Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gebed verander sake. Maar dan moet ons dit nie net in tye van nood wil gebruik nie. Mense wat net in hul nood wil bid en verwag dat dit onmiddellik moet verdwyn, dryf eintlik met God die spot. Gebed is nie ‘n towerformule wat opgesê word en siedaar dinge verander nie!
REGSE VERRAAD – DEEL 6
Politieke mag bepaal ALLES
‘n Volk kan homself alleen betuig deur middel van sy politieke mag. Op watter wyse hy homself ookal wil uitdruk, geskied dit aan die hand van die feit dat hy deur middel van sy politieke mag wetgewing neerlê wat hom by vermoë stel om homself te laat geld. Verkies hy byvoorbeeld dat onderrig in sy skoolstelsel op Christelik-Nasionale beginsel plaasvind, fundeer hy daardie beginsel in wetgewing waartoe hy in staat gestel word deur die uitvoer van sy politieke magsvermoë. Die aard van sy militêre vermoë soos die grootte van sy Weermag en die fondse daarvoor begroot, sy gesondheidsdienste of die uitbouing van sy Nasionale Parke – al hierdie funksies word deur hom bepaal wanneer hy oor die politieke mag daartoe beskik. Die teendeel daarvan – soos ongelukkig tans deur die Afrikanervolk getuig kan word – is die totale verlies aan inspraak of seggenskap.
‘n Volk pleeg selfmoord deur mag af te staan
Die weggee van politieke mag, onder watter valse voorwendsel ookal is selfmoord. Politeke leiers wat hulle volgelinge daartoe verbind om mag af te staan of selfs geheel oor te dra, is skuldig aan verraad. So ‘n stap kan op GEEN wyse geregverdig word nie en kan NOOIT enige voordeel vir daardie volk inhou nie. Politieke mag verseker die voortbestaan en vooruitgang van ‘n volk. Deur hom dit te ontneem, selfs gedeeltelik, word ‘n onreg teen so ‘n volk gepleeg.
Volk krepeer en word geboelie
Die klinkklare bewys daarvan is die totaal magtelose posisie waarin ons volk onsself vandag bevind. Die Swart meerderheidsregering minag die Afrikaner se belange doelbewus. Daar geld verskillende stelle regsreëls vir Wit en Swart. Die boer wat optree teen veediewe word meedoënloos gejag en vervolg asof hý die misdadiger is. Die Swart politieke leier wat sy volgelinge oprui tot die uitmoor van Blankes word dit toegelaat en kom daar skotvry van af. Die Afrikaner moet tevrede wees met die ondergeskikte posisie waarin hy deur die verraad van sy leiers ingedwing is. Met die verlies van sy politieke mag is hy uitgelewer aan die wil van diegene aan wie daardie mag oorgedra is. Alleen deur herstel van sy volle politieke mag kan die Afrikaner weer vry wees in sy vaderland. Veral gegewe in ‘n veelrassige bestel waar die oorgrote meerderheid met ‘n verhouding van sowat 1: 21 behoort dit duidelik te wees dat selfs gedeeltelike selfbeskikking geen vryheid sal teweeg bring nie.
Nasionale Party mislei kiesers
Die oordrag van mag is die politieke slenter waarmee Afrikaners deur die destydse Nasionale Party-regering, asook hul geheime meelopers in die “regse” Afrikaner Volksfront, verraai is. Valse beloftes van “wigte en teenwigte”, die waarborg van “minderheidsregte” deur die Nasionale Party het baie gou geblyk maar net suswoordjies te wees en het daar natuurlik dadels van gekom. Deur die mag te oorhandig verbeur jy die voorreg om te bepaal watter posisie jy voortaan beklee – daardie voorreg setel in die hande van die veroweraar aan wie die mag oorhandig is. Gegewe die veroweraar se politiese- en ontwikkelingsonvolwassenheid, lei dit noodwendig tot onderdrukking en selfs weerwraak teenoor die voormalige magshebbers.
“Regse” leiers verraai volk ook
Ingelyks aan die NP-misleiding van die Blanke kieser is ook deur “regse” leiers valse beloftes van “selfbeskikking” en ‘n “volkstaat” gemaak. Nogeens soetklinkende woorde wat mooi beloftes inhou, maar het soos dié van die NP-regering oor geen inhoudelike waarde of uitvoeringskragbeskik nie. Kragtige misleidingsmiddels ja, maar van alle inhoud ontdaan! Die verloop van 3 dekades het duidelik laat blyk dat al hierdie soetklinkende woorde bloot maar leë beloftes was. Leuens en valse voorwendsels waardeur mense oorreed is om ‘n politieke bestel te betree wat as niks anders as politieke selfmoord van ‘n volk gesien kan word nie.
