NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself – Prediker 10

ONS KOMMUNISTIESE ONDERWYS

SO SIEN EK DIT

Dr PE van der Dussen

Opmerking: Bylae A onderaan hierdie artikel sit die onmiddellike Kommunistiese bedreiging van ouer-verbonde private onderwys uiteen. Dit sal sinvol wees om as agtergrond vooraf die Bylae en veral die onderstreepte gedeeltes daarin te lees. Kyk ook die artikel van Frans Cronjé van die South African Institute of Race Relations, oor Die rooi gevaar is terug (of was hy ooit weg?) in Rapport van 1 Junie 2014.

PRIVATE ONDERWYS EN OPLEIDING:

VRYE GEHALTEONDERWYS ‘N NOODSAAK

DIE REWOLUSIONÊRE AANSLAG

Skaars is die verkiesing verby of die Kommunistiese Rewolusie kom na vore. Ditsem Nuus berig op 30 Mei: Geharde Kommuniste sit breed en prominent in die nuwe kabinet van die ANC-regering. Die SA Kommunistiese Party se senior leierskap bestaan uit Blade Nzimande, sekretaris-generaal; Jeremy Cronin, adjunk-sekretaris-generaal; Senzeni Zokwana, nasionale voorsitter; Thulas Nxesi, adjunk-nasionale voorsitter en Buti Manamela, jeugleier. Met die aanstelling van Zokwana as Minister van Landbou en Manamela as Adjunk-minister is al hierdie senior SAKP-lede nou in prominente regeringsposisies. Lede van die SAKP se sentrale komitee wat ook ministers of adjunk-ministers is, is Rob Davies, Jeff Radebe en Godfrey Oliphant. Davies is Minister van Handel en Nywerheid met Patel uit Cosatu as Minister van Ekonomiese Sake.

ENCA berig onlangs: Striking miners are taking their fight for a better wage beyond the platinum belt in North West province. They say their families are suffering with no end in sight to country's longest-running strike. And they want to bring their ordeal closer to the homes of many other South Africans. Dit is niks minder as ‘n oorlogsverklaring deur die werkers in die land nie – of liewers deur die leiers wat in weelde lewe en rewolusie stook teneinde vote democracy in selfvernietigende feet democraziness te omskep en die land onregeerbaar te maak. Dit onderstreep Zuma se verklaring dat “economic transformation” een van sy regime se fokuspunte is.

“Economic transformation” beteken die omvorming van die samelewing deur sentrale beheer oor die hele lewensterrein in te voer. AA en BEE was die eerste sigbare slangkoppe. As dit sou geslaag het, sou die sosialiseringsproses stilweg verloop het. Die wanopvatting waarop AA en BEE berus dat gelykheid dieselfde as eendersheid is, het in die modder van die werklikheid verdwyn. Geleerdheid en opleiding of gebrek daaraan is nie die oorsaak van inkomsteverskille en aanstellingsposte nie. Na twintig jaar het die poging om Blankes uit alle bestuursposisies te verwyder, misluk en die ekonomie van die land erg geskaad. Die Kommunistiese regime kan en sal dit nie erken nie. Daarom val hy op Kommunistiese magsbeplanning oor die kort- en middeltermyn terug. Daartoe moet hy die gemeenskap se denke en optrede omvorm. In die plaaslike omstandighede beteken dit dat die Christendom en onderwys en opleiding onder Kommunistiese beheer moet kom.

TEENOOR DIE REWOLUSIE DIE EVANGELIE

Die Kerk van Jesus Christus die Here, die Koning van alle Konings, die Heerser oor die aarde en almal daarop, is die Kommunisme se grootste bedreiging. Teenoor die Rewolusie die Evangelie was immers rondom 1900 die Gereformeerdes in Nederland se strydroep teen die opkoms van die Kommunisme. Daarom was en is die Kerk die Kommunisme se eerste regstreekse teiken. Omdat Satan weet dat hy reeds oorwin is en dat die ware Kerk van Christus onoorwinlik is, kom hy, die ou slang, met dieselfde sluheid as in die paradys en laat die Goddelose Kommunisme die mense met mooi praatjies van vreedsame naasbestaan en voorspoed vir almal verlei; volgens Grondwet en Handves van Menseregte ook naasbestaan tussen geloof enersyds, en andersyds ongeloof, afgodsdiens en voorvaderaanbidding en heidendom en Islam en-en-en.

