Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is een ding wat jy nooit moet vergeet nie: jy is uniek. Dit hang net van jouself af om iets moois en wonderliks van hierdie lewe te maak – die keuse is joune.
REGSE VERRAAD (Deel 1-4)
Lank lewe die Afrikaner-nasionalisme!
Die onlangse herontwaking van nasionalisme in ons volk laat tans koue rillings langs liberale ruggrate afvloei. Daarom begin hulle weer om met ywer die doodgebore Afrikaner Akkoord-dokument – wat na 30 jaar nog nie eers 30 vierkante sentimeter se “Volkstaat” kon beding nie – opnuut af te stof, asof hulle lewe in dié dooie ding kan blaas!
Hierdie artikel is ‘n oorsigtelike begrip van die verraad wat deur volksleiers gepleeg is om die oordrag van ons land se mag, die weggee van ons eiendom sonder ons toestemming, moontlik te kon maak. Die bedrogspul staan bekend as die IDASA-komplot – intriges waarvan nog vele hoofstukke oor geskryf moet en sal word. In geheel sal hierdie artikel uiteindelik een van die heel belangrikste openbaringsgeskrifte van die grootste verraad in ons geskiedenis word en sal elke konserwatiewe ware Afrikaner dit in besit en in begrip moet neem om uiteindelik die volle waarheid van die verraad van sy eie blanke leiers te verstaan. Mag God die nog ongeopende oë van talle Afrikaners hierdeur open!
In hierdie aflewering word die 1e vier dele geplaas om ‘n geheeloorsig oor die geraamte te verkry waarna meer vlees mettertyd ingevoeg sal word.
Regs en Links
Die Afrikanervolk is soos meeste ander volke in twee groepe verdeel – dié wat konserwatief van inbors is, en dié wat ‘n meer liberale uitkyk op die lewe het. Ons praat van die regses en die linkses. Beskou mens die geskiedenis van ons volk kan hierdie verdeling reeds van die vroegste tye gade geslaan word. So was die deel van die volk wat ‘n meer liberale siening huldig in die 1800’s dié wat hul heel gemaklik onder Engelse bewind aan die Kaap gevoel het. Hulle beweeg aan die buiterand van die harde kern waaruit ‘n volk saamgestel is. Daardie stel waardereëls wat die aard en wese van ‘n volk bepaal. Die konserwatiewe denker vind homself altyd nader aan hierdie kern, hy lééf hierdie waardes en koester dít wat sy volk uniek maak. Die liberale mens is pragmaties in sy denke , individualisties en meer gesteld op eiebelang. Die konserwatis daarteenoor is beginselgebonde, sien homself as deel van ‘n groep en stel gewoonlik eiebelang ondergeskik aan die groter geheel waarvan hy deel vorm – hetsy dit sy gesin, familie, gemeente/gemeenskap of volk is. Sy benadering is om altyd vanuit beginsel, eerder as vanuit omstandigheid te handel.
Hierom moes die konserwatiewe Vryburger van daardie era homself losskeur van Britse oorheersing aan die Kaap, die vreemde in. Sy dryfveer: die drang na vryheid – om oor homself te kan regeer! Die liberaalgesinde kon egter maklik vir homself ‘n tuiste onder Britse oorheersing vind, solank hy vir hom en sy gesin ‘n gerieflike, gemaklike plekkie daar kon skrop.
Tweede Vryheidsoorlog 1899 - 1901 (Anglo-Boere-oorlog)
Netso het die liberaalgesinde volksgenoot tydens die Tweede Vryheidsoorlog geen probleem gehad om aan die Engelse, perde en voer en hulp te voorsien nie – wel teen groot beloning en beskerming van homself, maar tot nadeel van die volk waaraan hy behoort. Soos dit die liberale denker betaam – deurentyd in sy besluitneming gedryf deur omstandigheid, eerder as beginsel, met eiebelang wat altyd prioriteit geniet.
Maar gedryf deur sy lojaliteit aan volk en land en in nastrewing van die vryheidsideaal wat hom deurgaans inspireer, het die konserwatiewe bittereinder ter wille van die hoër saak, in troue beginselvastheid, groot verlies en lyding verduur. Moed en durf asook vaste geloofsvertroue in die Almagtige wat sy volk tot hier gelei en bewaar het, besiel hom tot stryd en ontbering en die bring van hoë offers.