Politeke wanopvatting
Wat enige denkende mens hoofbrekens besorg is waarom die dringende begeerte by politieke leiers bestaan het om van die politieke mag afstand te doen. Daaroor kan breedvoerig uitgewei word in ‘n ander artikel. In ‘n neutedop die volgende: dit ontstaan vanuit die kritieke denkfout dat die Republiek van Suid-Afrika nie ons eiendom is nie. Die Republiek van Suid-Afrika wat in 1961 in aansyn geroep is, is internasionaal erken. Hierdie land is geleidelik oor etlike eeue ná volksplanting beset en ontwikkel. Die land was grotendeels onbewoond – woes, wild en leeg. Die Blanke pionier het dit verken, gekarteer en geleidelik aan die wildernis ontworstel. Waar Swart volkere teëgekom is, is later aan hulle grondregte in die vorm van Tuislande toegeken. Daar sou hulle tot volle politieke onafhanklikheid kon ontwikkel.
Hierdie land is óns land!
Dwarsdeur die geskiedkundige gebeure van die Groot Trek, die stigting van die Boere-Republieke, Uniewording in 1910 en daarna Republiekwording in 1961 is hierdie mooie land bewoon, bewerk en ontwikkel. In sy kort bestaan vanaf 1652 is ons land met die seën van die Almagtige toegelaat om tot ‘n reus te ontwikkel met die onvoorwaardelike erkenning dat hierdie land wat getem en ontwikkel is tot een van die voorste Westerse lande – ‘n leier op vele terreine – die onbetwiste eiendom van die Witman is, meer spesifiek nog, van die Afrikaner wat hier as volk ontstaan het en wat hier die leiding geneem het.
Dr. Verwoerd stel dit in ‘n toespraak op 3 Februarie 1960 as volg:
“The white man who came to Africa, perhaps to trade, and in some cases, to bring the Gospel, has remained and we particularly, in this southern most portion of Africa, have such a stake here that this has become our only motherland. We have no where else to go. We settled a country which was bare. The Bantu too came to this country and settled certain portions for themselves. It is in line with thinking on Africa to grant them there, those fullest rights which we with you, admitall people should have. We believe in providing those rights for those people in the fullest degree in that part of Southern Africa which their forefathers found for themselves and settled in.” But we also believe in balance. We believe in allowing exactly those same full opportunities to remain with in the grasp of the white man in the areas he settled, the white man who has made all this possible.”
Burgerskap is voorwaardelik
Soos die Suid-Afrikaner wat in Duitsland gaan studeer en etlike jare daar woon steeds geen aanspraak op Duitsland as sy grondgebied kan maak nie, so kon elke Swart volk hier volledig aanspraak maak op hul eiendom, hul Tuisland, sonder enige aanspraak op wat algemeen as “Blank Suid-Afrika” bekendgestaan het.
Staatkundig onverklaarbaar
Dit het dus gegrens aan politieke waansin om in 1994 die politieke seggenskap oor ons eiendom af te staan en te oorhandig aan mense wat daar geen reg of aanspraak op het nie. Daarom was dit onaanvaarbaar om onderhandelinge aan te knoop en eindelik ‘n rewolusie te laat afspeel waar die regmatige eienaars polities ontman word. Waarom sou ek met my buurman in onderhandeling tree oor my huis wanneer ek kaart-en-transport daarvan besit? Dis gewoon malligheid om daaroor te onderhandel – dit is mý huis!
Blanke kieser wou nie mag oorhandig
In die tydperk net voor 1994 was dít die sinnelose situasie waarin ons onsself bevind het. En soos reeds male sonder tal in hierdie reeks aangetoon, was die Blanke kieser gekant teen verdere onderhandelinge (kapitulasie/weggee) en sou die NP-regering by die stembus verslaan word vanweë die Blanke kieser se besef dat die regering se onderhandelinge en hervormings besig was om op ‘n ramp af te stuur. Daardie oordeel was reg en kon reeds kort ná 1994 gesien word. Sedertdien is ons land verniel, vernietig en geplunder. Van die eens trotse en vooruitstrewende Blank Suid-Afrika het min oorgebly, die sterkste ekonomie in Afrika is tot rommelstatus gereduseer. Die Witman, wat steeds die ekonomiese ruggraat van die ekonomie vorm, word uitgesluit en verswelg, en selfs geviktimiseer.