Satan en die Kommuniste het meesterlik in hierdie verleiding geslaag. Die Afrikaanse kerkgenootskappe, óók “die GKSA”, het met enkele uitsonderings met die Kommunistiese regime saamgewerk om ‘n regime-gedrewe wetlik-ingestelde godsdiensteraad tot stand te bring, en daarmee die Handves van Menseregte erken. Dit is die patroon wat in die Kommunistiese lande gevolg is om die Christelike kerke te laat glo dat hulle met die Kommunistiese regime kan saamwerk – asof ‘n os en ‘n donkie in dieselfde juk mag saamtrek. Die Here Jesus se profetiese rede (Matteus 24-25, Markus 13, Lukas 21) lig die verskrikking wat daaruit voortkom toe, verskrikking wat na 1917 dekadeslank in die Soviëtunie en ander Kommunistiese lande werklikheid geword het en vandag in Oosterse lande soos Sjina en Noord-Korea en Pakistan en Afghanistan en ander lande algemeen voorkom.

Gelowiges word deur Paulus, gedryf deur die Heilige Gees, in sy Sendbriewe (soos Tessalonisense I en II) getroos en bemoedig oor die oordeel wat oor die vyande van God en Godsvolk sal kom, en die triomf van die Alfa en Omega word in Openbaring uiteengesit. Hierdie vaste wete neem nie die werklikheid van die vervolging weg nie. Die godsdiensteraad wat op die Grondwet en Handves van Menseregte gegrond is, is reeds as instrument geskep. Soos in Oos-Europa sal ook by ons die kerklike saamlopers na vore kom. Trouens, laat ons nie doof en blind wees nie: Hulle was en is reeds daar. Hulle was aandadig daaraan om aan die Kommunisme ‘n vastrapplek en wegspringblok te verskaf.

KOMMUNISME EN ONDERWYS

Die Kommunisme is geslepe genoeg om te besef dat mense met ‘n lewenslange inslag nie maklik oortuigbaar is nie. Geduld word vereis om die heersende denke in ‘n samelewing te transformeer. Daarom het Lenin en Trotski rondom 1920 verklaar: Gee ons één geslag kinders en ons vernietig die kerk. ‘n Duideliker oorlogsverklaring deur die antichristelike mag aan Christus die Almagtige Koning is ondenkbaar: Voed die kinders van jongsaf in die Kommunistiese antichristelike beginsels op.

Skoolonderwys

Nuwe onderwyswetgewing sedert 1994 gee hieraan uiting. Die Kommunis Kader Asmal word die regime se eerste minister van onderwys. Die geskiedenis word onmiddellik in herskrewe vorm gegiet sodat die kinders van kleins af in die beginsels van menseregte soos in die Handves uiteengesit opgevoed kan word. Daarvoor word die verpligte nuwe kursus Lewensoriëntering ingevoer waarin daar vir God geen plek is nie. Staatskole word onder die regstreekse sentrale beheer van provinsiale en landswye departemente gestel. Bestaande en nuwe privaatskole moet aansoek om registrasie doen en word so onder regimebeheer gebring. Ook tuisskole word onder die sambreel ingetrek. Die huidige Kommunistiese minister van basiese onderwys Motshekga was om ooglopende redes in Gauteng ‘n verwoede bestryder van tuisonderrig.

Pogings van die regime om die toenemende getal privaatskole teen te werk, slaag in die opsig dat die statutêre regime-beheerde Umalusi as die enigste eksamineringsliggaam erken word en selfs die Independent Examination Board (IEB) monitor. Dit plaas privaatskoolgemeenskappe terug onder staatsbeheer, al skryf hulle die IEB-eksamens. Namate staatsonderwys se standaarde verswak het, en dit steeds duideliker word dat Umalusi se gehaltebeheer nie die afwaartse momentum kan keer nie, begin meer privaatskole en tuisskolers die internasionale Cambridge-eksamens aanbied, met staatserkenning van die Cambridge International Examinations (CIE).

Die Kommunisme se uitgangspunt is dat die massas slegs beheer kan word as hulle onkundig is. Daarom word die standaard van onderwys doelbewus deurlopend verlaag. Dat dit gebeur word deur die twyfelagtige ontvangs van die Matriekuitslae vir 2013 deur die openbare media en die sakewêreld getoon. Dat plaaslike standaarde al jarelank nie buitelandse erkenning geniet nie, is algemeen bekend. Hoe swak onderwys hier is, blyk uit die Global Information Technology Report 2014 van die World Economic Forum (WEF). Volgens die verslag staan Suid-Afrika laaste uit 148 lande wat die gehalte van wiskunde- en wetensklaponderwys betref (agter Lesotho, Zimbabwe en Kenia) en 146e uit 148 ten opsigte van onderwys in die algemeen (News24 2 Junie 2014). Soortgelyk berig Business Day op 17 April 2014: SA comes bottom of the class in literacy (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.). Die staatsonderwys in Suid-Afrika bring nie die drie grondliggende vaardighede lees-skryf-reken by talle kinders tuis nie. Dit stem ooreen met die Kommunistiese aanslag om die bevolking so dom te hou dat hulle nie tot algemene inligting toegang kan hê nie. Daarby verhoed dit dat kinders instaatgestel word om die Bybel te lees.) 

Naskoolse onderwys en opleiding

In Desember 1996 word die nuwe Wet op Hoër Onderwys uitgevaardig. Daarmee het die staat met die Kommunis Asmal Kader as minister van onderwys aan die spits, die universiteite se akademiese en lewens- en wêreldbeskoulike outonomiteit weggeneem. Kursusse moet deur die staat geakkrediteer, goedgekeur word, terwyl die staat die reg opeis om te besluit of ‘n naskoolse instelling mag voortbestaan al dan nie. Nie net is geen staat werklik tot sulke take in staat nie. Veral behels dit die ondubbelsinnige oorskryding van die staat se magte wat in Romeine 13 tot die handhawing van wet en orde beperk word sodat die mense ‘n stil en rustige lewe kan lei waarin hulle hulle lewensroeping kan uitvoer ooreenkomstig Genesis 1 en 2. Akkreditasie en registrasie is nie maar net ordenende vereistes nie, maar maak deel uit van die omvattende omvorming (transformation) van die selfbeskikkende en selfbesluitende same-leef van mense tot ‘n mensemassa wat in onkunde willoos doen wat ‘n regime aan hom voorskryf.

Alle bestaande universiteite en tegnikons moes alle bestaande en moet steeds nuwe kwalifikasieleergange en vakleerplanne (her)beplan en vir goedkeuring aan die nuwe statutêre Raad op Hoër Onderwys (RHO) voorlê, wat deur die minister aangestel word. Elke instelling moet ‘n omvattende navorsingsbeleid vir goedkeuring voorlê. Ten slotte moet geldelike selfstandigheid (subsidies ingereken) bewys word. Die minister en die departement van hoër onderwys word sodoende tot sensorering instaatgestel.

So het die bestaande instellings in Desember 1996 op vriendelike wyse volledig onder staatsbeheer gekom, al was hulle nominaal selfstandige regspersone. Hierdie selfstandigheid is in 2002 beëindig toe al die instellings se privaatwette herroep en hulle in alle opsigte staatsondernemings geword het onder die regstreekse beheer van die minister. In 2004 verklaar die Kommunis Kader Asmal dat hoër onderwys voortaan op Kommunistiese lees geskoei sal word. Kort daarna word hy deur die Kommunis Pandor vervang. In 2009 stel Zuma die SAKP-hoof Nzimande as minister van hoër onderwys aan. Nzimande het hierdie aanstelling in die nuwe Zumakabinet behou. Nzimande se onlangse optrede ten opsigte van die Northwest University dui op onverbiddelike toepassing van Asmal se uitspraak in 2004.

Die 1996-wet maak vir private hoëronderwysinstellings voorsiening wat aan dieselfde vereistes as staatsinstellings onderwerp word terwyl hulle moet wegbly van kwalifikasiename wat die indruk kan wek dat hulle universiteite is. Aanvanklik het honderde sulke instellings opgeskiet, meestal in die nie-akademiese tegniese omgewing waar die weg tot erkenning nie so moeilik as in die akademiese milieu is nie. Een van die eerste Afrikanerpogings was die Akademie (later Pretoriase Akademie) vir Christelik-volkseie Hoër Onderwys (ACVHO). Die ACVHO het akkreditering vir Licentiatus Economiae verkry en het onderwysstudente opgelei in afwagting van goedkeuring van Licentiatus Educationis. Die studentetal het van twee in Februarie 1994 tot 37 in 2001 toegeneem. Die APK het sy eie teologiese skool opgerig wat staatserkenning verkry het. Verskeie Engelse en tweetalige instellings het eweneens geslaag. Akademia van Solidariteit is ‘n Afrikaanse instelling met aansienlike geldbronne; sy betekenis lê daarin dat hy ‘n geheel eie opleidingsmodel toepas wat aan die vereistes van die digitale eeu verbind is.

Samevatting

Nieteenstaande privaatinstellings aan sekere wetlike vereistes moet voldoen, word hulle deur hulle eie beheerliggame bedryf. Daar is ‘n behoefte aan private gehalte-onderwys en -opleiding wat aan die vereistes van werkgewerondernemings voldoen – gehalte wat nie deur Kommunistiese staatsbeheerde onderwys en opleiding voorsien word nie. Hierdie behoefte kom in alle bevolkingsgroepe voor en stem ooreen met neigings in onder meer Duitsland en Amerika namate die tradisionele onderwys en opleiding nie meer aan hedendaagse tegnologiese vereistes reg laat geskied nie.

Die Afrikaner-middel- en -werkerstand het getoon dat private volkskole lewensvatbaar is. Dat van hulle redelik gemaklik en met welslae sonder Umalusi kan leef, hou vir die volledige instelling van ‘n Kommunistiese samelewing mettertyd en selfs korttermyngevaar in.

Terselfdertyd beskik die privaatinstellings nie oor oorvloedige fondse nie en moet hulle vir die hedendaagse kind en jongmens aantreklik wees deur aan hulle te voorsien wat en soos hulle leef. Omdat hulle van nuuts af begin, het hulle die geleentheid daartoe.

Die gevestigde instellings, van laerskoolvlak tot hoër onderwys, om van tegniese beroepsopleiding nie eers te praat nie, kom beswaarlik tot inskakeling by die snelle tegnologiese veranderinge oor die afgelope drie dekades en die gedagteskuif wat noodsaaklikerwys daaraan verbonde is. Dit is altyd moeilik om aan nuwe omstandighede gewoond te raak en veral om nuwe dinge en denke in ‘n gevestigde lewenswyse in te werk.

Die snelheid van verandering oor die laaste dertig jaar het op sigself ‘n dringendheid in aanpassing vereis, nie net hier nie maar orals ter wêreld. En net soos elders begin die kop van die Kommunisties-Sosialisties-Demokratiese slang se kop gesien vir wat dit is: ‘n Giftige kop. Die bevryding van Oos-Europa ‘n kwarteeu gelede dien as voorbeeld, maar ook die weerstand teen die sosialistiese weldadigheid van regerings waardeur die belastinglas op die produktiewe bevolkingsdeel in talle lande onder die soeklig geplaas word. Skandinawië met Finland heel voor word as die mees gesosialiseerde gebied in die wêreld beskou, en juis daar is die weerstand tans die sterkste namate die ekonomiese voorspoed onder sosialistiese rykdomverdeling ly. Intussen ervaar selfs Sjina die druk van hervorming uit sy getransformeerde toestand van weleer noudat hy al hoe meer van buitelandse handel afhanklik raak.