Die Afrikaner is oorwegend konserwatief
Kenmerkend van die Afrikanervolk is dat die oorgrote meerderheid van volksgenote nog altyd dié is wat hierdie konserwatiewe waardes voorstaan. Daar bestaan ‘n sterk drang na behoud van sy erfenis en ‘n trots op sy herkoms en bestaansreg as volk voor God. Getuienis van ‘n behoudende, konserwatiefdenkende nasie. Die sterkste bewys daarvan is dat hy oor al hierdie eeue as Blanke volk bly voortbestaan het. Genetici bereken die persentasie van Afrikaners se Europese herkoms as 98.9%. As dit vergelyk word met die graad van rasvermenging in ander Afrika-lande met Blanke setlaars word die merkwaardigheid daarvan besef. Van byvoorbeeld die Portugese in Mosambiek en Angola bestaan alleen nog net hul taal, of ‘n gebrabbel daarvan wat deur ‘n baster-nageslag gebesig word.
Die konserwatiewe waardes van behou, bewaar, beskerm, bemin, behoed, verinnig, blyk dus duidelik die waardesisteem te wees waarvolgens die oorgrote meerderheid van ons volk hulself betuig.
Hoogtepunt van Afrikaner-nasionalisme
Met die oorwinning van die Nasionale Party in 1948 en in die jare wat daarop volg tot en met dr. Verwoerd se sluipmoord in 1966 bereik die Afrikaner-nasionalisme sy hoogtepunt. Die daarstelling van ‘n Republiek in 1961 was op hierdie vryheidspad van die Afrikaner ‘n grootse moment. Daarmee is die volk se heerskappy oor Blank Suid-Afrika – van Messina tot by Kaappunt, bevestig en verseël, en ook internasionaal so erken. Hierdeur is die laaste greintjie Britse heerskappy afgeskud. Dit het eindelik beslag gegee aan generaal Hertzog se wekroep: “Suid-Afrika eerste!”.
Eerste afwykings
Ná dr. Verwoerd se moord het die verdeling tussen liberale en konserwatiewe volksgenote duideliker geword. Onder aansporing van buitelandse druk en met finansiële beloning deur vyandige geldmagte is Afrikanerleiers oorreed om meer liberale beleidsrigtings voor te staan. Gedagtes soos “detènte” – basies: paai die Swartman en gee hom gelyk om sy guns te probeer wen – is nou deur John Vorster wat dr. Verwoerd as Eerste Minister opgevolg het, aangehang. Vorster het begeer om deur sy uitwaartse beleidsrigting sterk aansluiting met leiers van Swart buurlande te soek. Dit is egter onmiddellik deur hulle as swakheid gesien en het aanleiding gegee tot verhoogde vyandigheid deur hulle en het tot verhoogde druk vir verandering van Suid-Afrika se binnelandse beleid gelei.
Voete van klei
Die New York Times beskryf John Vorster as volg: “John Vorster, a far more subtle and flexible politician...’” – direk in kontras tot sy voorganger se onkreukbare beginselvastheid. Vorster se opvolger, PW Botha, se wekroep was “adapt or die”! Nie meer die beproefde beginselgegronde pad van die Nasionale Party soos vergestalt onder die leiding van Malan, Strijdom en Verwoerd nie. Nou verkennend na buite en voel-voel die donker in...
Só is die pad ingelui na die vernietiging van die ideale soos vergestalt in Republiekwording. Die weg is gebaan na selfvernietiging en oorgawe aan die “Swart meerderheid”. Dié oorgawe was dan ook inderdaad die gevolg op die afwykende beleidsrigtings wat deur die opvolgers van Verwoerd nagevolg is. Die waarskuwings deur “doemprofete” vanaf die jare 1969 en verder, dat hierdie afwykende beleid tot ‘n Swart meerderheidsregering sou lei is inderdaad presies 25 jaar later in 1994 bewaarheid. Diegene wat vrot eiers en tamaties gegooi het en vergaderings van vêrsiendes wat hierteen probeer walgooi opgebreek het, moet vandag hul koppe in skaamte laat sak in erkenning dat daardie handjievol beginselvaste manne en vroue toe al die tyd reg was.
Hierdie gemors is ‘n produk van die liberale denke
Konserwatisme behou, Liberalisme vernietig. Konserwatiewe Blanke bewind het vooruitgang, netheid en orde beteken, maar dit is in 1994 vervang met stagnering en agteruitgang, wetteloosheid, korrupsie, wanorde en chaos. Die noodwendige eindproduk van die toepassing van liberale beleidsrigtings.
Praat na regs, doen na links
Die vraag is natuurlik hoe dit moontlik was om hierdie oorwegend konserwatiewe volk langs liberale weë te kon lei tot oorgawe en selfmoord. Die antwoord: deur beoefening van oneerlike politiek. Praat na regs, maar doen in die geheim na links. De Klerk se Nasionale Party het in aanloop tot die 1992 referendum slagspreuke soos : ‘Eie skole, eie woongebiede’ gebruik om die misleides te paai, die indruk te skep dat hulle die Afrikaner se belange wil beskerm. Elke denkbare vorm van laakbare misleiding is oor dekades deur die Nasionale Party aangewend om seker te maak dat hy nie sy oorwegend konserwatiewe kiesersbasis vervreem nie – iets wat definitief wel sou gebeur indien die leiers hul ware intensies, naamlik om die Blanke sy politieke mag te ontneem en hom derdeklas-burger in sy eie land te maak – sou bekendmaak.