Hele land behoort aan ons, maar gee ons asseblief net ‘n deeltjie
Net soos die NP-regering se onderhandelinge met die ANC onheil vir ons land voorspel het, was die Volksfront se geheime gekonkel met die ANC (wat later deur die Vryheidsfront gefinaliseer is in die Afrikaner Akkoord) eweneens waansinnig: oorhandig julle volle politieke seggenskap oor gans die Republiek van Suid-Afrika aan die kommunistiese meerderheid, en begin dan die proses om weer ‘n klein gedeelte van jou eiendom terug te smeek. Absolute waansin!
Bedoeling was nooit die daarstel van ‘n Volkstaat nie
En daardie proses van terugsmeek van ‘n gedeelte – die “volkstaat” moet geskied aan die hand van die dokument (die “Afrikaner Akkoord”) wat deur geheime gekonkel met die ANC opgestel is. Daardie dokument dra net so min waarde as wat enige van die ander valse versekerings soos “wigte en teenwigte” en “minderheidsregte” doen. Die bewys van die onuitvoerbaarheid daarvan is dat dit na 30 jaar steeds geen greintjie selfbeskikking vir die “Afrikaner-minderheidsgroep” kon beding nie. En dít ten spyte van grondwetlike beskerming, artikel 235, beginsel 34 in die grondwet en die baie duur oefening van die Volkstaatsraad ten spyt. Die rede is voor die hand liggend – dit was misleidingspolitiek deur die verraaier-leiers wat ons volk uitverkoop het. Dit het nooit ten doel gehad om waarlik selfbeskikking, nog minder ‘n “Volkstaat”, vir die Afrikaner daargestel te kry nie.
Nuwe verraad aan die hand van dieselfde Akkoord
Dat daar tans opnuut gepoog word om dié bewese nuttelose dokument nuwe lewe in te blaas is ‘n skreiende skande. En laat dit hier kategories gestel word – die geskiedenis het bewys dat daardie dokument nikswerd is – enige poging om dit weer aan te bied as ‘n oplossing is nogeens verraad! Dit kon nie eens binne-parlementêr enigiets bereik nie. Watter logika dikteer dat dit nou eerder buite-parlementêr kan slaag? Daar is groot gewag gemaak deur Tabok en Boermedia oor die “internasionale advokate” wat die dokument sou ondersoek om dan die hoop te laat posvat dat dié ding internasionale regskrag sou geniet. Dis natuurlik aangevuur deur die groot geloof in die internasionale bindingskrag daarvan soos geag deur prof. Hercules Booysen wat self jare lank lid van die Volkstaatraad was. Maar, helaas, tot hulle groot spyt en groter verleentheid moes hul van die hooggeleerde internasionale regskenners verneem dat die dokument oor geen sodanige regskrag beskik nie. Dit verhoed egter nie dat die Akkoord steeds ywerig bemark word nie ... nogeens ‘n geelwortel... ’n hersenskim van wat nooit sal wees nie...
Het die Afrikaner Akkoord enige krag?
Maar wat sê dié dokument van verraad? Kan dit selfbeskikking of ‘n grondgebied vir ons volk bewerkstellig? Kan dit ons volk van ANC-tirannie bevry, ons weer seggenskap oor ons eie sake gee?
Andries Breytenbach (later die leier van die verloopte HNP) wat self ten nouste betrokke was by die verraad en die ondertekening van die Afrikaner Akkoord maak in November 2020, terwyl nuwe verraadsplanne rondom die herlewing van die Afrikaner Akkoord reeds gesmee word, die volgende opsienbarende stelling oor hierdie herlewing van die planne:
“Indien dit hoegenaamd moontlik was om die onderhawige ooreenkoms(te) af te dwing, moes dit gedoen gewees het toe die Volkstaatraad summier afgeskaf is sonder dat hulle finale verslag voor die parlement gedien het. Om dit nou, ná ʼn kwarteeu in die Afrikaner-vyandige konstitusionele hof te probeer doen, is wensdenkery.”
Akkoord bevestig nuwe bedeling
Die eerste belangrike aspek om in ag te neem is dat met die ooreenkoms wat deur hul geheime ontmoetings bereik is, sekere erkennings gemaak word wat beide partye stewig verbind tot die nuwe bedeling wat in 1994 sou ontstaan. Dit moes aanvaar word dat die Blanke sy politieke mag verloor en geensins moes durf waag word om terug te gryp na die ou Suid-Afrika nie. Die dokument is op 21 Desember 1993 vrygestel. Relevante gedeeltes word hieruit aangehaal. Die volledige dokument is ter insae beskikbaar.
