Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om dood te gaan is nie 'n kuns nie; die slegste kry dit reg. Om te lewe is 'n kuns, die beste kry dit nie goed reg nie, sê onse Neelsie. Langenhoven se siening oor hoe moeilik dit is om nie 'n nuttelose lewe te lei nie laat mens onthou hoe die Psalmdigter bid: Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys. U voorskrifte is vir my 'n lied in my lewe hier op aarde. Om u bevele uit te voer is my hele lewe. Ek het gesê: 'Dit is my lewe, Here, om u woord te gehoorsaam.' Ps 119.
REGSE VERRAAD – 8 (SLOT)
Afrikanervolk het nie oorgegee nie
In die lig van wat in die voorafgaande artikels toegelig is behoort dit nou duidelik te wees dat die Afrikaner nie gekapituleer het en sy land op ‘n skinkbord weggegee het in 1994 nie. Daardie oorgawe van sy politieke mag is op slinkse wyse deur misleiding en geheime gekonkel namens hom gedoen. Die oorgrote meerderheid Afrikaners was nie daartoe bereid om hul politieke mag met daardie selfmoord-skuif te verloor nie – dis namens hulle gedoen en wel deur leiers wat welbewus daarvan was dat hulle besig was met verraad teen hul eie volk.
Vier groepe ná 1994
In die nuwe bedeling wat ná 1994 ontstaan het neem mens interessante verskynsels waar. Daar is vier hoofstrominge. Sommige mense gee boedel oor, verklaar dat hier nie meer vir hulle en hul kinders ‘n toekoms is nie, en emigreer dan na “groener weivelde”. Die grootste deel van hierdie groep (let wel – nie almal nie) bevind hulself aan die buiterand van die volkswese, met ‘n swak ontwikkelde patriotisme en vind daarom gemaklik aansluiting by ‘n vreemde kultuur waarin hulle baie gou assimileer. Hulle kinders wat in die nuwe land gebore word kan nie Afrikaans praat nie, en binne twee geslagte is hulle volledig in die nuwe nasie opgeneem. Hierdie groep (en veral hul nageslag) sê vir alle praktiese doeleindes hul Afrikanerskap op; hulle hou op om as Afrikaners te bestaan.
Tweede groep: berus en aanvaar
‘n Volgende groep van ons volksgenote gaan van die veronderstelling uit dat, gegewe die nuwe realiteit, ons nou “die beste van ‘n slegte saak” moet maak. Hierdie is die ewige optimiste wat onbewustelik volstruispolitiek beoefen. Hul skeefgetrekte geloof is dat die ontelbaar baie probleme en onhoudbaarhede van die nuwe bedeling dalk vanself sal verdwyn deur uitsluitlik net op die positiewe te fokus. Selfs al beleef hulle self daagliks die verval, agteruitgang en wetteloosheid daarvan. Afriforum vind die grootste gros van sy ondersteuning onder volksgenote met dié denkrigting. Hul oplossing is dus – ons moet net harder werk om die Swart gemors effe om te keer – “ons sal self” sê hulle. Ja, en so herbou hul ywerig dit wat deur die nuwe base afgebreek is en betaal self weer daarvoor nadat hulle ook reeds daarvoor belastings betaal het. Maar dis darem so positief en hulle “doen darem iets”. Ja, julle help die kaders meer steel, want nou hoef hy niks van daardiebelastinggeld vir projekte aan te wend nie – jy en Afriforum befonds self (weer) daardie projekte. En inderdaad verleng dié optrede die lewe van die onwettige bestel.
Derde groep: joiners
Daar is egter ‘n derde denkrigting wat hierdie een in kranksinnigheid oortref. Dit is dié een wat Kortbroek Marthinus van Schalkwyk, leier van die Nuwe Nasionale Party (NNP) gehuldig het: : if you can’t beat them, join them. Hy het sy hele party kort ná 1994 pens en pootjies binne-in die ANC tuisgemaak.
Aanvaar onomkeerbaarheid van bestel en vergaan saam met hom
By al drie hierdie groepe is daar een sentrale gemene deler, en dit is dat hulle berus in wat hulle beskou as die finaliteit en on-omkeerbaarheid van die huidige bestel. Op daardie wanhoopsopvatting volg dan bloot een van twee opsies: emigreer; of bly en maak dit werk. Dit is die tipies fatalistiese uitkyk van ‘n verslane, moedelose volk, mense wat berus in die onaanvaarbare en bereid is om maar op te gaan in die nuwe bestel.
Gaan op in die bestel en word deur hom verteer
Uiteindelik is hulle maar gewoon joiners, lamsakke en papbroeke. Hierdie volksgenote is, selfs al beskou ‘n groot gros van hulle hulself as konserwatief, eintlik maar opportunistiese liberaliste wat geen murg in hul pype het nie. En, soos ons in die eerste van hierdie reeks artikels gesien het, sien die liberalis primêr net na sy eie belang om – hy bedink nie die belang van die groter groep (die volk waaraan hy behoort) nie, alleen maar wat vir homself op daardie oomblik die grootste voordeel sal inhou. Hy gaan dus gemaklik op in die nuwe bestel, word maklik deel van die omkoop-kultuur daarvan. Val vinnig in by die nuwe modus operandi– Afrika-styl. Moraliteit en Bybelgetroue geloofswaardes word gerieflik eenkant geskuif terwyl die Afrika-kultuur knus omarm word. Dis dan wanneer jy jou begin tuisvoel in die sirkus wat hom jaarliks in Kaapstad afspeel – die parlementsitting, selfs al het jy voorheen in ‘n Blanke parlement met beskaafde Westerse norme gedien. Jy wurm jouself gemaklik daarin om met die Kentucky-“barrel” onder die arm by die verkeerskantoor in te stap – net om sake vir jouself bietjie gladder te laat verloop.
So al asof die riglyne in die Woord so saam met die Blanke grondwet in 1994 opgehef is...
Nuwe verraadsleiers (Volkstaatmanne) wil ook huidige bestel eer
Die nuwe regse verraad wat tans deur Tabok, Volkskrag en Boermedia gepleeg word enwaarvoor die doodgebore Afrikaner Akkoord geresusiteer word om ‘n volkstaat te beding, se leiers maak hulself skuldig aan dieselfde denkfout as diegene van die eerste drie groepe soos hierbo bespreek. Die kardinale fout wat gemaak word is dat hulle berus in die wanvoorstelling dat ons volk nou maar net ‘n klein onkapabele minderheid is en dat die NSA ‘n onomstootlike werklikheid is. Dat daar geen kans tot herstel van ons volk se soewereine heerskappy oor homself is nie.
Groep 4: Ware Afrikanernasionaliste
Die vierde groep mense is die ware Afrikaner-nasionaliste. Dit is diegene wat die hand van God sien oor die volk wat Hyself meer as 3 eeue gelede hier aan die suidpunt van Afrika kom vestig het vir wie Hy toegelaat het om te groei tot ‘n selfstandige volk met sy eie kultuur en taal en ‘n onwrikbare geloof in Hom. Dit is die groep wat sê: ons is hier om te bly – knegte van die Allerhoogste, maar teen die hele wêreld vry!
Keer om die onreg!
Daar is vir die Afrikanervolk net een weg te volg ten einde sy vryheid vir die derde maal te herwin: om die bedrog en verraad van 1994 waardeur ons politieke seggenskap van ons weggesteel is ongedaan te maak. Ja, alleen maar een wyse waarop ons van hierdie onwerkbare en onhoudbare situasie van ‘n duidelik falende Nuwe Suid-Afrika kan ontsnap. En dit is deur die herwinning van die politieke mag oor ons eiendom, die Republiek van Suid-Afrika. Alleen dan sal die Afrikaner weer waarlik vry wees. Nie in ‘n volkstaat wat deel uitmaak van ‘n “onverdeelde” veelrassige Suid-Afrika nie. Nee, wanneer die onregmatige diefstal van 1994 omgekeer word en die Afrikanervolk volledig in sy erfgrond herstel word, dan het ons die derde oorwinning oor ons volk omgekeer. Die voorwaarde tot die neem van die eerste treë in daardie rigting is dat van die vasberade veronderstelling uitgegaan moet word dat ons NIE berus in die huidige toestand nie. Dat ons weier om die huidige bedeling met sy onwettige regime te aanvaar of te erken. Dat ons nie vrede maak met die verdrukking van ons mense en die onregte wat daagliks teen ons gepleeg word nie. Dat ons weier om te aanvaar dat hierdie nuwe bedeling ewigheidswaarde het, dat dit ‘n onomkeerbare werklikheid is. Ons berus nie in die feit dat ons in die onderworpe toestand moet bly nie. Ons verwerp die Nuwe Suid-Afrika omdat dit deur verraad op ons afgedwing is. Die huidige regime is ‘n onwettige bestel omdat die Blankes nooit toestemming gegee het tot die weggee van sy regte of eiendom nie. Ons glo in die onwrikbare reg van die Afrikaner om oor homself in sy eie land te regeer. Die Afrikaner ís die wettige eienaar van hierdie land. Daarom glo en verklaar ons: HIERDIE LAND IS ÓNS LAND! Ons sal nie rus voordat ons die onreg van 1994 ongedaan gemaak het nie.
As God intree sal geen mag Hom keer nie
Ons glo soos ons voorgeslagte in die Voorsienigheid wat ons volk telkemale uit onmoontlike situasies gered het – in dié God wat ons volk hier kom plant en laat gedy en wonderbaarlik tot hiertoe beskerm het. Wat ons wonderbaarlik deur veldslae soos Vegkop, Bloedrivier en Majuba gelei het tot oorwinning. Ook in die volle vertroue dat Hy ook oor die mag beskik om ons uit hierdie “onmoontlike” situasie te herstel en in die wete dat Hy altyd getrou is – selfs al was en is ons as volk ontrou aan Hom. Ons hoef nie op prinse te vertrou as die Groot Koning ons Redder is nie. Daarom maak ons nie staat op die internasionale wêreld, of sy howe of Akkoorde nie, beroep ons ons nie op die “minderheidsregte” soos beskrywe in die God-onterende grondwet van hierdie onwettige regime nie. Laat ons vertroue alleen wees in dié God wat volkere plant en uitruk.
Die stryd om vryheid en vaderland duur voort!
Mnr. Jaap Marais stel dit reeds in 1996 dat ons ‘n gees van verset moet vestig. Afrikanernasionalisme moet aangewakker word met die slagkreet: die stryd om vryheid en vaderland duur voort!
Hy gee dan drie riglyne:
- Ons berus nie in die bedrogvolle en verraderlike verlies van vryheid nie;
- Afrikanernasionalisme moet weer die magnetiese krag word wat Afrikaners saambind en aandryf tot stryd;
- Ons moet trou sweer aan mekaar dat ons, soos die voorgeslagte, sal stry tot ons vryheid herwin is.
Volkstaat onhaalbare droom
Let wel, nié berus in die status quo nie; nié maar aanvaar dat ons ‘n oorwonne volk is, en nou maar probeer beding vir ‘n klein stukkie grond waaroor ons dalk darem grootliks (maar nie geheel nie) seggenskap sal hê; nié vertrou op menslike planne en staatmaak op traktate en akkoorde wat, soos Piet Retief moes uitvind, vir Dingaan geen bindingskrag het nie. (Die ANC het die Afrikaner Akkoord in 1994 ook net so waardeloos geskat en hulle doen dit vandag nog so.)
Ineenstorting van huidige bestel onvermydelik
Maar vandag lyk die situasie al geheel anders as in 1996 toe mnr. Marais die 3 riglyne uitgestippel het. Ook het hy in hierdie tyd as politieke profeet voorspel dat die huidige bestel sonder twyfel ineen sal stort, en dat daardie ineenstorting noodwendig met geweld gepaard sal gaan. Hoe moeilik was dit nie om hom toe te glo nie – die Swart massas was verenig in hul oorrompeling van Witmansland. Nou lyk daardie ineenstorting egter na ‘n tasbare werklikheid.
Wat verseker stabiele regering?
Daar is twee voorwaardes waaraan ‘n regering moet voldoen en wat as wetmatighede geld vir die effektiewe bestuur van ‘n land. Die eerste is dat hulle wetgewing en inisiatiewe moet daarstel wat die ekonomie van die land tot groei stimuleer. Daarbenewens moet hulle deur behoorlike wetstoepassing en regspleging sorg vir wet en orde. Daardie twee faktore – ekonomiese groei en sosiale stabiliteit – is noodsaaklik en ononderhandelbaar vir die daarstel van bestendige regering. Die teendeel geld ook: geen regering sal aan bewind bly indien hy nie finansiële groei in ‘n stabiele omgewing kan bewerkstellig nie.
ANC-bewind het oorvloed verorber
Op albei hierdie terreine faal die ANC dramaties. Die paradys wat hy op ‘n skinkbord ontvang het is vanweë onvermoë, korrupsie, nepotisme, toelating van “staatskaping”, wanbestuur en diefstal, verniel tot waar ons land tans is. Van die welvaart en vooruitgang van skaars drie dekades gelede is nog weinig te bespeur.