FW hervorm koorsagtig
Die merkwaardige is egter dat prysgawe van politieke mag steeds nie in 1994 sou kon plaasvind sonder die toetrede van sogenaamde regse rolspelers nie. Teen die laat tagtigerjare het die volk reeds erg skepties gestaan teenoor die hervormingsplanne van De Klerk. Dat dit besig was om af te stuur op Swart meerderheidsregering het nou deurgedring tot die meerderheid van die Blanke kiesers. Hulle het tot die besef gekom dat FW en die Nasionale Party besig was om ons uit te verkoop. Dit het veral duidelik geword na FW de Klerk se toespraak op 2 Februarie 1990 – die sogenaamde Rooi Vrydag toespraak (geskryf deur niemand anders nie as genl. Tienie Groenewald – later een van die “regse” generaals in die Afrikaner Volksfront)! De Klerk kondig met dié toespraak aan dat verbanne organisasies soos die African National Congress (ANC) en die SACP (Kommuniste Party) ontban word. Kort hierna laat hy Nelson Mandela vry, ten spyte daarvan dat Mandela botweg weier om geweld af te sweer – ‘n “ononderhandelbare” voorwaarde wat destyds deur die regering gestel is.
Die politieke gety draai skerp teen die regering, momentum bou onstuitbaar op vir die omverwerping van die Nasionale Party by die stembus, daarom moes De Klerk alles in werking stel om sy verraad teen die volk te voltooi voordat die volgende Blanke algemene verkiesing volgens die grondwet in September 1994 moes plaasvind. Die Nasionale Party sou sonder twyfel met daardie verkiesing ontsetel word. Die kiesers het deur die leuens en verkiesingspropaganda gesien en besef dat die toekoms van ons land en die Blanke beskawing nou in doodsgevaar verkeer het.
Potchefstroom en Virginia tussenverkiesings
Met die tussenverkiesings wat in 1992 in Virginia in die Vrystaat en kort daarna in Potchefstroom in die Wes-Transvaal plaasgevind het was dit duidelik dat die skrif aan die muur was vir die Nasionale Party-regering. Hulle sou ‘n algemene verkiesing nie oorleef nie. FW de Klerk kondig in reaksie hierop enkele dae ná die Potchefstroom-tussenverkiesing die hou van ‘n referendum aan.
REGSE VERRAAD (Deel 2)
Clive Derby-Lewis
Clive Derby-Lewis was ‘n lid van die topbestuur van die Konserwatiewe Party (KP). In ‘n onderhoud wat kort voor sy dood met hom gevoer is erken hy dat die algemene konsensus onder lede van die KP-koukus was dat hulle (die KP) ‘n Blanke algemene verkiesing sou kon wen. Met die aankondiging dat ‘n referendum gehou gaan word is die KP-koukus byeengeroep om ‘n besluit te neem oor deelname daaraan of nie. Daar is toe ‘n gelykoptelling van stemme, met Andries Treurnicht wat as leier die beslissende stem moes uitbring. Derby-Lewis reken dat Treurnicht toe die “grootste fout van sy politieke lewe” gemaak het deur ten gunste van deelname aan die referendum te stem.
Marais ywer vir algemene verkiesing
In die voorafgaande maande het die leier van die HNP, mnr. Jaap Marais, herhaaldelik oproepe op die KP-leiding gedoen om ‘n algemene verkiesing af te dwing deur die bedanking van hul setels deur al die KP-volksraadslede. Die reeks tussenverkiesings wat hierop sou volg sou onteenseglik toon dat die NP se steun drasties afgeneem het. Dit sou die bewys wees dat die Blanke kiesers die grondwetlike hervormings waarmee die regering besig was verwerp en dat hy daarom nie ‘n mandaat van die keisers geniet om daarmee voort te gaan nie. Die hou van ‘n Blanke algemene verkiesing sou dus deur hierdie skuif afgedwing word. En soos vroeër gemeld, was daar algemene konsensus dat die NP dan ontsetel sou word. Selfs Constand Viljoen verklaar op 18 Augustus 1993 dat ‘n algemene verkiesing met 50 tot 60 persent gewen kan word.
Hierdie skuif sou die enigste oorblywende demokratiese weg wees waardeur die Nasionale Party se verraad gestuit kon word. Maar ten spyte daarvan dat die KP geweet het dat so ‘n verkiesing gemaklik gewen sou kon word, het Treurnicht daarteen besluit.