Memorandum of Agreementbetween
the African NationalCongress
andthe Afrikaner-Volksfront
The delegations of the African National Congress and the Afrikaner-Volksfront have met on numerous occasions to discuss matters concerning the political transition [oordrag van politieke mag] in South Africa.
- These discussions have resulted in the following agreements of understanding:
- Bothparties are comitted to the development of a non-racial democracy. They both accept that many Afrikaners also have a commitment to the ideal of self-determination in a Volkstaat and that this ideal should be adressed expedititiously, without delaying the current process of transition.
Both parties reject any political suggestions which would embody racismandfailed apartheid policies.
1.2 Both parties believe that the objective stated above are obtainable, and that a suitable political solution can be found through a process of negotiations. The formulation of this solution demands commitment found edona new vision for the future for South Africa, supported by its leadership. Both parties seek constructive engagement in the constitutional proscess.This is a crucial commitment which will help in adressing the entrenched mistrust and antagonism which exists between the supporters of the Afrikaner-Volksfront and the African NationalCongress.
Blankes gebind – ANC verontagsaam
Soos die geval is met meeste ooreenkomste en onderhandelings met die ANC het die Blanke deelnemers gretig die letter van elke klousule nagevolg. Dit kan nie van die ANC gesê word nie. Reeds vanaf die hoogs geheime onderhandelings tussen Nelson Mandela voor sy vrylating en Nasionale Intelligensie in opdrag van PW Botha, het die ANC die eise gestel en die onderhandelinge (vanuit hul verswakte posisie!) gedomineer en die gang van sake gedikteer. Dit was niks anders met die Kodesa-onderhandelings nie. Die Blanke onderhandelaars het skaamteloos voor die ANC gekapituleer. Dieselfde het ook gegeld in hierdie onderhandelings wat tot die totstandkoming van die Afrikaner Akkoord sou lei. Die “regse” deelnemers sou gewillig skoothondjies van die nuwe heersers word, en gedweë inval by die nuwe reëls vir hulle neergelê. En het hulle toe nie ook pragtig help saambou aan die nuwe “non-racialdemocracy” nie. (En natuurlik lekker saam soustrein gery ook). Die ANC het daarenteen geen poging aangewend om sy verpligtinge na te kom nie.
ANC was nooit bereid tot Vokstaat-skepping
In “Anatomy of a Miracle – The End of Apartheid and the birth of a New South Africa” skryf die gesoute politieke rubriekskrywer van die Financial Times, Patti Waldmeir oor die geheime samesprekings wat tot die ontstaan van die Afrikaner Akkoord gelei het:
‘Mandela gave the talks with Viljoen high priority and carefully chose a team of moderate Africans (not the lndian and white communists whom the Afrikaners distrusted) to runthem…Thabo Mbeki was also part of theteam… Mbeki’sstrategy was to keep the Afrikaners talking. That way they would remain under these ductive influence of himsel fand Mandela; they would be kept away from their war councils; and they would be exposed to a barrage of reasonable questions which might in the end make them doubt the viability of their own volkstaat demands… Mbeki did not tell Viljoen he thought his ideas were crazy; he just kept asking him questions he could not answer… The ANC never had any intention of giving Viljoen his homeland ― but they managed to make him think they were seriously considering it… But it was a stroke of genius on the part of the ANC… itwould help to keep Viljoen on a string for as long as this was needed: while the election was won and the state power acquired. Thereafter, it would allow the ANC to slide away from the agreement if it so chose’….”
Een onverdeelde Suid-Afrika
Onder punt 2.1 van die ooreenkoms word die volgende erken: “South Africa should be the home to all its inhabitants who share a common future, based on peaceful co-existence, economic interdependence and constitutional government.” Sou ‘n volkstaat ooit ontstaan is dit duidelik wat hier met “economic interdependence” bedoel word. Want “constitutional government” dui op die sentrale regering van ‘n onverdeelde eenheidstaat…
Volkstaat bly onderhewig aan Suid-Afrika
Volgens die ooreenkoms word ‘n werksgroep in die lewe geroep om verskeie sake te ondersoek:
Financial and economic viability of such a regionandits monetary and fiscal relationship to the rest of the country
The nature of the relationship between the Volkstaat and other local, regional and central government/administrative structures
Onderneming skreiende aanklag
Punt 2.7 stel dat die ANC homself verbind tot“...gives its commitment to promote agreements entered into with the AVF, including such constitutional and legislative agreements which may berequired for their implementation”. Ek dink nie dat hierdie eens enige kommentaar behoef nie.