ANC-bewind verloor stryd teen wetteloosheid
Daarbenewens sink die land weg in ‘n toestand van wetteloosheid. Voertuigkapings, inbrake, verkragtings en moord is gewone daaglikse nuus. Landsburgers moet hulself hierteen staal in die besef dat die eens veilige land waar hul huise voorheen geen diefwering of veiligheidshekke gehad het nie en voertuie by winkelsentrums geparkeer was sonder om deure te sluit (die sleutel is selfs in die aansluiter gelaat terwyl inkopies gedoen is) nou lankal ‘n utopie uit die verre verlede is. Vandag is die polisie meesal self by misdaad-sindikate betrokke. Kriminele bendebedrywighede deur mafia-tipe organisasies neem sonder opposisie daagliks toe.
ANC-bewind aan die verkrummel
Vir die ANC-regime is die skrif lank reeds aan die muur. Dit is maar ‘n kwessie van tyd voordat hierdie bestel ineenstort. Die Swart kommunis sukkel om aan die bestaansvoorwaardes vir effektiewe regering te voldoen. Die ekonomie is aan’t flarde en wet en orde stort dramaties ineen. Selfs die desperate poging om ná die vorige verkiesing ‘n regering saam te stel waarin ander partye deelneem – die sogenaamde “GNU” gaan niks daaraan verander, hoogstens die ineenstorting vir ‘n kort wyle uitstel. Die verval het reeds te ver gevorder.
Is naderende ineenstorting stimulus vir nuwe Volkstaatplanne?
Is dit dalk die rede waarom nou reeds weer deur die vyande van ons volk geywer word om die volk nogeens op ‘n dwaalspoor te lei? Die wete dat die ineenstorting onafwendbaar is en in die nabye toekoms kan plaasvind? Waarom nie juis eerder mobiliseer vir die herstel van ons vryheid na so ‘n gebeure nie? Waarom, met vryheid wat smeek, ons mense opnuut op ‘n dwaalspoor neem met beloftes van selfregering binne ‘n volkstaat? Waarom gaan onderhandel met ‘n onwettige regime wie se mag besig is om sigbaar onder hom weggekalwe te word? Sulke motiewe is tog hoogs bedenklik!
Verraad in eie kring is venietigend
Generaal Christiaan de Wet praat oor presies hierdie tipe verraad net ná die Eerste Wêreldoorlog:
"Toe die oorlog in 1914 tussen Engeland en Duitsland uitbreek kon ons ons verlore onafhanklikheid teruggekry het – hoe maklik sou ons nie daarin geslaag het nie, maar min het ons geweet dat ons toe nie meer bondgenote gehad het in die persone van ons Eerste Minister en sy Minister van Verdediging nie. Generaals Louis Botha en Jan Smuts het hulle Boereharte vir Engelse harte verruil en Suid-Afrika as bondgenoot van Engeland in die stryd laat toetree. Die rebellie was feitlik uit die staanspoor tot mislukking gedoem. Ek moes uiteindelik, met nog net ses man by my, aan Botha se troepe oorgee. Gedurende die ses maande wat ek as gevangene aangehou is, het ek dikwels daaraan gedink hoe anders die verloop van ons vryheidstrewe sou gewees het indien daar in alle lae van ons Afrikanervolk nie die menigvuldige dade van verraad in eie geledere ons in ons stryd teen die vyand lam gelê het en verhinder het om ons einddoel te bereik nie."
Bloed is aan julle hande!
Mag ons van hierdie soortgelyke verraad gespaar word. Ons kan ons “verlore onafhanklikheid” ook maklik terugkry na die komende ineenstorting. Maar die misleiding wat tans aan die gang is gaan poog om die instelling van ‘n Afrikaner-nasionalistiese regering te verhoed. Daar sal gepoog word om vanuit die Broederbond, Afrikaner Afrika Inisiatief, die Afrikanerstigting,Soldariteit en Afriforum ‘n gematigde regering te vestig, as alternatief tot die instelling van ‘n ware Afrikaner-regering. Mag diegene wat hulle tans met verraadsplanne besig hou dringend herbesin. Die kool is die sous nie werd nie. Die lyding van ons volksgenote wat sedert 1994 steeds in intensiteit toeneem is bloed aan die hande van die verraadplegers. Hoeveel van ons mense is werkloos, in ‘ballingskap” oorsee, loop deur onder die misdaad wat sedertdien hoogty vier – is dalk verkrag, beroof, vermoor... Van wie sal daarvoor rekenskap geëis word?