TOEKOMSTAAK VAN PRIVATE ONDERWYS EN OPLEIDING

Sedert 1994 is uitgesproke Kommunistiese ministers in beheer van onderwys op alle vlakke. Blade Nzimande, die hoof van die SAKP, is sedert 2009 minister van hoër onderwys en het sy pos behou. Dit geld ook vir Angie Motshekga as miniter van basiese onderwys, onder wie se bewind die voorsiening van handboeke aan skole etlike jare al chaoties verloop met ooglopende slegte gevolge vir die gehalte van staatskoolonderwys. Die doelbewuste en gerigte invoer van die Kommunistiese ideologie in staatsinstellings vir onderwys en opleiding mag nie misgekyk word nie. Dit is stellig die belangrikste vir enige en veral vir gelowige ouers. Daarom móét daar private onderwys- en opleidingsinstellings wees waar kinders volgens die vereistes van ouers onderrig word en nie volgens die vereistes van enige staat nie, allermins volgens die vereistes van ‘n antichristelike Kommunistiese staat. Sulke vereistes vernietig nie net die kind se aard en gesonde denke nie, dit vernietig in die geval van Kommunistiese totalitarisme ook sy taak om na die beste van sy aanleg en vermoë te werk om aan die Godgegewe opdrag in Genesis 1 en 2 te voldoen. Die verlaging van standaarde takel hierdie vermoë verder af.

Daarteenoor het private onderwys van gehalte, veral private Christelike onderwys wat dit deurgaans by die kind tuisbring dat hy tot eer van God moet werk – ‘n roepingstaak het om te vervul. Terselfdertyd moet die kind opgevoed word met die wete dat hy nie ván hierdie wêreld is nie, maar nogtans ín hierdie wêreld moet woeker met sy werksaamhede. Dit plaas die private instelling voor die taak pm die beste onderwys en opleiding te verskaf binne die milieu van mens-wees wat in elke geslag na vore kom.

Dit spreek vanself dat die Kommunistiese beplanners weet dat en vanwaar daar teenstand sal kom. ‘n Eeu terug is die rewolusie op die Russiese en verwante bevolking met wapengeweld afgedwing. Voorlopig geld hier nog net die beplanning van wetgewing om die weerstand so te bemoeilik dat geleidelike oorgawe sal plaasvind namate die bevolking die toestand gewoond maak en uiteindelik aanvaar. Dit sal die toekomspad bemoeilik en in sekere opsigte selfs gevaarlik maak. Bylae A behandel die onmiddellike stappe wat die regime beoog.

Daarteenoor staan die vashou aan die onverbiddelike waarheid dat met geloof álles moontlik is. Naas deeglike besinning sal gewaagde spronge soms noodsaaklik wees wat partykeer nie dadelik sukses toon nie, moontlik selfs tydelike terugslae. Dan sal die bemoedigende geloofsuitsprake in Psalm 16 en Habakuk 3 en soveel ander plekke in die Woord van God ter sprake kom om nogtans voort te gaan in die vaste vertroue dat die Drieënige God en Vader van onse Here Jesus Christus ons sal laat slaag en deur Sy Heilige Gees ons sal bemoedig. Sodoende sal private onderwys kinders na vore laat kom wat vir en in die Kerk van Christus tot versterking sal dien. 

 

BYLAE A

HOMESCHOOLING FREEDOMS AT RISK

NEW NATIONAL POLICY COULD BE DRAFTED BY AUGUST

Homeschoolers in SA have won a battle for religious freedom and the right to protect the best interests of their children, but the war is far from over. Through prayer, publicity and pressure homeschoolers in the Western Cape managed to squash the DA’s proposed draconian anti-homeschooling regulations, causing them to withdraw the draft.

On 11 February 2014, the Western Cape Department of Education released a draft policy on home education. Cape Home Educators and the Pestalozzi Trust, the South African home-school legal defence association, were concerned by its implications.

