ONS OORWIN!!
KULTUUR- DAGBOEK 3 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1953: DIE INTERNASIONALE TERMINUS VAN DIE JAN SMUTS-LUGHAWE IN JOHANNESBURG IS DEUR BEN SCHOEMAN, MINISTER VAN VERVOER, GEOPEN.
2.1939: AANVANG VAN EKONOMIESE VOLKSKONGRES
1939: AANVANG VAN EKONOMIESE VOLKSKONGRES
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 3 OKTOBER
Een van die eerste en dringendste vraagstukke waarmee die FAK sedert sy stigting gekonfronteer is, was die betreurenswaardige ekonomiese toestand waarin die Afrikanervolk sedert die vroegste depressietyd verkeer het. Weer kan ons 'n regverdigbare vergelyking maak tussen ons huidige haglike ekonomiese situasie en 1939. Net soos nou was in daardie jare die ekonomiese opheffing van die Afirkaner nie slegs van wesenlike politieke belang nie maar het ook direk met armblanke-vraagstukke verband gehou.
OORLOG MET SJINA ONVERMYDELIK? Deel III (SLOT)
So, wanneer het dit by ons buitelandse beleidsgenieë opgekom dat die aanhitsing om Sjina se groei te stimuleer uiteindelik Amerikaanse vooruitsigte vir die toekoms kon benadeel?
Dit lyk of iewers rondom 2017 die elite-konsensus wat betrokkenheid ondersteun het, uitmekaar begin val het namate meer en meer mense bewus geword het van die beleid se tekortkominge. Kyk na hierdie opmerkings deur die Financial Times se mederedakteur Martin Wolf wat verduidelik hoe vinnig Westerse elites teen Sjina gedraai het.
Wat gebeur het is dat Westerse beleidmakers en bowenal Amerikaanse beleidmakers besluit het dat die opkoms van Sjina 'n groot strategiese bedreiging is. En dit het verskeie dimensies. Een hiervan is dat links van die middel tot die siening gekom het dat "Wel, hulle gaan nooit 'n demokrasie word soos ons gedink het hulle sou nie, en dit is problematies. Ons hou nie daarvan nie." Maar die groter element – wat die siening van die strategiese gemeenskap en nogal ’n groot deel van die korporatiewe gemeenskap is – is dat “Hierdie mense (Sjina) ’n ernstige bedreiging is. Hulle het ontsaglike hulpbronne, die opbou van verdediging is redelik aansienlik, en hulle is tegnologies vooruit in sommige baie belangrike gebiede, en ons is heeltemal te afhanklik van hulle ...” Hulle sien die interafhanklikheid van Sjina as skrikwekkend, en hierdie paranoia het nou 'n dominante element in Amerikaanse denke geword ... En dit het baie vinnig en wyd oor die hele linie in Amerika verskuif, hoewel ons dit nou ook in Europa sien. 'n Referaat is onlangs deur die Duitse Nywerheidskonfederasie vrygestel wat basies gesê het: "Jy ken die Sjinese tegnologiebeleid; dit is ’n bedreiging vir Duitsland.”
1934: VOLKSKONGRES OOR ARMBLANKE- VRAAGSTUK
KULTUURDAGBOEK 2 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Vandag is die blanke nie meer in die posisie om beheer te neem oor volksvernietigende toestande nie te midde daarvan dat die armblanke-situasie erger is as wat dit in daardie jare was, ook met die verskil dat die vyandige regime die armoede van die blanke bewerk het met die doel om die witman te elimineer en dit daarom nie aan die groot klok hang nie – daar bestaan dus nie 'n nasionale bewustheid van die omvang van hierdie grootse blanke-armoede wat tans in Suid-Afrika heers nie.
Die gedagte aan 'n volkskongres oor die armblanke-vraagstuk was die direkte gevolg van die Carnegie-verslag van 1932, wat hierdie omvangryke en dringende landsvraagstuk ondersoek het.
KULTUUR- DAGBOEK 2 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1934: VOLKSKONGRES OOR ARMBLANKE- VRAAGSTUK
2. 1925: 1e UITGAWE VAN 'DIE VOLKSBLAD'
3. 1857: PRES MARTHINUS THEUNIS STEYN, BOER, ADVOKAAT, EN LAASTE STAATSPRESIDENT VAN DIE REPUBLIEK VAN DIE ORANJE-VRIJSTAAT, IS OP DIE PLAAS RIETFONTEIN IN DIE WINBURG-DISTRIK GEBORE
1925: 1e UITGAWE VAN 'DIE VOLKSBLAD'
KULTUURDAGBOEK 2 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Volksblad is die oudste onder ons Afrikaanse koerante. Glo dit as u wil, dit was op 'n tyd 'n suiwer Afrikanerblad wat die volk op alle terreine gedien het.
Sy geskiedenis strek terug to 18 November 1904 toe 'n weekblad Hes Westen op Potchefstroom verskyn het. Die eienaar en stigter was 'n banneling van St Helena, Hendrik de Graaff. Hy het daarna gestreef om 'n verarmde en ontredderde volk tot "politieke aktiwiteite en nasionale bewussyn" aan te spoor.
KLATERGOUD-GODSDIENS
Ds A.E. van den Berg
“Beproef alle dinge; behou die goeie. Onthou julle van elke vorm van kwaad”(1 Thess.5:21,22).
