MY STRYD (4)

Lees reeks by My Stryd

Ds AE vd Berg

GRONDROOF

1.         Grondeise

Wanneer ‘n regering toelaat dat kosbare landbougrond vir onproduktiewe doeleindes gebruik word, is hy aan grondroof skuldig.  In Februarie 2006 het Thabo Mbeki gesê dat grondhervorming deel van die transformasieproses in Suid-Afrika is en dat die Eurosentriese grondgebruik met ‘n Afrikasentriese een vervang gaan word.  Daarom word kosbare landbougrond by wyse van geslaagde grondeise toenemend van produktiewe blanke boere weggeneem en aan onproduktiewe swartes gegee.

Gevolglik verval Suid-Afrika se landbougrond in dieselfde verhouding as wat sulke grondeise toegestaan word.  Desondanks verwag die regering dat blanke boere in die behoeftes van die groter wordende swart verbruikerskorps moet bly voorsien.  Dis nou so goed as om ‘n perd te kniehalter, maar van hom verwag om die wedren te wen!

Swartes se voedselbehoeftes was nog altyd groter as hul vermoë om self daarin te voorsien. 

 Daarom leef Afrika van meet af aan onder die broodlyn.  Droewige tonele van hongersnood en ellende word gereeld wêreldwyd gebeeldsend met dringende oproepe om voedselhulp.  In die meeste gevalle het daardie mense self die ellende geskep deur die gans wat die goue eiers lê, te slag.  En dis presies wat met my land gaan gebeur indien die rampspoedige grondroofbeleid nie omgekeer gaan word nie.

Swartes word aangemoedig om grondeise in te stel.  Dit maak die toekoms onseker sodat blankes nie meer wil boer nie.  Rapport van 26 Maart 2006 berig dat daar op 86% van alle landbougrond in die 'Limpopo' provinsie grondeise geregistreer is.  Wie wil onder sulke valbylvooruitsigte boer?

2.         Landbou gaan tot niet

Landbou is die skyf waarna die regering van meet af aan skiet.  Swartes glo om een of ander rede dat grondbesit hulle ryk en voorspoedig sal maak.  Dis ‘n drogredenasie.  As ek ‘n klavier besit, maak dit geensins van my ‘n pianis nie.  Swartes is hoogstens bestaansboere en nie landbouers nie. Daarbenewens is hulle berug vir roofbou en gronderosie wat landbougrond uitput en op die ou einde vernietig.

In meer as 90% van die gevalle waar produktiewe landbougrond sito-sito aan swart eisers oorhandig is, het die betrokke boerdery klaaglik misluk.  Desondanks verwys die nuusmedia na hulle as opkomende boere sonder dat iets noemenswaardig opkom!

 

In 2006 was die regering bv. genoodsaak om 71 plase ter waarde van meer as R100 miljoen van swartes terug te neem waarna landboukundige mond-tot-mond asemhaling toegepas moes word om dit weer aan die lewe te kry.   Swartes is verbruikers en nie skeppers nie. Kyk maar na Zimbabwe!

Ek sidder as ek hoor hoe getransformeerde landbougrond toenemend tot niet gaan.  Die 4100 hektaar produktiewe landbougrond wat in September 2007 naby Pretoria aan swartes vir bestaansboerdery gegee is, is tans ‘n smerige plakkerskamp waar niks in die nabye toekoms ooit weer sal groei nie.

Alhoewel ‘n regering nie ‘n welvaartskepper is nie, behoort dit sy welvaartskeppers by te staan.  In Suid-Afrika word hulle eerder onderstebo geloop!  Waar boerdery altyd een van die veiligste beroepe in my land was, is dit tans die allergevaarlikste met duisende plaasmoorde sedert die ontbanning van die ANC!   Met die afskaffing van die kommandostelsel wat blanke boere teen misdadigers beskerm het, het die regering gewys dat hy geen flenter vir sy kosvoorsieners se veiligheid omgee nie!

3.         Hindernisse

Die afskaffing van instromingsbeheer was ‘n reuse flater.  Miljoene onwettiges wat oor ons landsgrense stroom, beroof die plaaslike swartes van voedsel, huise en werksgeleenthede.  Dit het ook ‘n nadelige effek op die landbou.  Talle plase gaan onder vreemde besetting gebuk en kos boere tyd en geld om die plakkers verwyder te kry.   Daarbenewens gaan kosbare landbougrond ten gronde wanneer plakkerskampe soos paddastoele daarop verrys.  Dis niks anders as roof nie!

Veediefstal neem sulke drastiese afmetinge aan dat baie veeboere hul boerdery staak. Die waarde van die vee wat net in 2006/2007 gesteel is, word op meer as R1 biljoen bereken!  Die polisie se veediefstaleenheid is onderbeman en/of onbevoeg om sinvol op te tree   Gevolglik het baie veeboere na wildboerdery oorgegaan omdat wild nie stilstaan nie.  Die regering hou skynbaar niks hiervan nie.

4.         Water

Met ‘n gemiddelde reënval van slegs 465 mm per jaar is ‘n skamele 12% van Suid-Afrika landboukundig bewerkbaar.  Vergelyk dit met die wêreldgemiddelde van 855 mm per jaar en die helfte van Suid-Afrika kan as potensiële woestyn beskou word.  Desondanks verbou ons boere feitlik enige denkbare landbouproduk onder die son.

Meer as 70% van ons landbouwater kom uit ondergrondse bronne wat boere op eie koste uitpomp.  Onlangse wetgewing het boere die eienaarskap van ondergrondse water ontsê en dit staatseiendom gemaak waarvoor daar permitte verkry moet word.  En dit terwyl nagenoeg sewe biljoen liter water as gevolg van uitgediende inftastrukture en swak onderhoud maandeliks in Soweto alleen verlore gaan!

Na beraming gaan 36% van alle watertoevoer jaarliks in Johannesburg verlore. Waterpype word gesteel en hersteldienste deur oproerige wanbetalers aangeval.  ‘n Mens kan maar net wonder hoeveel van hierdie kosbare water nie na plakkerskampe herlei, vermors of andersins besoedel word nie.