Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe gebeur dit dat ’n mens die Bybel as God se Woord aanvaar en nie maar as ’n wonderlike boek deur goeie mense geskryf nie? Dit is die Heilige Gees wat in jou werk en jou oortuig dat jy hier nie met ’n gewone boek te doene het nie. Dit sluit egter nie die verstand uit nie. Die aanvaarding van die Bybel as God se Woord, is ook ’n verstandelike aanname, ’n deurdagte besluit.
SWARTES IS OOK “SETTLERS” IN SA
Wat is die ware feite oor die swart stamme in SuidAfrika? Het hulle hul ontstaan in Suid-Afrika gehad? Hierdie vrae word weer geopper noudat Malema nuwe onrus stook. Lees hier oor die ware feite soos deur verskeie navorsers en volkekundiges opgestel.
Alhoewel die swart volke wel hul ontstaan in Afrika gehad het, het hulle nie binne die grense van die huidige Republiek van Suid-Afrika tot stand gekom nie. As dus van die Blankes in Suid-Afrika as "Settlers" gepraat word, is die Swartes hier ewe so "Settlers" en as Blankes volgens hulle uitsprake na Europa moet terugkeer, moet hulle eweneens na Sentraal-Afrika terugkeer.
Volkekundiges is op grond van hulle navorsing die mening toegedaan dat die Negroiede rassegroep of in die Groot Mere-gebied van Oos-Sentraal-Afrika of in die omstreke van die Crossrivier in Wes-Afrika ontstaan het na die vermenging tussen Negers en Hamiete.
Omdat hulle nie oor skrif beskik het nie, was die aangeleentheid tot 'n groot mate in vaagheid gehulmaar nadat hulle in aanraking gekom het met die Arabiere, wat wel oor skrif beskik het, kon navorsers meer duidelikheid oor die verloop van die res van hulle geskiedenis kry.
Een van die hoofredes waarom die Swartes suidwaarts begin trek het, was juis omdat Arabiese slawejagters hulle gevang en in groot getalle op onmenslike en wrede wyse na slawemarkte weggevoer het. Hulle het in drie hoofmigrasiestrome gevlug en as gevolg daarvan het hulle in drie hoofgroepe onderverdeel, te wete die Oos-, Wes- en Suid-Bantoe (soos volkekundiges hulle destyds in hulle navorsing genoem het).
Omdat hulle veeboere was en agter water en weiveld aangetrek het, het die vlug/trek suidwaarts honderde jare geneem en die Suid-Bantoe het uiteindelik in Suider-Afrika tereg gekom nadat hulle volgens die Arabiere teen ongeveer die elfde eeu die Zambesirivier bereik het. Hulle het hulle mettertyd verspreid in die gebied gevestig. Die befaamde historikus, GM Theal (History of South Africa) is dan ook van mening dat Swartes relatief nuwe intrekkers in Suid-Afrika is — 'n mening wat deur talle volkekundiges onderskryf word.
Dat hierdie gegewens nie bloot as blanke propaganda afgemaak kan word nie, soos wat tans wel gedoen word, word bevestig deur onder meer die opgetekende wedervaringe van Portugese seevaarders en skipbreukelinge aan die kus van die latere Suid-Afrika. So byvoorbeeld het Diogo Cao hulle voorhoede in 1482 by die mond van die Kongorivier opgemerk, terwyl Vasco da Gama sommige van hulle in 1498 in Mosambiek aangetref het. Skipbreukelinge van die Santo Bento het in 1554 tydens hulle oorlewing-staptog 'n groepie Swartes by die Umzimkulurivier raakgeloop. Tot 1635 het die Portugese geen Swartes verder suid raakgeloop nie, maar met die stranding van die Nossa Senhora de Belems in 1635 is Swartes tussen die Umtata- en Basheerivier aangetref.
Met die stranding van die Stavenisse in 1686 het die skipbreukelinge in die omgewing van die Keirivier met 'n voorhoede van die Xhosas in aanraking gekom. Teen 1778 het die veeboer-pioniere, wat met verloop van baie jare vanaf die latere Kaapstad noordooswaarts met hulle vee agter water en weiveld aangetrek het, in aanraking gekom met die voorhoede van die Xhosas wat vanuit die noorde suidwaarts agter water en weiveld aangetrek het. Soos te begrype het dit weldra tot botsings gelei en het met verloop van tyd nege Grensoorloë daaruit voortgespruit.
Ons kyk more na die grondaansprake; wat daarvan geregverdig is of nie.