Klatergoud is 'n element wat na egte goud lyk, maar in werklikheid waardeloos is. Die woord word meestal in simboliese taal vir iets gebruik wat goed lyk maar nie is nie. Dis ook van godsdiens waar. 1 Thess.5 roep gelowiges tot ʼn aktiewe Bybelse onderskeiding op; iets wat vandag meer as ooit tevore nodig is.
Duisende van ons volksgenote verlaat die waarheid vir die leuen omdat hulle die Bybel nie ken en nie tussen die twee kan onderskei nie. Die Bybel roep gelowiges op om duidelik te onderskei: “Onthou julle van elke vorm van kwaad”. Dis net moontlik as jy die Bybel ernstig bestudeer en op grond van die kennis wat jy daaruit opdoen, tussen eg en vals onderskei.
Toe James Marshall in 1848 goud in Kalifornië ontdek het, is duisende mense daarheen om ʼn fortuin te probeer maak. Talle het egter gou besef dat alles wat na goud lyk nie goud is nie want in rivierlope en groewe was daar ook yster-piriet (klatergoud) wat waardeloos is.
1937: 'DIE TRANSVALER' VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 1 OKTOBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het die eerste uitgawe van Die Transvaler in sy eie gebou in Hoekstraat 18, Johannesburg, verskyn.
Die stigting van die maatskappy Voortrekkerpers op 23 April 1936 en die koerant was 'n nuwe onderneming met die doel om 'n spreekbuis vir die Nasionale Afrikaners en meer bepaald vir die Nasionale Party van Transvaal te verskaf. Die politieke samesmelting van 1934 het die voortgesette Nasionale Party van Transvaal baie verswak, en dit moes feitlik van nuuts af herbou word. Daarvoor was 'n dagblad nodig.
TYD IS KOSBAAR
Hannes Ollewagen
Efés. 5:1-21
“Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.” (:15&16).
Hierdie opdrag uit Efésiërs is beslis iets waaroor elkeen van ons behoort te besin – “Koop die tyd uit.” Hierdie selfde opdrag word ook in Kol. 4:5 herhaal. “Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.” Hierdie is veral relevant en belangrik in ons tyd waar daar soveel dinge is wat so maklik van ons aandag en tyd besit neem. Daar is allerhande sport en vermaak wat so bekoorlik en aanloklik is, maar hoeveel daarvan is regtig tot ons heil?
Ek merk ’n skadelike ding in ons samelewing op wat oor die afgelope paar jare posgevat het – ons “leef vir naweke”. Daar is natuurlik nie fout daarmee om na ’n week se harde werk en inspanning daarna uit te sien om ’n blaaskans te neem en ’n bietjie uit te span nie. Tewens, God het vir die mens een dag van die week daargestel om van ons arbeid te rus omdat ons dit nodig het.
1931: STIGTING VOORTREKKERS
KULTUURDAGBOEK 30 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Uit die aansporingswoorde van genl Hertzog dat 'hierdie vereniging nie 'n mislukking mag wees nie' is die Voortrekkers uitgebou tot 'n sterk rigtinggewende en vormende Afrikanerjeugorganisasie wat waarlik 'koers gehou' het op die Christelik-nasionale pad van die Afrikaner totdat die swart kommunistiese regime die land in 1994 onwettig bekom het, skole van hul Christelik-nasionale karakter gestroop het, en daarmee saam elke beweging wat deur skole beoefen is deur middel van rasse-integrasie vervreem het van sy volkseie voorkoms."
Reeds in 1913 het dr CF Visser, wat die erenaam 'Vader van die Voortrekkers' ontvang het, die gebrek aan 'n organisasie vir die Afrikanerkind besef. Hy het egter weens die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog en die uitwerking daarvan op Suid-Afrika eers in 1918 uitvoering aan hierdie ideaal gegee toe hy 'n konferensie in Bloemfontein gereël het met die oog op die stigting van die Voortrekkers. Hy het toe reeds daadwerklike steun van die Oranje-Vrouevereniging ontvang.
OORLOG MET SJINA ONVERMYDELIK? Deel II
Hier volg 'n bietjie meer agtergrond van die buitelandse beleidskenner in die VSA, John Mearsheimer, oor wat tussen die VSA en Sjina plaasgevind het wat die verhouding versuur het:
“Tydens die Koue Oorlog en onder die beleid van president Nixon het die VSA besluit om Sjina te betrek en 'n kwasi-alliansie met Sjina teen die Sowjetunie te vorm. Dit het by uitstek goeie sin gemaak. En Nixon was reg om die Sjinese ekonomie te help groei, want hoe kragtiger Sjina geword het, hoe doeltreffender was dit as 'n afskrikvennoot teen die Sowjetunie. Maar toe die Koue Oorlog egter in 1989 geëindig en die Sowjetunie in 1991 in duie gestort het, het die VSA Sjina nie meer nodig gehad om die Sowjetunie te help inperk nie.
“Wat dwaas van die VSA was, was om 'n beleid van betrokkenheid na te streef, wat uitdruklik ontwerp is om Sjina te help om ekonomies kragtiger te groei. Natuurlik, soos wat Sjina ekonomies gegroei het, het dit daardie ekonomiese mag in militêre mag verander, en die VSA, as gevolg van hierdie dwase beleid van betrokkenheid, het gehelp om 'n eweknie-mededinger te skep.