Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe duidelik waarsku Petrus nie oor die spotters wat ons vandag in ons geledere sien nie! In II Petrus 3 sê hy "Dit moet julle weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel." Ons sien daagliks hoe mense die Bybelse waarhede misbruik om hul eie ongeloof te regverdig en twyfel by ander te saai. Maar God het ons ook 'n skild gegee waarmee ons onsself kan beveilig hierteen naamlik om te bly leef in alle godsvrug en heiligheid om so gereed te wees vir die Wederkoms van die Here.
1840: POTCH, WINBURG EN NATALSE REPUBLIEK VERENIG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 16 OKTOBER
Die staatkundige oogmerk van die Groot Trek was om iewers buite die toenmalige Kaapkolonie 'n verenigde Voortrekkerstaat in die lewe te roep. Deurgaans is aan 'n enkele staat gedink, en daarom is ooreengekom dat Trekkergroepe ten noorde van die Oranjerivier bymekaar sou kom waar dan oor die toekoms besluit sou word.
Toe Potgieter en Maritz kort na mekaar in 1836 in die omgewing van Winburg aankom, is die eerste Voortrekkerbestuur op 2 Desember 1836 ingestel – op 'n tydstip toe oor die eindbestemming van die Trek nog geen duidelikheid bestaan het nie. Toe Retief hom in April 1837, en kort daarna ook Uys en sy mense, hulle by die Trekkers aangesluit het, het die kwessie van 'n eindbestemming belangrik geword, en daaroor was daar geen eenstemmigheid nie.
OPSTANDING VAN DIE VLEES
Ds A.E. van den Berg
“Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste” (Fil.1:23).
Toe Paulus hierdie woorde geskryf het, het hy reeds vermoed dat hy tereggestel gaan word. Desondanks was hy nie bang of swaarmoedig nie omdat die dood geen vrees vir gelowiges inhou nie. Paulus sê selfs: “Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins”. Met wins bedoel hy dat die dood ʼn gelowige in ʼn beter posisie plaas in vergelyking met sy aardse lewe. In 1 Kor.15:55 praat hy van die angel wat uit die dood geneem is en dus nie meer gevaarlik is nie.
In die teksvers sê Paulus: “...ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees”. Hy praat nie van doodgaan nie, maar eerder van ʼn adresverandering en gee selfs die adres waarheen hy gaan – na Christus. In Luk23:43 sê Jesus vir ʼn sterwende misdadiger: “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees”.
1960: REPUBLIKEINSE DANKFEES
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 15 OKTOBER
Suid-Afrika het op 5 Oktober 1960 met 'n meerderheid van 74 580 stemme ten gunste van 'n republiek gestem, en twee dae later is die FAK gevra om 'n Republikeinse dankfees te reël. Die FAK het ingestem en binne 'n week 'n dankbare skare van 70 000 in die Amfiteater van die Voortrekkermonument byeengebring.
Die fees het uit twee dele bestaan. Presies om drie-uur die middag het die Eerste Minister, dr HF Verwoerd, lede van sy kabinet, die vier administrateurs en die Uitvoerende Komitee van die FAK in die Sarkofaagsaal van die monument hulde gebring aan die leiers van die Afrikanervolk op die pad na Republiekwording. Van daar af het hulle na die Amfiteater gegaan vir die tweede deel van die feesprogram.
VERDELINGSLYNE IN AFRIKANERLAND (2)
TAFELGESPREK
Die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. )
Groep 1: Afrikaners met ’n moderne, staatlik-grondwetlike perspektief
Hierdie groep Afrikaners kan beskryf word aan die hand van die volgende:
1. Afrikaners met ’n moderne, staatlik-grondwetlike perspektief aanvaar die nuwe Suid-Afrika as ’n voldonge feit, dit is die “realiteit” waarin hulle besluit het om te leef.
2. In die algemeen word die oorgang na ’n sogenaamde “demokratiese Suid-Afrika” in 1990-1996 deur hierdie Afrikaners positief waardeer.
3. Aanvanklik is die grondwet as ’n werkbare oplossing ondersteun, terwyl kritiek teen die aanvaarde 1996-grondwet gaandeweg by sommiges sterk toegeneem het. Vandag word die 1996-grondwet allerweë met skeptisisme bejeën, hoewel besware op verskillende wyses en om verskillende redes geartikuleer word.