Vanuit geheime kringe kom geheime planne
Intussen is uit Regerings- en Inligtingskringe ‘n fyn-bedinkte komplot gesmee ten einde te verseker dat hul planne van verraad teen ons volk enduit gevoer sou word, en dat dit nie deur regse verset in die wiele gery sou word nie. In hierdie komplot het generaal Constand Viljoen die sentrale rol vervul. Die regse verset wat besig was om sterk momentum op te bou en wat kon lei tot gewapende weerstand moes deur sy toedoen verhoed word. Daarbenewens moes die aandrang vir die hou van ‘n Algemene Verkiesing geheel ontmoedig word.
IDASA
IDASA is die akroniem vir The Institute of Democratic Alternatives in South Africa. Die instituut is in 1986 deur Frederick van Zyl Slabbert (voormalige leier van die Progressiewe Federale Party – nou die DA) in die lewe geroep. Hulle is befonds deur George Soros wat steeds wêreldwyd in lande se interne politieke sake inmeng.
Linkses ontmoet verbanne ANC in Dakar
In 1987 reël IDASA die Dakar-konferensie met die verbanne ANC. Prof. Abraham Viljoen (broer van Constand Viljoen) en Theuns Eloff (later uitvoerende direkteur van die FW de Klerk Stigting) was onder die groep liberaliste as lede van die Suid-Afrikaanse Afvaardiging. Let wel, op hierdie tydstip was die kommunistiese ANC wat gewapende terroriste-aktiwiteit teen ons land gepleeg het en honderde mense vermink en vermoor het deur bomontploffings soos die Kerkstraatbom in 1983 en ander terreurdade, ‘n verbode organisasie. Dit kon dus as hoogverraad beskou word om met hulle sameprekings te voer.
Concervative Dialogue Program van IDASA
Hierdie selfde volksondermynende ver-linkse organisasie, IDASA, roep in 1992 die Conservative Dialogue Programme (CDP) in die lewe. Die CDP se doel was om regse leiers (waarvan meeste nié so regs was nie) te beïnvloed en hulle te bestuur ten einde te verseker dat De Klerk se verraad nie deur die opbouende regse verset ontspoor word nie.
AVF is CDP se baba
Een van die belangrikste projekte van die CDP was die stigting van die Afrikaner Volksfront (AVF) in Mei 1993. Die doel was om ‘n sambreel-organisasie vir al die regse organisasies daar te stel, met ‘n bestuur wat deur IDASA se CDP beheer word. Generaals Constand Viljoen en Tienie Groenewald sou hierin leidende rolle vervul. Groenewald het aan die Sunday Times van 2 Mei 1993 bevestig dat die leiers van die KP “die generaals” gevra het om die “twistende regse faksies” byeen te bring. Groenewald het ná die eerste vergadering van die AVF gesê dat dit (die stigting van die AVF) die vrug was van “months of lobbying behind the scenes”.
CDP-oogmerke en betrokkenes
Van Zyl Slabbertvan IDASA skryf op 14 September 1993 as volg aan Hans Duerr in Duitsland:
“The project [die CDP] is of critical importance in avoiding bloodshed in South Africa and promoting effective negotiations. Project purpouse: to promote and sustain dialogue between the centre right, i.e. the Afrikaner Volksfront and the ANC”
Oor wie hieraan deelneem skryf hy verder:
“The most likely persons involved – Afrikaner Volksfront – Genl. Constand Viljoen, Genl. Tienie Groenewald, Genl. C. Visser, Dr. Piet Gous (Vrystaat Landbou-Unie), Dries Bruwer (Transvaal Landbou-Unie). ANC – Mr. Thabo Mbeki, Mr. Jacob Zuma, Mr. Mdadla.”
AVF se aard verraai
Hierdie val natuurlik uiters vreemd op, want die regse kieser wou glad nie met die ANC onderhandel nie. Juis omdat hulle die onderhandelings verwerp het was hulle nou ondersteuners van die AVF wat, volgens die Suid-Afrikaanse aanlyn-geskiedenis “... gestig [is] deur 21 Afrikanerorganisasies as gevolg van die toenemende behoudende teenstand teen die veelparty-onderhandelinge wat in Kemptonpark aan die gang was”.
IDASA het dus deur sy CDP geknoei om te verseker dat die Afrikaner Volksfront wat in die lewe geroep sou word se leiers reeds besmet is met “avoiding bloodshed in South Africa and promoting effective negotiations”. Hierdie (ver)leiers moes soos die NP handel: Praat na regs – om jou ondersteuners te paai en te laat glo dat jy hulle belange dien, terwyl jy in die geheim na links doen ten einde sekere vooropgestelde doelwitte te bereik. Omdat dit duidelik was dat die Blanke kieser nie die NP se hervormings gesteun het nie en bereid was om dit met wapengeweld teë te gaan, moes die AVF in die lewe geroep word met ‘n leierskorps wat in die hande van die NP sou speel. Dit het die onmoontlike – om ‘n konserwatiewe volk se land en politieke mag van hom weg te steel – moontlik gemaak.
