Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG - druk f5 op u rekenaar vir 'n nuwe gedagte

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe kan ons meer van die liefde verstaan en bekom? Paulus sê in Filippense daar is net een wyse waarop die liefde binne ons groei en meer word; dit is wanneer ons meer en meer kennis en ervaring van onderskeiding opdoen – ons leer dus om die waarheid van die leuen te onderskei, die goed van die sleg, die rein van die onrein ens; alleen dan kan die liefde binne ons meer en meer word.

1930: STIGTING AFRIKAANSE TAAL- EN KULTUUR- VERENIGING

KULTUURDAGBOEK 19 AUGUSTUS

Lees volledig by Kultuurdagboek

Die dertigerjare van die vorige eeu het die Afrikanervolk op feitlik alle lewensterreine met kultuurproduksie en lewenstyle wat vreemd is aan die tradisionele lewenstyl van die volk, gekonfronteer.  Hierdie toedrag van sake is sterk in die hand gewerk deur die feit dat die Engelse taal en kultuur op feitlik alle lewensvlakke voorkeur geniet het (feitlik soos nou in 2011 weer. Toe was dit 'n erfenis uit die tyd van Rhodes, Milner, Smuts en Botha – min dinge het sedertdien verander: die aanslag teen ons volk word steeds internasionaal geloods en behoorlik toegepas deur die swart kommunistiese regime vandag. )

Van die staatsdepartemente destyds was die Spoorweë seker een van die belangrikste erfgename van hierdie toedrag van sake. Die ou Nederlandsch Suid-Afrikaansche Republiek, wat tydens die Britse militêre bewind deur die Imperial Military Railways van Milner oorgeneem is het 'n heenkome gebied vir 'n groot aantal Engelse soldate, met die gevolg dat veral die Spoorweë op feitlik alle vlakke tot oorlopens toe gevul is met eentalige Engelssprekende amptenare en personeel. Ook in al drie die ander provinsies was die voertaal van die Spoorweë vóór Uniewording in 1910 deurgaans Engels. Juis in hierdie tydperk tree die armblanke vraagstuk besonder sterk na vore en was die Spoorweë naas ander staatsdepartemente die instansie wat 'n heenkome gebied het vir die talle ongeskoolde blanke Afrikaanssprekendes, destyds sogenaamde armlastiges genoem wat hulle toevlug na die stede geneem het.

As gevolg van hierdie toedrag van sake het die Afrikaanse taal en kultuur by die Spoorweë reeds by voorbaat 'n geweldige agterstand gehad om in te haal. Dit is ook vererger deur die feit dat die meeste senior administratiewe en tegniese betrekkings deur eentalige Engelssprekende amptenare gevul is terwyl die Afrikaanssprekende werknemer hoofsaaklik ongeskoolde arbeid in die laer range van die Spoorwegdiens verrig het. Juis omdat die Spoorweë onvoldoende omgesien het na die taal- en kultuurbelange van die Afrikaanssprekende werknemer, het die behoefte aan die totstandkoming van 'n kultuurvereniging ontwikkel.

Op 19 Augustus 1930 kom die ATKV (SAS & H) onder voorsitterskap van mnr SJ vd Spuy, later superintendent van Handel en Personeel van die Kaapse Oostelike Afdeling van die Spoorweë, in die Raadsaal van die Spoorweghoofkantoorgebou in Kaapstad tot stand. 'n Handjievol geesdriftiges was by hierdie geleentheid teenwoordig. Die nuutgestigte vereniging sou as spreekbuis van die Afrikaners in diens van die SA Spoorweë dien om die taalregte van die Afrikaners in die Spoorweë te beskerm en te bestendig. As een van die vernaamste doeleindes van die Vereniging word gestel: "... om 'n wakende oog ... oor die Afrikaanse taalbelange te hou."

Die doel en strewe van die Vereniging word in die eerste eksemplaar van die Vereniging se maandblad, Die Taalgenoot, kernagtig geformuleer in die leuse van die Vereniging: "Handhaaf en bou", en "Praat, lees en skryf Afrikaans".

Die volledige oorspronklike doelstellings van die Vereniging luis soos volg:

  1. Om die gebruik van Afrikaans binne sowel as buite die Spoorwegdiens te bevorder en 'n lewendige belangstelling in Afrikaanse kuns en kultuur aan te kweek.
  2. Die bevordering van die intellektuele en kulture welsyn van sy lede.

Die grondslag van die Vereniging is in 1934 soos volg geformuleer:
Die Vereniging staan op Christelik-historiese grondslag.
Die Vereniging sien homself as die draer van die gedagte waarin die denkbeeld dat die Afrikanervolk 'n geroepe volk is, sentraal staan.

Hierdie roeping het dan ook onder andere ingehou die handhawing en uitbou van die tradisionele geestesgoedere van die Afrikanervolk.

U soek na?

 

Ondersteun die Opedag by CVO Magalies - lees meer by 

CVO MAGALIES OPEDAG

_____________

BOEKE TE KOOP

DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het pas in gedrukte vorm verskyn. 
Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
DIE
VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme,  bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

U kan hierdie boek bestel by
ds AE van den Berg
Tel: 083 230 5686  of by vryheidsbediening @gmail.com
Prys: R50-00

 

BOEKE TE KOOP

‘n Nuwe Trek: Terug na u God

Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

J L du Toit & dr L du Toit

('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by josefdutoit@gmail.com. bestel.

Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

JULIE 2013

Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by vryheidsbediening@gmail.com 

GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by vryheidsbediening@gmail.com
 


Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
Volledige besonderhede hier:

Gietoffers van my Siel


vryheidsbediening@gmail.com

 

Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom
...
 

FILM OOR DR HF VERWOERD

Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

  na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by riaan@intellect.org.za

 
 

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

  AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).
  • Hy koop 'n bakkersdosyn (Hy koop dertien - Vroeër was dit die gewoonte dat 'n bakker 'n ekstra item bysit wanneer iemand 'n dosyn daarvan gekoop het om seker te maak dat hy die klant nie benadeel nie.)
  • Hy is van bakoortjie na stuuroortjie gestuur (Hy is sinloos rondgestuur).
  • Hy is in die ban gedoen (Hy is uitgesluit uit die kerklike gemeenskap).
  • Jy moet die banier hooghou vir ons skool( Jy moet ons skool se naam in ere hou).
  • Hulle het deur die bank geslaag (Niemand het gedruip nie).
  • Hy is bankvas gemaak (Hy is in die tronk gesit).
  • Barabbas is losgelaat (Die skuldige het losgekom).
  • Hy het sy kinders baster gemaak (Hy het sy kinders onterf).
  • Dit sit my in die bed (Dit verbaas my).
  • Vroeg uit die bed maak die beursie vet (As jy vroeg begin werk sal sukses nie uitbly nie).
  • Sy rus in die skoot van die aarde (Sy is begrawe.)
  • Dit was net 'n aardbewing in 'n mishoop ('n Groot bohaai oor 'n kleinigheid.)
  • Jy kon 'n aartappel in hom gaarmaak (Hy was woedend.)
  • Hy skil sy aartappels nie twee keer nie (Hy herhaal nie wat hy gesê het nie.)
  • 'n Mens skil nie aartappels in jou voorkamer nie (Wanneer iemand onvanpas in geselskap optree.)
  • Hy's 'n aartappelkop (Hy het nie baie verstand nie.)
  • Haar huis is 'n aasvoëlnes (Dit is baie deurmekaar.)
  • Hy het aasvoëloë (Hy sien iets baie gou raak.)
  • Abaddon – die hel word soms so genoem (Dis die Hebreeuse naam vir Engel van die Afgrond.)
  • Hy sit nog op die ABC-bank (Hy begin nou eers kennis versamel.)
  • Die abjater is so gemaak en laat staan (Hy is 'n onbeduidende persoon en sal nie ver in die lewe kom nie.)
  • Hy is deel van Abrahamskroos (Hy is 'n Jood.)
  • Abundantia het hier haar septer geswaai (Alles is hier volop – Abundantia was volgens die mite die Romeinse godin van oorvloed.)

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn:

We have 299 guests online