1818: MARTHINUS OOSTHUIZEN, VOORTREKKER- HELD
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 14 OKTOBER
Min van ons hedendaagse jeug dra kennis van die dapper daad van Marthinus Jacobus Oosthuizen, 'n Voortrekkerheld wat met 'n voorraad ammunisie deur 'n Zoeloe-hinderlaag gebreek het om klomp Voortrekkerfamilies te red. Hy is op hierdie dag op Olifantshoek aan die Boesmansrivier, Uitenhage, gebore, en ons vertel graag van sy heldedaad.
In April 1837 het hy as seun van die Voortrekker Marthinus Oosthuizen sr, met Pieter Retief na Natal getrek en by Doornkop, naby die latere Chieveley, uitgespan. Marthinus sr is saam met Retief en die ander onderhandelaars na Dingaan waar hulle op 6 Februarie 1838 by Mgungundlovu wreedaardig deur die Zoeloes vermoor is.
VERDELINGSLYNE IN AFRIKANERLAND (1)
TAFELGESPREK
Die Instituut vir Kultuur en Geskiedenis (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. )
Vanaf die sestigerjare het die liberale media graag die spot gedryf met kongresse waar Afrikaneridentiteit of die toekoms van die Afrikanervolk ter sprake was. Vandag vind daar nie meer sulke kongresse plaas nie, behalwe by hoë uitsondering; en daar is byna geen mediadekking daarvoor nie. Dit is byna of mens stemme in een koor hoor sê: Wie stel belang in die toekoms van die Afrikanervolk? Sulke gesprekke gebeur tog wel in kleinerige groepies waar die teenwoordigers hulself swak voel, en nie regtig weet watter vrae om aan die orde te stel nie. Kundigheid om sulke besprekings te lei ontbreek gewoonlik, en die afwesigheidskoers van “belanghebbendes” of “rolspelers” is boonop besonder hoog. Dit is alles die gevolg van die afbreek van ons volksgevoel sedert die 1960’s, en veral weens die vernietiging van Afrikanernasionalisme. Die woord Afrikanernasionalisme is dan ook byna heeltemal uit ons woordeskat uitgeskryf. In hierdie bespreking wat as ’n verkennende gesprek beskou moet word, kyk ons na die breë toneel van ons volkslewe; en ons vra: Waar staan Afrikaners vandag in die politieke- en kulturele stryd?
1867: 1e DIAMANT IN SA GEVIND
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 13 OKTOBER
Die kinders van die Jacobs-familie van die plaas De Kalk in die omgewing van die latere Hopetown, het met 'n eienaardige klippie gespeel toe 'n boer, Schalk van Niekerk, dit opmerk en vermoed het dat dit 'n diamant is. 'n Verbygaande handelaar, Johan O'Reilly, het dit ondersoek waarna dit geblyk het 'n damant van 21.25 karaat te wees – die eerste wat in Suid-Afrika gevind is.
Verdere ontwikkelings het tot 'n algehele ekonomiese omwenteling in Suid-Afrika aanleiding gegee. Die diamantdraende gebied het die westelike deel van die Vystaatse Republiek uitgemaak, maar soos verwag kon word van die rowende Brittanje het sir Henry Barkly, die Britse Goewerneur en Hoë Kommissaris in Suid-Afrika, dit skaamteloos as deel van die Kaapkolonie opgeëis.
POETIN OOR HAMAS, ISRAEL
“Die lot van die Palestynse mense kan nie buite rekening gelaat word nie”, het die Russiese president Vladimir Poetin Woensdag aan die Russiese Energieweek-forum in Moskou gesê, 'n dag ná sy samesprekings met die Irakse premier Mohammed Shia' Al Sudani. “Moslems in die Midde-Ooste en elders beskou dit wat die Palestyne jare lank verduur het as 'n growwe onreg wat ongelooflik vererger is.”
Die Russiese president het gesê dat 'n Palestynse staat saam met die staat Israel in 1948 geskep moes word, maar dat dit nooit gebeur het nie. "Die Palestynse probleem is in die hart van elke persoon [in die Midde-Ooste] en elke persoon wat Islam praktiseer."