Geen Algemene Verkiesing!
IDASA se CDP moes ook verseker dat die regses nie aandring op ‘n algemene verkiesing nie, aangesien dit ‘n einde sou bring aan die “hervomings” waarmee De Klerk besig was, hervormings wat uiteindelik tot die val van Blank Suid-Afrika sou lei.
Met die stigtingsvergadering van die Afrikaner Volksfront is toe ook reeds op die eerste vergadering gestel dat die AVF téén die afdwing van ‘n algemene verkiesing is, wat inderdaad ook tydens ‘n bosberaad enkele maande later herbevestig is. Dit val natuurlik baie vreemd op omdat hierdie die maklikste manier sou wees om die onderhandelings met die kommuniste oor ons eiendom en politieke mag stop te sit en dit was ook die enigste wyse waarop die NP se oorgawe op ‘n vreedsame wyse gestuit kon word. Daarom kan met reg gevra word: maar wat was die doel van die stigting van die AVF dan wel? As organisasie waarvan bereken is dat hy meer as een miljoen lede gehad het, het die AVF uiteraard oor hoë bedingingsmag beskik. Waarom is hierdie mag nie uitgeoefen nie? Waarom is die voorstel tot die afdwing van‘n algemene verkiesing deur die AVF-leiding afgeskiet?
AVF-leiers gekaapte gekooptes
Die antwoord op hierdie tergende vrae lê opgesluit daarin dat die AVF sy ontstaan gehad het in die binnekamers van IDASA se CDP. Van meet af aan was daar agter die skerms gekonkel om leidende persone in die regse politiek asook afgetrede militêre leiers te betrek om IDASA (‘n verlengstuk van die Nasionale Party) se sinistêre doelwitte te bereik. Die ondersteuners van die Volksfront is verraai deur hierdie gekoopte leiers. Die leiers van die AVF het nooit die ondersteuners van die organisasie se sentiment gedeel nie, al het hulle voorgegee dat hulle die ondersteuners se belange dien.
Geheime AVF-onderhandelings met ANC
Onderhandelinge met die ANC-SAKP bende deur die AFV-leiers het in Augustus 1993 in die geheim afgeskop. As die ondersteuners hiervan moes weet sou hul die AVF-leiding verwerp en waarskynlik tot geweld oorgegaan het. Op 12 Augustus 1993 ontmoet genl. Viljoen Mandela aan dié se huis in Houghton, Johannesburg.
Later van tyd, in die jaar 2001 het Viljoen aan Max du Preez van die Sunday Independent gesê dat teen daardie tyd (Augustus 1993)die twee landbouleiers, Dries Bruwer en Piet Gous – beide prominente lede van die Volksfront-leiding – reeds in samesprekings met die ANC betrokke was. Dié samesprekings met die ANC is bemiddel deur Jurgen Kögel van IDASA. ‘n Jaar vroeër reeds (Maart 1992) het prof. Viljoen van IDASA gerapporteer dat hy goeie kontak bewerkstellig het met twee vooraanstaande lede van die KP, mnr. Dries Bruwer en dr. Piet Gous, en dat met hulle hulp dit nodig was om “programme van aksie te implementeer wat die wydsmoontlike trefkrag sou hê”. Hierdie was ‘n jaar vóór die stigting van die Volksfront. Só is leiers geïdentifiseer en voorberei vir die misleidingsopdragte wat hulle in die AVF sou uitvoer.
REGSE VERRAAD (Deel 3)
Amerikaners berig oor AVF – ANC ooreenkoms
Op 24 September 1993 verskyn ‘n berig in die Amerikaanse Christian Science Monitor wat stel dat genl. Viljoen geheime samesprekings met die ANC voer en dat in dié onderhandelings ooreengekom is dat die Afrikaner Volksfront aan die April 1994-verkiesing sou deelneem en dit daarom nie sou ontwrig nie! Dit terwyl aan die ondersteuners van die Volksfront deur hierdie leiers voorgehou is dat hulle De Klerk sou stuit!
