25 DESEMBER 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Op 25 Desember herdenk ons God se liefde en genade toe Hy sy Seun Jesus Christus vir ons gebore laat word het. Dit was noodsaaklik dat Jesus waarlik volkome mens word sodat Hy as't ware saam met ons onder die oordeel oor die sonde kon inskuif. Hy was wel volkome mens maar sonder enige sonde en daarom in staat om Satan en versoekings te weerstaan. Daarom kon Hy ten spyte van groot lyding God se toorn verduur – iets wat geen sondaar kan doen nie. So oorwin Hy die sonde en so het Hy vir ons verlossing gebring.