Sy woorde het gekom te midde van die voortdurende konflik rondom die Gaza-strook. 'n Nuwe konflik het egter uitgebreek nadat die Gaza-gebaseerde militante groep Hamas 'n massiewe aanval op Israel geloods en meer as 1 000 mense gesterf het, meestal burgerlikes. Wes-Jerusalem het gereageer met 'n massiewe bombardement teen Gasa, wat die lewens van meer as 800 mense geëis het, volgens die plaaslike gesondheidsbeamptes.
VOLKSMOORD OP DIE PALESTYNE...
...EN HAMAS
Gaza behoort aan Palestina. Palestyne regdeur die Wesoewer, Oos-Jerusalem en Gaza het in hul 2006-verkiesing vir Hamas-leierskap gestem vanweë sy reputasie vir eerlikheid en sy oproep vir internasionale reg as 'n basis vir regverdige vrede. Israel het Hamas dadelik as 'n "terroristiese" entiteit bestempel ten spyte van die feit dat Hamas probeer het om die internasionale reg baie nouer te volg as wat Israel ooit gedoen het.
Wat is Hamas? Hamas, 'n Islamitiese organisasie met 'n militêre vleuel, het die eerste keer in 1987 tot stand gekom. Dit was 'n uitvloeisel van die Moslem Broederskap, 'n Soennitiese Islamitiese groep wat in die laat 1920's in Egipte gestig is.
Die woord "Hamas" is 'n akroniem vir "Harakat Al-Muqawama Al-Islamiyya" – Arabies vir Islamitiese Weerstandsbeweging. Dié groep, soos die meeste Palestynse faksies en politieke partye, beweer dat Israel 'n besettingsmoondheid is en dat Hamas probeer om die Palestynse gebiede te bevry.
1908: UNIFIKASIE- KONGRES IN DURBAN
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 12 OKTOBER
Op hierdie dag, presies nege jaar nadat die eerste skoot tussen Boer en Brit in die Tweede Vryheidsoorlog geval het, het afgevaardigdes van die vier Britse kolonies in Suid-Afrika en van Rhodesië in Durban vergader om politieke eenwording te bespreek.
Dit was die eerste sitting van die Nasionale Konvensie wat onder voorsitterskap van sir Henry de Villiers tot 5 November byeen was in wat later die Durbanse poskantoor geword het.
1899: EERSTE SKOOT VAN 2e VRYHEIDS- OORLOG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 12 OKTOBER
Die heel eerste skoot van die Tweede Vryheidsoorlog is op hierdie dag om ongeveer 22:45 uit die Mauser van veldkornet Coetzee by Kraaipanstasie gevuur nadat 'n spoorstaaf tussen Mafeking en die stasie verwyder is. 'n Lokomotief van die Engelse magte het vroeër die aand daar ontspoor terwyl die Mosquito met twee kanonne wat hy op Vryburg gaan haal het, die lokomotief gevolg het.
Die gepantserde trein, die Mosquito, het tot teenaan die ontspoorde lokomotief gery waarop lt Elliot opdrag gegee het dat sy soldate die spoor moet herstel. Veldkornet Coetzee het die Engelse genoeg kans gebied om met hulle rooi lanterntjies onder die ontspoorde lokomotief in te klim en toe die eerste skoot van die oorlog geskiet.
DIE STOCKHOLM-VERRAAIERS
Almal het seker al van die Stockholm-sindroom gehoor, maar laat ons net weer duidelikheid daaroor kry. Die Stockholm-sindroom is ʼn sielkundige verskynsel wat ontstaan wanneer mense hulle só met hul vyand vereenselwig, dat hulle dié selfs verdedig. Hierdie benaming is aan ʼn gyselaardrama in 1973 ontleen toe gyselaars tydens ʼn rooftog in Stockholm met die rowers eenstemmig geraak en hulle selfs gehelp het. Sommige persone wat deur booswigte gevang of op een of ander wyse mishandel word en niks aan die situasie kan doen nie, werk saam met die booswigte om die situasie draagliker te maak, maar dit maak nie die saak reg nie.