AVF wil deelneem aan 1994-verkiesing
Op 18 November 1993 vind verdere geheime onderhandelinge met die ANC plaas by Farm-Inn buite Pretoria. Die CDP het hierdie kuiertjie op koste van IDASA gereël. Hiertydens hou Viljoen ‘n geskrewe toespraak namens die AVF waarin namens die Volksfront verklaar word:
“On the part of the AVF we undertake to encourage the parties to participate in the process leading up to the Universal Election and in the Election itself with a view of actively promoting the succesful transition to a system of democratic rule in the whole of South-Africa, as well as in all measures to be undertaken to ensure greater stability and peace in all communities, in the reconstruction of the economy and in the establishment of the rule of law and the protection of universal human rights for all citizens” (Eie beklemtoning).
Volksfront-lede onbewus van beloftes aan ANC
Intussen berei strukture en onderafdelings van die AVF soos die Boere Krisis-aksie (BKA) voor vir gewelddadige opstand, min wetende dat hulle leiers reeds glasies klink met die vyand oor die voleindiging van hul verraad teen hul eie volksgenote.
KP-leiding heul nou ook met ANC
Op 3 Desember 1993 lei Ferdie Hartzenberg ‘n afvaardiging saam met die ondervoorsitter van die KP, dr. Willie Snyman in ‘n geheime beraadslaging met die ANC se Nelson Mandela en Thabo Mbeki. Die KP-mondstuk, Patriot, berig self in ‘n misleidende artikel daaroor in die uitgawe van 10 Desember 1993. Maar die amptelike KP-standpunt in 1991 was nog dat deelname aan onderhandelinge met die ANC verraad is. Hoe gebeur dit dat die KP-standpunt in die kort bestek van 2 jaar ‘n 180-grade omkeer maak? As dit in 1991 verraad is, wat noem mens dit in 1993?
Memorandum van Ooreenstemming tussen AVF en ANC
Op 21 Desember 1993 bereik die Volksfront en die ANC ‘n “Memorandum of Agreement between the African National Congress and the Afrkaner Volksfront”.
Hierdie memorandum sou later die hoofdeel uitmaak van die “Afrikaner Akkoord” wat enkele dae voor die 1994-verkiesing onderteken is, en wel as die Appendiks (Hoofstuk 3 en verder) tot die “Afrikaner Akkoord”. Let wel, dit is dus hierdie ooreenkoms, soos gesluit deur die geheime geknoei tussen die leiers van die Volksfront en die ANC, wat uiteindelik die hoofdeel van die Afrikaner-Akkoord uitmaak.
Die aanhef van die memorandum lees as volg:
The delegations of the African National Congress and the Afrikaner Volksfront have met on numerous occasions to discuss matters arising from the political transition in South Africa.
Dit lys dan ‘n reeks sake waaroor tussen hulle ooreengekom is:
Onder punt 1.2: “...a suitable political solution can be found throuh a process of negotiations ... This is a crucial commitment which will help in adressing the entrenched mistrust and antagonism which exists between supporters of the Afrikaner Volksfront and the African National Congress”
1.4: “Though the two parties do not share a common position on the proposed schedule for the transitional process they have agreed that a strategic agreement, adressing matters of mutual concern, ought tot be entered into. This will facilitate the implementation of the transitional process and the conduct of the elections on 27 April 1994” (My nadruk)
2.1: “South Africa should be the home to all its inhabitants who share a common future, based on peaceful co-existence, economic interdependance and constitutional governance.”
2.4: “They agree that the aspirations of many Afrikaners to govern themselves in their own territory should be adressed. Accordingly they agreed that a joint working group be established for this purpouse, beearing in mind the call made by Dr Mandela, Dr Hartzenberg and General Viljoen for a solution which entrenches reconciliation, prevents conflict, and facilitates cooperation among all people.” (Eie nadruk)
2.6: “The AVF, having accepted the ANC’s good faith, has undertaken to actively discourage any action calculated to destabilise the tranitional process. The culmination of ths strategic agreement into a final settlement before end January 1994 will enable the AVF and its affiliates to consider participation in the transitional stuctures and process, as well as in the elections as scheduled to be held on 27 April 1994.” (Eie beklemtoning)
Hoofstuk 4 handel oor die Volkstaat wat gestig sou word. Onder die hofie “Citizenship” lees die memorandum: “Any form of derived citizenship intended for persons residing in a possible Volkstaat will not be racially based and shall be compatible with internationally accepted norms.” (Eie klem)
Hoofstuk 5, Punt 5: “Self-determination will serve the purpose of building the state and not cause the dislocation of the state. It should facilitate peace and not conflict .”
