Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons Skepper het uit niks alles volgens hulle soorte geskep; jy en ek is ook unieke skepsels van God – Hy het nie net een lewende selletjie geskep waaruit alles vanself ontwikkel het soos die evolusie-hipotese wil leer nie. En ons mense se roeping is om as 'bestuurders' van God se skepping op te tree maar die moderne mense het egter vernietigers geword. Kom ons begin hierdie jaar met die ideaal om weer die bewaarders en versorgers te word van God se wonderlike Skepping.
SWART OPROER - WAT IS ONS PLAN?
Die ANB voorsitter van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB), Carel van der Grijp, gee raad wat om te doen as die swart massas begin saamdrom en afbreek.
Deur die jare in Suid-Afrika het daar ‘n stryd gewoed, tussen die wat “Een mens en een stem” en ‘n belofte van voorspoed gepropageer het, en die ander pool, diegene wat vasgestaan het daarby dat Blank Suid-Afrika aan die Afrikaner behoort. Dat die histories erkende gronde wat aan die Swartman behoort terug moet gaan na die swartman, maar ook dat alle gronde wat histories aan die witman behoort as vaderland van die Afrikaner erken word.
Daardie mense het dan ook die gevare uitgewys as “Een mens een stem” ooit in Suid-Afrika aanvaar sou word: Dat die witman van alles wat heilig is gestroop en fisies uitgemoor sal word. Deur bedrog is die Afrikaner uitgelewer. Die bedrog was deur ‘n strikvraag en ‘n belofte in die referendum van 1992 dat daar aan die kiesers ‘n kans gegun sou word om die onderhandelde ooreenkoms tussen ANC / NP goed of af te keur, min wetend dat dit deur middel van een mens een stem sou geskied…
Elke dag sedert 1994 tot tans beleef ons dit dat die Nee-stemmers se vooruitskouing van die geskiedenis bewaarheid word. Een so ‘n vooruitskouing of vooruitsig in die geskiedenis is van Jaap Marais. Hy het aangedui dat die bestel in duie gaan stort, dat dit gepaard sal gaan met geweld en dat ons daarbinne vasgevang gaan word. Die geweld sal eerstens wees, swart op swart om mag te bekom. Afrika is bekend vir staatsgrepe. Maar Jaap Marais het ook ‘n oplossing vir die gevaar gebied: Ons moet buite die bestel bly en voorsorg tref.
Kies reg, bly weg. Die witman moet konsolideer en organiseer om ‘n mag buite die bestel te word. Bly buite die geweld tussen die swart organisasies, moet nie daarby ingesleep word nie, maar tref voorsorg. Jaap Marais het ook verder die vereiste gestel: Daar sal ‘n tyd kom waar ons weer trou aanmekaar sal moet sweer, en die middele tot ons beskikking gebruik en weer ons grense trek, al sal dit ook met bloed gepaard gaan.
Jaap Marais en Willie van der Grijp het die Bittereinder Sekerheidswag begin om sodoende die volk te organiseer om homself te kan handhaaf. Na die afsterwe van Jaap Marais en met die uitdrywing van mnr Willie van der Grijp en ander behoudende Afrikaner nasionalistiese leiersfigure het dit tot ‘n einde gekom. Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging is die wat uitgedryf is maar die ANB het egter ook die waarskuwings ter harte geneem en die volk bly oproep om die bestel te verwerp, en buite die bestel te konsolideer… EENDRAG MAAK MAG. Vandag is almal in rep en roer, almal hardloop rond en bewe oor die EFF wat die land tot stilstand wil bring…. Mense wat ag geslaan het op die waarskuwings en ingeskakel is by veiligheidstrukture, word oorval met oproepe van: “Wat nou!!!” Wat nou?
Waar ek betrokke is in die beveiliging van ons mense, wat SAPD veiligheidsvergaderings bywoon, word daar op elke vergadering erken dat die SAPD nie meer die vermoë het om gewone misdaad te bekamp nie. Uit die mond van generaals kom die erkenning dat as die gemeenskappe , dorps- en plaaswagte nie betrokke raak by die bekamping van misdaad nie, sal die land in vlamme opgaan en georganiseerde misdaad die beheer van dorpe, stede en die land geheel oorneem. Misdaad-statistieke toon elke jaar ‘n toename in misdaad op alle vlakke. Wat skrikwekkend is, is dat die moordsyferbinne ‘n bestek van 3 jaar gestyg het vanaf 50 na 60 en nou na 82 moorde per dag.
Op die vergaderings in die openbaar, sedert verlede jaar, word daar telkens bevestig dat daar groepe is wat organiseer om SA in geweld te laat opgaan. “SA Concerned Group” en “Team Sugar SA” is aktief besig om te organiseer om die planne tot uitvoer te bring. Mens kan verseker wees dat die groepe ook ‘n belang het in alle oproer wat beplan word in die land. In die nuuskonferensie van 15 Maart het Malema dit duidelik gestel dat dit ‘n rewolusie is wat die 20e Maart begin en beklemtoon dat daar nog nooit ‘n eindtyd afgekondig is wanneer die protesaksie moet eindig nie. Wanneer al die “proteste” begin handuit ruk, kan die land in geweld opgaan. Die witman moet besef dat hy dan uitgelewer sal wees. Die “proteste” gereël deur die EFF en ander opstokers word nou voorgehou as ‘n burgerlike protes met verskeie rolspelers en vakbond federasies. Daarmee probeer hulle die volume daarvan vergroot en hulself “verontskuldig”.
Malema het gesê dat die protes sal ophou as Ramaphosa bedank. Hy het verder “gewaarsku” dat indien Ramaphosa nie bedank nie sal die leierlose rewolusie losbars wat deur talle persone geopper is, en dat Ramaphosa die verantwoordelikheid daarvoor sal dra. Die waarskuwing en die dreigemente van anargie was voor 20 Maart daar en is steeds daar. Dan kan daar voedseltekorte ontstaan, SA kan in duisternis gedompel word. Mense sterwe al reeds in hospitale a.g.v. stakings.
Wat kan ons doen? Die SAPD gaan u nie kan help nie, Gaan lees dus Jaap Marais se waarskuwing en oplossing hierbo. Skakel dadelik in by die dorpswag of plaaswag of buurtwag en raak betrokke. Tref voorsorg en bly paraat, soos vir enige noodtoestand: Voedsel , brandstof , kerse, flitse, vuurhoutjies, drinkwater, chroniese medikasie, nood-rugsak met o.a. verbande en middels vir brand, skiet, steek en snywonde. Bly weg van die gebiede waar daar geweld is, moet nie betrokke raak by die politieke spel nie.
KIES REG, BLY WEG. Laat hul mekaar opvreet. Waar die SAPD se aandag by die opstokers is, gaan hulle beswaarlik beskikbaar wees vir enige nood. Onder sulke omstandighede kan plase en plotte geteiken word deur kriminele. Wees paraat, laat ouer mense eerder by hul kinders intrek. Eerder Bang-Jan as Dooie-Jan. Onthou, u het die reg om u lewe te beskerm, die van jou vrou, kind en familie. Hiermee wil ek u nie bangpraat nie.
Gerrit Maritz het die Trekkers gewaarsku toe Piet Retief nie terugkeer nie, met ‘n oproep: TREK LAER…ALMAL. Van die Trekkers het op die oproep reageer, ander het gedink Maritz gaan haal die bobbejaan agter die bult. Daardie nag was ‘n verskrikking en is die grootste massamoord in Suid Afrika, in ‘n enkele nag gepleeg. Dus, mense: Trek laer…..
Hierdie artikel is geneem uit die jongste Nuusbrief van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging