NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jesus het deur middel van gelykenisse vir die mense verduidelik waaroor die koninkryk van God – waaroor Hy so dikwels gepraat het – eintlik gaan. Maar almal wat Hom gehoor het, kon Hom nie verstaan nie. Jesus verduidelik dan ook die gelykenisse aan sy dissipels sodat húlle werklik beter kan verstaan wat Hy bedoel. Jesus se navolgers is dus bevoorreg om hul kennis en insig oor die koninkryk van God eerstehands te kan vermeerder – diegene wat reeds begrip het, sal nog meer kry.

SENEKAL SE BOODSKAP

“BOERE, ONS KOM VIR JULLE!!”

Die Afrikaner is reeds 26 jaar in ‘n bedeling waar hy verdoem is tot ‘n magtelose minderheid wat moet toesien hoe die ANC-regime enersyds die land eenvoudig stroop, en andersyds bloot toekyk (met goedkeuring?) hoe Blankes en veral boere afgemaai word.

Nou het moordenaars klaarblyklik ‘n stelling wou maak deur ‘n jong man in die fleur van sy lewe eers dood te martel en toe aan ‘n paal vas te maak. Is die boodskap dan: “Boere ons kom vir julle!?” Wel, laat ons geen twyfel hê nie, dit was ‘n standpunt – ‘n uitdaging. Het dit uiteindelik die tier in die Afrikaner wakker gemaak?

Gemoedere loop hoog soos wat die gebeure by die hof in Senekal duidelik uitgewys het. Ons het al hoeveel keer gesê “genoeg is genoeg” en tog word die doelpale elke keer verskuif. Ja, word die streep in die sand wat al soveel male getrek is keer op keer uitgevee, net om weer een te trek. Was Senekal nou die keerpunt? Tyd sal leer.

Wat behoort ‘n politieke party en veral ‘n leier in hierdie dae te doen? Ek dink Blankes moet deurentyd tot kalmte gemaan word om nie die reg in eie hande te neem nie. Dit sal fataal wees. Maar dat daar nou dringend en deurentyd ‘n ernstige beroep op ons mense gedoen moet word om hulleself te organiseer, hulle veiligheid op te knap, paraat te wees en op daaglikse basis met mekaar in kontak te bly, dit spreek vanself. Soort soek soort. En verset moet stelselmatig en georganiseerd opgebou word met net eendoel: Soewereine vryheid in ons eie vaderland!

In die dae wat voor ons lê sal die leier wat die Afrikaner uit hierdie bedenklike toestand gaan lei na vore tree. Soos hulle op Engels sê: “Mark my words!” Dit sal nie die grootmond, jabroer of die opportunis wees nie. Dit sal iemand wees soos Generaal de la Rey wat, toe almal “oorlog” geskreeu het, sy mense tot kalmte gemaan het. Wat geestelik gestaal was vir die oomblik van waarheid. Iemand van onbesproke karakter. En toe die oomblik van waarheid aanbreek kon niks en niemand die groot en wyse generaal stop nie. Toe word hy dié Bittereinder wat alles sou opoffer virsy volk en alles feil gehad het virsy land, wat van oorgee en opgee niks wou weet nie.

Daar is nog sulke mense in ons volk se geledere. Wag maar en kyk. Hulle het dalk tot nou toe “geskuil” soos’n Gideon van ouds sodat ons tans mag dink hulle is bang. Maar maak geen fout nie, as die dag aanbreek sal hulle uit hulle “skuilplek” kom en dan sal daar sal aan hulle geen keer wees nie.

Wat mense moet weet is dat daar geen“besinning”gaan kom by die ANC nie. As jy jou vereenselwig met die slagspreuk “Kill a Boer” dan kan mens niks anders as konfrontasie verwag nie. Hulle is eenvoudig blind vir die tragedie wat gaan afspeel omdat hulle dit klaarblyklik begeer. Hulle oogmerk is om die Blankes te vernietig. Weet ons dit nie van die begin af nie? Hulle het deurentyd “oorlog” teen ons geskreeu terwyl ons “vrede” bepleit het. Ek merk iets van ‘n besef dat dit fataal was!

Ja, hou moed en staan vas! Bid elke saans dat dit wat nou dreig om te gebeur nie mag gebeur nie, maar werk bedags asof dit enige oomblik gaan gebeur. En as ‘n “leier” homself aanbied om ons volk te lei, kyk tog na sy verlede. Waar was hy die afgelope 26 jaar? Het hy integriteit? Kan hy werklik vertrou word met ons toekoms? En wat is sy doel vir ons toekoms?

Wat ons moet weet is dat ons langtermyndoel niks anders mag wees as om oor onsself te regeer in ons eie land nie. Ons gun dit vir elke ander volk. Ons eis dit ook vir onsself. Dit is ‘n edele doel. Dit is die goue draad wat ons met Generaal de la Rey en die Boere van weleer verbind.

NP van Wyk Louw het in sy werk Die Dieper Reg gestel dat “as jy ‘n trotse volk verkneg, word opstand teen die reg sy reg!”. 26 jaar se verknegting, duisende slagoffers van ANC-kriminaliteit. Dalk net het hierdie terroristebende nou sy hand oorspeel!

Ek sien ‘n volk wat opstaan en ek glo werklik weer aan ‘n magtige dreuning wat oor die veld aangesweef kom. Ek droom oor ‘n volk se ontwaking.

Komaan! Daar is ‘n stryd te stry. Daar is werk! Mag die Here ons bewaar. Laat Hy ons lei! Dis wat Generaal de la Rey van ons in hierdie dae sou verwag. Niks minder nie.

Opsoek na inligting?

  •  Gelofteland het 'n hulpfonds gestig vir die boere wat groot verliese in die onlangse brande in die Vrystaat gely het.  Ons wil die totaal daarvan nou oorbetaal maar sukkel om met die regte mense kontak te maak. Indien van ons lesers ons van inligting kan voorsien sal ons dit hoog op prys stel. Kontak ons asb by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 885 gaste aanlyn