Vryheid voorheen reeds 2 maal verloor, maar ook 2 maal herwin
In ‘n toespraak deur meneer Jaap Marais in 1995 stel hy dat die Afrikanervolk reeds twee maal vantevore sy vryheid verloor het, maar belangriker, dat hy dit ook reeds twee maal herwin het. Dan fokus hy op die wyse waarop die vryheid telkemale herstel is:
“Die twee vrae is: waarom het Afrikaners die politieke vryheid herwin, en op watter wyse? Dit is die twee belangrikste sake wat ons moet bespreek. Nou is die eenvoudige feit in verband hiermee dat die Afrikaners die politieke vryheid herwin het, omdat hulle van die begin of geweier het om die onderwerping te aanvaar. Hulle het nie berus in die onreg van die verowering nie. As daardie enkele besluit nie geneem was nie, sou daar in dié rigting geen verdere gevolge uit voortgevloei het nie.
“En die tweede is dat in daardie toestand van verowerheid en baie moeilike omstandighede
dit hoofsaaklik die moed en die durf van die leiers was wat die proses aan die gang gesit het
wat telkens uitgeloop het op die herwinning. Daarmee saam was daar die trou aan ‘n intuïsie van geroepenheid, ‘n aanvoeling van bestemdheid van hierdie volk in Afrika. Daarby die geloof in die God van hulle vaders, waaruit hulle versterking gekry het. Dit was ‘n groot toets: kan hulle volhard met al die agterstand en teenspoed wat daar was? En moenie vergeet nie: in hierdie beproewende toestande was dit die voortreflike leiding wat die Afrikanervolk gehad het wat resultate gelewer het. Dit was die basiese elemente van die hervatting van die stryd om vryheid ná 1877, en weer ná 1902.”
Verenig in verset op die basis van Afrikanernasionalisme
Hy gaan voort:
“As ons bo-oor politieke verdeeldheid wil voortgaan, sal ons op die korttermyn gesamentlike aksies moet probeer aan die gang kry en gebeure beïnvloed. Soos ek gesê het, ons sal ons gemoedstemming moet regkry sodat ons nie in die verraad berus nie. En ons sal ons moet beroep op die mense met wie ons 'n gemeenskaplikheid het: die nie-stemmers en mense wat misnoegd en ontnugterd is. Op die banier daaragter staan: ‘Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort’. En die innerlike oortuiging is die gehegtheid aan ons Witmanskap, die gehegtheid aan ons Christenskap, die gehegtheid aan ons Afrikanerskap, die begrensing van ons kultuur en ons ras. En daarnaas die onbreekbare wil om vry te wees van oorheersing deur buitelandse magte; vry van oorheersing deur finansiële imperialiste; vry van oorheersing deur swart getalle; en vry van oorheersing deur kommunistiese diktators. Dit is die dinge wat ons saam kan bind. Dit is die innerlike oortuiging waaromheen ons kan vergader.”
Staak die verraad!
Durf ons nog in hierdie dae ons besig hou met Volkstaatplannetjies en in onderhandeling met die kommunistiese regime? Gaan ons steeds in ongeloof volhard en ons mense op hierdie weg lei: berus maar, dis onomkeerbaar, God se hand is hierdie keer te kort om ons uit hierdie benarde situasie te red?!
Herstel Blank Suid-Afrika!
Nee, nooit nie! Laat ons verenig op die basis van die Afrikanernasionalisme. Want ons weier om te berus! Ons moet die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe hóú – so sing ons tog heelhartig. Noudat daardie erfenis verlore geraak het is dit ons dure plig om dit weer vir ons nageslag terug te win en te bewaar. Selfs nou, dertig jaar later beroep ons ons op die herstel van ons vryheid in ons Vaderland. Laat ons ag gee op hierdie wekroep van Jaap Marais:
“Op die langtermyn moet daar een onverbiddelike strategiese doelwit wees: Dié land is ons land. Ons sal weer ons vryheid verwerf, kom wat wil. Ons sal weer die onomkeerbare omkeer. As ons nie vir mekaar dit sê nie, is ons as Afrikanernasionaliste nie eerlik in hierdie stryd nie. En watter opoffering dit ookal sal meebring, al sal daar bloed moet vloei, ons sal daartoe bereid moet wees. Dis die uitdaging wat deur die geskiedenis aan ons gestel word.”