Dieselfde ding gebeur ook in Suid-Afrika met volksgenote wat soos tjankende honde die hande van hulle kastyders lek. Dit maak egter van hulle volksverraaiers in die eerste graad. Om saam met die korrupte regime te werk of enigsins simpatie met hulle te hê hou geen voordeel vir enige van die lydendes in nie. Inteendeel, ons volk word net verder as die verslane vyand gesien wat by elke moontlike geleentheid verneder moet word. Dit is juis die volk se oënskynlike inskiklikheid wat selfs die moorde op Blankes die hoogte in laat skiet. En met benaminge soos Regstellende aksie en Swart bemagtiging word die hele Blanke volk in die modderpoel van onregskepping versmoor.
1899: UITBREEK VAN 2e VRYHEIDS- OORLOG
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 11 OKTOBER
Twee politieke strewe, Britse Imperialisme en Afrikanernasionalisme, het teen die einde van die 19e eeu in Suid-Afrika gebots. Die Britse Imperialisme het die vereniging van die hele Suid-Afrika onder Britse gesag nagestreef. Die Afrikanernasionalisme het na die uitbouing van hul Republieke gestreef en wou nie deel van 'n verenigde Suid-Afrika onder Britse gesag wees nie. 'n Nuwe fase in die stryd breek in 1886 aan as duisende Britse onderdane na die goudvelde aan die Rand stroom.
Die Transvalers ag hulle bedreig en vereis 'n verblyf van 14 jaar om burgerskap te verkry. Die Britse onderdane, nooit van plan om van hulle burgerskap afstand te doen nie, eis seggenskap in die Republiek op grond daarvan dat hulle die meeste tot sy inkomste bygedra het.
In 1892 stig hulle die Transvaal National Union.
STEL DIE DOODSTRAF WEER IN
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die skrikwekkende toename in plaasmoorde en ander geweldsmisdade eis ʼn spoedige herinstelling van die doodstraf in Suid-Afrika. ʼn Eerbare regering skuld sy burgers immers ʼn vreedsame bestaan wat slegs deur doeltreffende wetgewing moontlik is en die doodstraf noodsaak.
1.Eerste voorskrif
Die eerste Bybelse voorskrif rakende die doodstraf word al so vroeg as in Gen.9:6 gevind:
“Hy wat die bloed van ’n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak”.
God motiveer dit self,iets wat by geen ander godsdiens gevind word nie. Omdat die mens na die beeld van God geskape is, is moord eerstens ’n vergryp teen God self. Hy gee lewe sodat die mense sy Beeld kan vertoon. Hierdie bepaling is lank voor die ontstaan van Israel gegee wat sê dat God dit vir alle tye gebied. Nadat Israel dit later in haar amptelike regeringsbeleid opgeneem het, is dit vollediger omskryf.
2. Doodstrafoortredings
Die wette wat God vir Israel gegee het, het 21 oortredings bevat waarvoor die doodstraf opgelê kon word en in vier basiese groepe verdeel:
1854: PRES. PAUL KRUGER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Stephanus Johannes Paulus Kruger is waarskynlik op die Plaas Bulhoek, in die teenswoordige distrik Steynsburg, gebore. Hy het behoort aan die sesde geslag Kruger’s in Suid-Afrika en was die derde van sewe kinders van Casper Jan Hendrik Kruger en Elsie Francina Steyn. Hy het grootgeword in die veeleisende pioniersomstandighede van die Kaapse binneland, waar die stryd om selfbehoud gegaan het teen ondier, barbaar en die wisselvallighede van die natuurelemente.
DIE BROOD VIR MY BESTEM
Hannes Ollewagen
Spr. 30:1-33
“Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie: Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die Here? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.” (:7-9).
Hoe mooi is hierdie versoek van Agur nie? Gee my nie te veel nie, maar ook nie te min nie en die kern van die versoek is dat oorvloed of gebrek nie tot oneer van God sal wees nie. En hiermee saam bid Agur dat God ook valsheid en leuentaal ver van hom sal hou. Hy strewe daarna om ’n eerlike en eerbare man te wees. Hierdie is ’n goeie strewe, ’n edele strewe. En ek wil graag dat ons vandag vir ’n oomblik hierdie woorde uit Spreuke 30 mooi in oënskou neem.