Afgewaterde Volkstaatjie
Geen ondersteuner van die Volksfront sou tevrede wees met dié tipe van selfbeskikking nie! As hulle geweet het watter tipe Volkstaat hul leiers besig was om vir hulle te “onderhandel” sou hulle hierdie leiers summier verwerp het. Daar is geen twyfel dat hierdie geheime onderhandelings die laagste vorm van verraad is nie. Sonder die samewerking van die verraaier-leiers van die Volksfront en KP sou die oordrag van mag na die kommunistiese ANC nie kon plaasvind nie. Die Volksfront (kamtig gestig in opposisie teen die Nasionale Party) was deur die bestuur van die leiers van dié organisasie – ironies genoeg – die belangrikste skakel in die oordrag van mag deur die Nasionale Party. Die leiding van die AVF was dus niks minder nie as ‘n verlengstuk van die NP-regering.
AVF-leiers belieg BKA
Ten spyte van hierdie Memorandum van Ooreenkoms wat reeds teen die einde van Desember bereik is, spreek Constand Viljoen en Ferdi Hartzenberg op 15 Januarie 1994 leiers van die Boerekrisisaksie (BKA) (die militêre arm van die AVF) naby Winburg bedrieglik toe. In sy toespraak sê genl. Viljoen drie maal “die tyd vir optrede is nou”. Maar skaars 3 weke voor hierdie vergadering het hy en Hartzenberg reeds met die ANC ooreengekom en hulleself verbind tot ‘n vreedsame oorgawe en selfs tot deelname aan die verkiesing!
Viljoen as verraaier uitgejou
Twee weke na hierdie vergadering, op 29 Januarie 1994 spreek Hartzenberg en Viljoen ‘n massa-volksvergadering toe op die Pretoria Skouterrein. En hierdie slag pleit genl. Viljoen by die aanwesiges dat hulle moet deelneem aan die verkiesing! Hy word uitgejou en toegesnou as verraaier. Om dinge te vererger berig Rapport van 6 Februarie 1994 dat dr. Hartzenberg mnr. Eugene TerreBlanche wat ook ‘n lid van die AVF was probeer oorreed het om aan die April-verkiesing deel te neem. TerreBlache het die voorstel met minagting en afsku verwerp.
Gaan die AVF nou skeur?
Die Volksfront-leiding was nou oënskynlik verdeeld – met Hartzenberg wat enduit die vaandeldraer vir nie-deelname aan die verkiesing was, en Viljoen wat hom nou vir deelname daaraan beywer het. Agter die skerms is egter reeds deur die hele AVF-leiding ondernemings aan die ANC gegee vir ‘n vreedsame oordrag van mag, en is selfs ook ‘n onderneming tot deelname aan die verkiesing gegee. (sien punte 2.4 en 2.6 onder die hofie: Memorandum van Ooreenkoms tussen die AFV en ANC). Hierdie skynheilige optrede sou deur die Volksfront-leiers voortgesit word ten einde aan die een kant te kan voldoen aan hulle belofte aan die ANC en andersyds sy ondersteuners te paai dat dit steeds die AVF se plan is om die oordrag van mag te stuit. Nooit is Viljoen deur die leier van die Volksfront, Ferdie Hartzenberg gerepudieer nie – hy kon ook nie, Viljoen het bloot die nie-amptelike, dog ware beleid van die AVF-leiding verkondig.
Bophuthatswana – operasie tot ontmoediging
Met die onstabiele politieke situasie in Bophuthatswana in 1994 het hul leier, Lucas Mangope genl. Viljoen genader om militêre hulp aangesien sy land besig was om onregeerbaar te raak vanweë stakings waaraan die Bop-polisie ook deelgeneem het. Viljoen reël toe met die Boerekrisisaksie (BKA) om ‘n mag van sowat 4500 man daar te ontplooi ten einde orde te herstel. Dit val natuurlik vreemd op dat Mangope nie die Suid-Afrikaanse Weermag genader het om hulp nie. Maar hierdeur is die ideale geleentheid geskep waardeur die Volksfront se wil tot militêre weerstand lamgelê sou word. Die manne word opgeroep om sonder wapens Bophuthatswana binne te val met die belofte dat wapens daar aan hulle voorsien sal word. Bid jou dit aan! Daar het natuurlik dadels van gekom. In die eerlose onttrekking wat hierop gevolg het is drie manne van die AWB koelbloedig doodgeskiet ten aanskoue van die hele wêreld nadat ‘n hele span verslaggewers “toevallig” (strategies) op daardie spesifieke plek ontplooi is sodat beeldmateriaal van dié grusame moorde die wêreld ingestuur kon word. Die drie gewonde, ontwapende manne word elk met twee skote deur ‘n Bophuthatswana polisieman uit sy R4 doodgeskiet.
REGSE VERRAAD (Deel 4)
Verlamming deur verraad
Die boodskap wat die Volksfront-leiers aan die Afrikaner wou deurbring is hard en duidelik oorgedra: waag militêre weerstand en hierdie sal julle uiteinde wees! Dit is die beste verwoord deur regter Kriegler, wat ook die voorsitter van die verkiesingskommissie van die ’94-verkiesing was met die woorde: “Three of them were shot like dogs in the glaring publicity of television lights and cameras. That had en enormous effect on the right-wing willingness to resist the elections further by means of violence and terrorism”.
