Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe ouer mens word, hoe meer besef jy dat die ouderdom sinvol en ryk kan wees. Dat jy meer ervaring en meer wysheid het om aan ander deur te gee, dat jy meer tyd het om dinge te doen wat jy nog altyd graag wou doen. En boweal, jy het meer tyd om te bid vir almal wat jy liefhet.
PLAASMOORDE, SWART-OP-WIT-GEWELD, AFRIFORUM
Gelofteland het 'n lesersbrief ontvang oor die aktuele onderwerp, PLAASMOORDE, SWART-OP-WIT-GEWELD, AFRIFORUM. Die brief volg hieronder sowel as 'n antwoord daarop:
Goeiemôre,
Oral op die internet is statistiek van Wit-op-Swart-geweld gedurende die jare 1948 tot 1994 beskikbaar en syfers van tussen 20000 tot 30000 Swartes het glo hulle lewens verloor as gevolg van Wit-op-Swart -geweld. Alhoewel dit opvallend is dat geen statistiek êrens op die web te vinde is oor Swart-op-Wit-geweld sedert 1994 tot hede toe nie. Ek lees by kans elke dag van plaasmoorde en wanneer die skuldiges gevang word, lei ek van die name af dit is Swartmense. Om nie eens te praat van die talle gewelddadige inbrake waar Witmense in hulle huise vermink en vermoor word nie!
Hoe is dit dat organisasies soos Afriforum nie oor statistieke beskik nie wat wel sou bewys dat daar ‘n toename is aan Swart-op-Wit-geweld, veral aan die hand van Malema se herhaalde sing van Kill the Boer?
Die algemene beeld in die buiteland is dat die Witmense wat hulle destyds ‘skuldig gemaak het aan meer as 20000 moorde op Swartmense’, nou kwansuis simpatie soek terwyl daar glo geen aanslag op Witmense se lewens in Suid-Afrika is nie. Daarby word verkondig dat 3,6/100,000 sterftes nie buitensporig hoog is in vergeleke met die Europese statistiek van 3,5/100,000 nie – wat glo slegs kriminaliteit aandui en nie ‘n rasse-aanslag is nie.
Ek glo as daar bewysbare statistiek van die Swart-op-Wit-geweld bestaan, en dit gepubliseer word in sosiale media en genoeg herhaal word, dit dieselfde inpak in die konserwatiewe wêreld sal hê as wat die leuen Black Lives Matter, gehad het.
Ek hoor graag van julle.
I.Oosthuysen.
Goeiedag meneer Oosthuysen,
Met statistiek (en die manipulering daarvan) kan enigiets bewys of teengespreek word. Gewoon die absurde statistiek waarna u verwys - dat 20 000 tot 30 000 Swartes aan die hand van Blankes hul lewe verloor het in die "apartheidsjare" - spreek boekdele. Die Witman is 'n beskaafde wese. Die geskiedenis van die Afrikaner spesifiek getuig daarvan dat hy nooit konfrontasie soek nie, en eers na uiterste uittarting en nadat alle ander weë misluk het, homself tot gewelddadige verdediging wend.
Die trant van Swart geweld teen Wittes gepleeg is deur al die eeue heen bewys, beginnende reeds by die plundering van vee en goedere deur die Hottentotte kort na die aankoms van die Blanke aan die Kaap. Dit is voortgesit aan die Oosgrens en sou eindelik een van die redes wees waarom die Groot Trek plaasgevind het. Ek twyfel of dit nodig is om na die gebeure uit ons geskiedenis te verwys soos die Zoeloes se verraderlike aanvalle op die Trekkers by Bloukrans en Wenen terwyl hulle deurentyd vreedsaam teenoor die Swart rasse opgetree het.
Die barbaar was maar telkemale die aggressor soos met die grensoorlog vanuit Angola, die Kerkstraatbom en talle terorriste-dade soos verminking van ons mense deur landmyne. Steeds kry dit geen einde nie, maar het slegs in intensiteit en frekwensie toegeneem nadat behoorlike polisiëring, die Kommandostelsel en Blanke beheer verdwyn het, sodat die kriminele ongestoord hul plunder- en moordtogte kan voortsit.
Die geweldige aanslag van Swart teen Wit sal steeds eskaleer, veral noudat die polisie toetree tot die verkragting van alle regsreëls in die Swart-bewind se soeke na "vergelding".
Enige helderdenkende wat die geskiedenis ken sal kan getuig dat die Swartes billik en regverdig behandel is onder Blanke bewind, en dat die huidige onregverdige en klakkeloos skandalige haatoptrede teenoor Blankes vanaf die Swart-bewind geensins as terugbetaling of vergelding beskou kan word nie. So byvoorbeeld is aan Swartes tydens Blanke bewind mediese dienste en medikasie van hoogstaande gehalte verskaf, maar onder Swart-bewind stort hierdie dienste in duie en kan hulle selfs aan hul eie mense ten beste gebrekkige mediese sorg verskaf.
Om te wil aanklop by organisasies soos Afriforum met hul bedenklike motiewe is maar dieselfde as om die ANC te vra om plaasmoorde te stop. As frontorganisasie is Afriforum se primêre doelwit nie die bevordering van die Blanke se belang nie.
Ons kan nie staatmaak of vertroue stel in enigiets anders as ons Hemelse Vader om hierdie onregte uiteindelik ongedaan te maak nie. Daaroor sal die Afrikaner hom weer tot sy God moet keer en vertrouend tot Hom nader vir uitredding uit die huidige gemors. Laat ons ons daarvoor beywer.
Hartlike groete,
Gelofteland-redaksie.