1847: SJ DU TOIT, 1e AFRIKAANSE NASIONALIS
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 9 OKTOBER
Stephanus Jacobus du Toit is op hierdie dag op Dal Josafat by die Paarl gebore. Hy het sy skool- en teologiese opleiding respektiewelik aan die Paarlse Gimnasium en die Kweekskool op Stellenbosch ontvang.
SJ du Toit was onder die invloed van Arnoldus Pannevis 'n vurge voorvegter vir Afrikaans as selfstandige taal. Sy politiek-nasionaale doelstelling – "om te staan vir ons taal, ons nasie en ons land" – het hy deur die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus in 1875, met as spreekbuis Die Afrikaanse Patriot, die Afrikanerbond in 1879 en sy aandeel in die opstel van die Afrikaanse Volkslied, bevorder. Hy kan daarom as die eerste Afrikaanse Nasionalis beskou word.
BESKERMHEILIGES
Ds A.E. van den Berg
“Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê” (Hebr.12:1).
Protestante het eerbied vir ontslapenes wat voorbeeldige geloofslewens gelei het. Dis ook ʼn Bybelse opdrag: “Maar ons vra julle... erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan, en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk” (1 Thess.5:12,13).
Eerbiediging is egter nie aanbidding soos die afskuwelike ding wat in die Roomse Kerk (RK) gebeur wat sekere dooies tot heiliges verklaar en openlik tot hulle bid nie. In die Twaalf Artikels bely ons die gemeenskap van die heiliges. Dis medegelowiges; mense wat nog leef. Geloofsgemeenskap kan nie met dooies beoefen word nie. Dis alleenlik met lewende mense moontlik.
1903: MIKRO, DIE SKRYWER
Lees volledig by Kultuurdagboek
KULTUURDAGBOEK 8 OKTOBER
Christoffel Hermanus Kühn wat op hierdie dag gebore is, het onder die skuilnaam Mikro geskryf. Sy bekende trilogie, Toiings in 1934, Pelgrims in 1035, en Vreemdelinge in 1944, word beskou as die kern van sy werk. Hy was skrywer van novelles, romans, speurverhale, jeugverhale en toneelstukke. Vir eersgenoemde twee werke is hy bekroon met die Hertzogprys en vir Die Porseleinkat is die Hofmeyrprys aan hom toegeken.
In sy werke was hy die skepper van die vereenvoudigde struktuur, van die gemoedelike, gemeensame formule vir lewenswaardes en lewenswaarhede.
7 OKTOBER 1854: GENL C DE WET
"Toe die oorlog in 1914 tussen Engeland en Duitsland uitbreek kon ons ons verlore onafhanklikheid teruggekry het - hoe maklik sou ons nie daarin geslaag het nie, maar min het ons geweet dat ons toe nie meer bondgenote gehad het in die persone van ons Eerste Minister en sy Minister van Verdediging nie. Generaals Louis Botha en Jan Smuts het hulle Boereharte vir Engelse harte verruil en Suid-Afrika as bondgenoot van Engeland in die stryd laat toetree. Die rebellie was feitlik uit die staanspoor tot mislukking gedoem. Ek moes uiteindelik, met nog net ses man by my, aan Botha se troepe oorgee. Gedurende die ses maande wat ek as gevangene aangehou is, het ek dikwels daaraan gedink hoe anders die verloop van ons vryheidstrewe sou gewees het indien daar in alle lae van ons Afrikanervolk nie die menigvuldige dade van verraad in eie geledere ons in ons stryd teen die vyand lam gelê het en verhinder het om ons einddoel te bereik nie. "
In die boek 'My Vaderland Suid-Afrika' sê die skrywer onder andere van genl Christiaan de Wet: "Op 7 Oktober 1854 is die grootste krygsman van Suid-Afrika, Christiaan Rudolph de Wet, in 'n eenvoudige hartbeeshuisie op die plaas Leeukop in die distrik Smithfield, Oranje-Vrystaat gebore." Die onderskeiding om die grootste krygsman van Suid-Afrika te wees, het hy waarskynlik gedurende die Tweede Vryheidsoorlog verwerf.