Vryheidsfront die uitweg
Nou is die weg geopen om ‘n ander uitweg te soek – Viljoen sou ‘n politieke party stig (die Vryheidsfront) en dan aan die verkiesing gaan deelneem. Nodeloos om te sê was die ondersteuners van die Volksfront verslae en verlam nadat hul leiers hulle in die steek gelaat het. Die “generaal” – die militêre leier van die Boerekrisisaksie. Daar is breedvoerige militêre planne uitgewerk, hulle was slaggereed om dit in werking te stel, maar skielik is hulle leierloos. Hulle leier het besluit om dít te gaan doen waarvoor hy hulle tot nou toe opgeroep het om met wapengeweld te beveg. Hulle was gereed om die verkiesing van 1994 geheel en al te ontwrig. Maar die angel is effektief deur hierdie verraad uit die regse weerstand gehaal.
Patriot noem generaals verraaiers
Die teleurstelling het wyd geloop. Ons hele land en die toekoms van ons kinders is deur hierdie daad van verraad vernietig. Die Patriot, mondstuk van die KP se voorbladberig van die 18 Maart 1994-uitgawe berig onder die opskrif: VOLK VERWERP GENERAALS as volg:
“Die Afrikaner-Boerevolk het nou net mooi genoeg gehad van politieke verraad deur mense met wit velle en nadat Generaal Constand Viljoen lynreg teenoor talle beloftes deur hom van nie-deelname aan die gewraakte verkiesing van 27 April, wat die volk slawe sal maak in ‘n Kommunistiese Satansryk, nogtans voorwaardelik op eie houtjie vir die verkiesing gaan registreer het, eis ‘n woedende Afrikaner-Boerevolk die onmiddellike daarstelling van ‘n onafhanklike Volksrepubliek.”
Ferdie deel van verraad
Min wetende dat hul eie leier, dr. Ferdie Hartzenberg en talle van die koukuslede van die KP soos Corné en Pieter Mulder, Tom Langley, Koos Reyneke, Piet Gous, Dries Bruwer en helaas ook die ondervoorsitter, dr. Willie Snyman ten diepste deel uitgemaak het van die verraad, moes ons volk die pad verder stap. Bogenoemde uitgawe van Patriot wat genl. Viljoen uitbeeld met ‘n NP-embleem op sy voorkop, word toe deur dr. Hartzenberg persoonlik herroep en verban. Hy was duidelik besig om Viljoen se eer te probeer red omdat hyself net so diep by hierdie verraad betrokke was.
Nuwe verraad 30 jaar later
Die hartseer ironie is dat vandag, ‘n goeie 30 jaar ná hierdie gebeure waar ons volk deur wolwe in skaapsklere uitverkoop is, daar opnuut pogings tot misleiding van die konserwatiewe Afrikaner van stapel gestuur word. En, glo dit of nie, nog met aanwending van hierdie selfde verraadsdokument, die Afrikaner Akkoord! Die rede waarom ‘n nuwe misleidende aksie noodsaaklik word, is die herontwaking van Afrikaner-nasionalisme onder ons volksgenote – dikwels juis onder die jonger geslag. Hulle verstaan nie waarom ons vreemdelinge en bywoners in ons eie land moet wees nie. Hulle verdien dat die volle waarheid oor die verraad van 1994 aan hulle beskikbaar gestel word – juis ook om te voorkom dat hulle nie opnuut mislei word met beloftes van “Selfbeskikking” wat deur die “Afrikaner Akkoord” (nogal) vir hulle beding sal word nie
Mnr. Jaap Marais het homself oor hierdie verraad as volg uitgelaat:
Ons is nie verower omdat ons versleg het nie, maar omdat daar verkeerde leiding was en samewerking met mense wat nie die beste belang van die Afrikanervolk op hulle hart gehad het nie. Daarom het die Afrikaner bloedloos en eerloos oorgegee aan ‘n terroristebende. Deur die IDASA-komplot is hy bedrieg. Die Afrikaner is uitverkoop sodat dit vir hom onmoontlik was om hom daarteen te verset.
Maar hy het ook hierdie besielende woorde tot ons volk gespreek:
Die stryd dryf die Afrikanervolk weer deur die smeltkroes. In die hitte vind weer suiwering plaas. In die branding word die harde kern nog harder gebrand. In die pyn word die bande van liefde nog sterker gesmee. Boontoe en binnetoe; gebed en selfsuiwering. Geloof en verinniging. Dit is wat die Afrikanervolk weer in sy hart hernieu.