Nie-rassige burgerskap
In hoofstuk 4 word onder die hofie Burgerskap die volgende gestel: “Anyform of derived citizenship intended for persons residing in a possible Volkstaat will not be racially based and shall be compatible with internationally accepted norms.” Ook self verduidelikend – ‘n Blanke Afrikaner-grondgebied met geen rasse-diskriminasie nie. Selfde model as Orania – dit sal ook daar aanstons tot rampspoed lei.
Volkstaat in lyn met nie-diskriminerende Suid-Afrika
In hoofstuk 5 die belangrike afkondiging onder punt 1: “Theconcept shall in no way be construed as to give support to those fatal racist ideologies of the twentieth century that was based on chauvinistic excessive escalation of identities or ethnocentrism which bred discrimination, racism and prejudices which on their part brought war, misery and death to many”. En al die tyd was skrywer onder die indruk van die ongekende vrede, stabiliteit, ekonomiese groei en goeie rasseverhoudings in die tyd van dr. Verwoerd! Het ons nie daarna onder die beleid van “wegbeweeg van diskriminasie” gedaal tot ‘n misdaad-mekka van die wêreld met die hoogste moordsyfer per capita nie? Met rasse-spanning wat die hoogte ingeskiet het daarby?
Volkstaat moet staat ondersteun
Onder punt 5: “A balance should be negotiated between the desire of such a people for self-determination and the ideal of peaceful well-being of the larger whole of society”. Van ‘n onafhanklike, self-beskikkende volkstaat is hier geen sprake nie – bloot maar net ‘n area in die groter NSA. En dan: “Self-determination will serve the purpouse of building the state and not cause the dislocation of the state. It should fascilitate peace and not cause conflict.” Dit is te betwyfel of die gewone Volksfront-ondersteuner vrede sou hê met wat hier vir hom beding word!
Verraaiers het net so min as ANC Volkstaat begeer
Die onwerkbaarheid van die impotente grondgebied vir die Afrikaner wat hier deur “regse” leiers en die ANC bekonkel is behoort aan iedereen nou duidelik te blyk. Dit laat mens opnuut besef dat, nie net van die kant van die ANC daar nooit enige erns of opregte intensie was om ‘n Volkstaat daar te stel nie, dit kan met sekerheid ook gesê word van die onderhandelaars aan die ander kant van die tafel. En die geskiedenis lewer bewys daarvan. Daarteen kan hul geen betoog hê nie. Hoeveel tyd sou nodig wees om ‘n saak van soveel erns deurgedruk te kry? Die politieke wil tot die daarstel van ‘n Volkstaat, het ontbreek – dit was nooit meer as ‘n fopspeen om die huilende baba mee te sus nie.
Waar was hulle erns?
As die Afrikanerleiers opreg was in die daarstelling van ‘n Selfbeskikking Volkstaat sou mens kon verwag dat hulle veral met die kundigheid tot hul beskikking sekere indringende vrae sou stel en voorwaardes en waarborge aangevra het ten einde nie soos tans met leë hande en rooi gesigte te staan nie.
Vrae soos:
- Oor watter uitvoerende magte sal die (plaaslike) regering van die Volkstaat beskik? (Dit sou duidelik bloot ‘n plaaslike regering – soort van ‘n stadsraad kon wees volgens die ooreenkoms)
- Wat is die prosedure wanneer dispute tussen die plaaslike regering (Volkstaat) en oorkoepelende staat beslis moet word
- Oor watter kritieke aangeleenthede sou die Volkstaat volle seggenskap hê (bv. skole, hospitale ens)
- Watter deel van die belastinggeld wat by Volkstaters gehef word word weer aan die Volkstaat uitgekeer?
- Sou daar ‘n aparte regstelsel bestaan wat reg oor Volkstaters spreek?
Die lys van kritieke maar onaangeraakte kwessies is eindeloos. Maar net nog ‘n bewys dat die hele kwessie rondom die Afrikaner-Akkoord maar ‘n weerligafleier was. Dit was die geelwortel waarvan niemand buiten die onderhandelaars enige kennis gedra het nie. Daarom was dit ‘n spoedig saamgeflansde dokument wat die skyn moes voorhou dat “waarborge van Selfbeskikking” vir ‘n volk beding is wat verswelg sou word deur die een-mens-een-stem demokrasie waarin hy geoffer is. By verlies aan sy politieke mag moes dié stukkie nikswerd papier hom gerusstel en hom ooreed om deel te word van die goddelose bedeling.