Outcry

There was an immediate outcry among home educators across the country as the policy denied parents their constitutional right to choose the form of education in the best interests of their children. It also insisted that the state’s values be taught to home educated children – an infringement of the right of parents to raise their children according to their own religious and moral values, a right which all parents of school-going children should enjoy.

Draconian

The proposed policies gave all power to the head of the Department of Education, who would approve curricula, require regular assessments, monitor children’s progress and have the right to withdraw the registration for homeschooling should s/he wish. It required that parents justify their reason for choosing home education, apply for permission to home educate before 30 September of the previous year, keep attendance records, keep records of regular assessments and a portfolio of the children’s work etc.

Western Cape Policy Withdrawn

With the national elections approaching, home educators sent emails to their local DA (Democratic Alliance) councillors country-wide. The email campaign caused a significant stir. DA councillors were soon passing concerns up the ranks and by 14 February, just 3 days after the draft policy had been issued, an announcement from the Department of Education stated that the draft policy “has no formal status” and “has been withdrawn with immediate effect” with apologies. This was no doubt a ploy to pacify disgruntled voters ahead of the elections.

New National Draft Policy Due in August

Subsequently, the Western Cape Minister of Education, Donald Grant stated that they would wait for the national draft policy due in August 2014 before drafting a new provincial one. In other words, the DA is likely to follow the ANC’s lead on national policy for home education. This means that a national policy similar to that proposed by the DA for the Western Cape could soon be foisted on homeschoolers country-wide.

Concerning in the Light of Private Schools Harassment
This is concerning in the light of how private schools have been increasingly harassed with time-consuming and expensive accreditation and qualification criteria over the last ten years. The Minister of Education herself has suggested that homeschoolers can expect 'strong pressure' from government over the next three to five years.

What You Can Do

We can win this war on religious freedom through prayer, publicity and pressure. Most politicians won’t see the light until they feel the heat! Send Letters to the Editor of your favourite newspapers and magazines and to trusted radio presenters.

Parliamentary Action Group

Homeschooling parents have suggested forming a Parliamentary Action Group to monitor new developments and to keep Christian Members of Parliament abreast of the issues. If you live in Cape Town and wish to be part of this group you can contact Leendert van Oostrum of the Pestalozzi Trust on 012-3301337 or Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

Be Informed, Be Interceding, Be Involved

Homeschoolers are required by the SA Schools Act to register with the Department of Education but in the Western Cape no laws have been promulgated to enforce this. The majority of home educators in SA choose not to register because registering could force them to comply with unlawful requirements that are not in the best interests of their children. Each homeschooling family needs to know their rights, so that they are not harassed by officials. Contact the Pestalozzi Trust for more information: 012 – 3301337, www.pestalozzi.org.

The price of liberty is eternal vigilance!

Taryn Hodgson, with Shirley Erwee – homeschooling mother and activist.

See also: Religious Freedoms at Risk

Africa Christian Action

PO Box 23632

Claremont

7735 Cape Town

South Africa

Tel: 021-689 4481

E-mail: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Web: http://www.christianaction.org.za/

Join us on Facebook and Twitter

 

 

 

Skaars is die verkiesing verby of die Kommunistiese Rewolusie kom na vore. Ditsem Nuus berig op 30 Mei: Geharde Kommuniste sit breed en prominent in die nuwe kabinet van die ANC-regering. Die SA Kommunistiese Party se senior leierskap bestaan uit Blade Nzimande, sekretaris-generaal; Jeremy Cronin, adjunk-sekretaris-generaal; Senzeni Zokwana, nasionale voorsitter; Thulas Nxesi, adjunk-nasionale voorsitter en Buti Manamela, jeugleier. Met die aanstelling van Zokwana as Minister van Landbou en Manamela as Adjunk-minister is al hierdie senior SAKP-lede nou in prominente regeringsposisies. Lede van die SAKP se sentrale komitee wat ook ministers of adjunk-ministers is, is Rob Davies, Jeff Radebe en Godfrey Oliphant. Davies is Minister van Handel en Nywerheid met Patel uit Cosatu as Minister van Ekonomiese Sake.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1380 gaste aanlyn