NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons Skepper het uit niks alles volgens hulle soorte geskep; jy en ek is ook unieke skepsels van God – Hy het nie net een lewende selletjie geskep waaruit alles vanself ontwikkel het soos die evolusie-hipotese wil leer nie. En ons mense se roeping is om as 'bestuurders' van God se skepping op te tree maar die moderne mense het egter vernietigers geword. Kom ons begin hierdie jaar met die ideaal om weer die bewaarders en versorgers te word van God se wonderlike Skepping.

SAAMBLY

Saambly is ʼn euwel wat onrusbarend toeneem.   In 1990 is die getal mense wat in Suid-Afrika saambly op 10% bereken. Dis tans meer as 43% en styg steeds! Saambly is ’n verhouding wat nooit as ’n amptelike huwelik voltrek word nie, maar nogtans al die wesenlike kenmerke van ’n huwelik dra.   In 1970 het die NG Kerk so sterk teen hierdie sonde gevoel, dat sy die regering gevra het om alle saamblyverhoudings buite die huwelik strafbaar te maak.  

In 2009 het dieselfde kerk opslae in die media gemaak toe sy besluit het om die moontlikheid van groter verdraagsaamheid jeens saamblyery te ondersoek. Dit het gebeur nadat verskeie lidmate navraag oor die kwessie gedoen en die kerk besluit het om oor die sonde na te dink en besmoontlik te ontsondig.  

Die NG Kerk het tans geen duidelike, amptelike beleid hieroor nie. Gevolglik neem baie lidmate ’n baie verdraagsamer houding teenoor saamwoon in.   As ʼn kerk homoseksualisme eers veroordeel en daarna ontsondig het, waarom dan nie ook saamblyery nie?

Die Roomse Kerk matig haar op grond van Mt.16:19 die reg aan om sondes te ontsondig.   Nodeloos om te sê, is haar interpretasie van Mt.16:19 korrup.   Geen kerk mag sonde ontsondig nie.   Dis om God te tart!

Daar was in die verlede talle pogings om saamwonery te probeer regverdig. Nie een van die argumente het die toets van die Skrif geslaag nie. Dis ’n verbreking van die sewende gebod wat alle buite-egtelike geslagsomgang verbied.

God veroordeel alle vorms van onkuisheid. Daarom moet gelowiges binne en buite die huwelik kuis leef: “Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees….” (Heb.13:4).   Gelowiges se liggaam en siel is vir God afgesonder. Daarom veroordeel Hy alle onkuise dade, woorde, gedagtes en selfs begeertes.

Saamblyery verbreek nie net die sewende gebod nie, maar ook die derde wat eerbied vir God se Naam eis.   Die Bybel roep gelowiges op om Hom te loof. “Laat alles wat asem het, die Here loof…” (Ps.150:6).   Sy Naam is groot en moet geheilig word.   En dis net moontlik indien gelowiges uit dankbaarheid vir die verlossing in Jesus Christus ook hul liggaam aan Hom wy en niks doen wat Hom oneer aandoen nie.

In die verlede het mense wat saamgewoon het die reëls van die samelewing verwerp sonder om ʼn flenter om te gee wat die gemeenskap daarvan dink.   Niks het intussentyd verander nie.   Wie geen eerbied vir God het nie se lewe is gewoonlik slordig.   Saamwonery is hoerery!   Omdat dit oor eiebelang bo God se belang gaan kan sulke mense Jesus nie liefhê nie.   Hulle hou hul doof vir die Woord van God.    

Benewens die sewende en derde gebod is saambly ook ’n verbreking van die tweede gebod wat afbeeldinge van God verbied.   Die mens is na die beeld van God geskep.   Daarom moet daar dan ook iets van God in sy optrede raakgesien word.   Ons word nie slegs verbied om ’n beeld van God te maak nie, maar ook gebied om die beeld van God te vertoon. “… om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun….” (Rom.8:29).   Enige optrede wat die beeld van God oneer aandoen, is sonde.

In Mt.5:14 gee Jesus aan alle gelowiges opdrag om hul lig voor die mense te laat skyn. Ons weerkaats God se lig soos met ’n spieël.   En daarvoor moet ons spieëls skoon wees.   Sonde maak dit vuil: “Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ’n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld” (Fil. 2:14,15).

Sonde maak mense stil.   Mense wat saambly, praat nie oor Jesus of hul geloofslewe nie.   Sonde maak hulle kragteloos.   En dis nie wat Jesus wil hê nie. “... maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal my getuies wees…” (Hand.1:8).  

Mense wat saambly, sê graag: “Dis my lewe; wat ek daarmee doen, is my saak en niemand anders s’n nie!” Dis dwaas!   Die Heidelbergse Kategismus leer ons op grond van die Woord van God dat ons met liggaam en siel nie aan onsself behoort nie, maar aan God.   Wie baasspeel oor dit wat nie sy eie is nie, is vermetel!  

Daarbenewens moet ons deeglik rekening met die sondige wêreld hou. Die wêreld word nie beter nie, maar slegter. Gevolglik het gelowiges ’n taak om aan die wêreld te toon hoe om reg te leef. Hulle moet anders wees. “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed…” (Rom.12:2).

Die Bybel ken net een samevoeging van man en vrou en dis die huwelik; ’n instelling van God waardeur een man en een vrou lewenslank deur liefde en trou aan mekaar verbind word.   Die Bybel sê dat die huwelik ’n afbeelding van die verhouding tussen Jesus en sy gemeente is.   Daarom kan dit nooit sonder Jesus wees nie.   Saambly is ʼn ergerlike bespotting van die huwelik wat Jesus uitsluit; Hy wat juis die Rots is waarop die huwelik gebou moet word!

Baie mense beskou saambly as ’n proefhuwelik om te sien of dinge sal uitwerk.   Dis vreemd aan die Skrif.   Daarvoor is daar ʼn verlowingstyd.   Wat mense wat saambly ook al oor die huwelik sê, is nie belangrik nie.   Die huwelik is ’n afbeelding van die verhouding tussen Christus en sy kerk en saamwoon gevolglik ’n mismaaksel daarvan.   Jesus doen dit nie met sy kerk nie, maar dien haar met volle oorgawe.

Saamblyery is Satan se nabootsing van die huwelik.   Die Skrif waarsku: “... en gee aan die duiwel geen plek nie….. En bedroef nie die Heilige Gees van God nie…” (Efes.4:27,30).    

Daarom wys alle Skrifgetroue kerke saamwoonverhoudings af. Indien hulle dit nie doen nie, kan hulle geen boodskap van vergifnis oor die sonde verkondig nie.   God verander nie. “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde tot in ewigheid” (Heb.13:8).

Niemand durf die Bybel se waarheid verander om by die kultuur van die dag aan te pas nie.   “Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie” (Mt.24:35). Openb.22 waarsku dat ons niks mag leer wat nie in die Bybel staan nie.

Skrifgetroue kerke het ’n groot taak om van God se onveranderlike waardes in ’n verworde samelewing te getuig.   Hulle is die kragdraad waardeur God se stroom van genade vloei. “Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” (Gal.5:16).  

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 863 gaste aanlyn