24 SEPTEMBER 2019

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die herstel van ’n volk deur sy godsdiens te herstel, is ’n wenresep vir elke volk op aarde; ook vir die Boerevolk.  Ons kla graag oor die onreg van die ANC-regering, maar wat het ons volk in hierdie penarie laat beland?  Dieselfde ding wat Juda as volk in ’n penarie laat beland het - godsdiensverval.   As ’n volk se godsdiens verval, verval die volk.