NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

                                                   Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Niemand word oud deur bloot ‘n sekere aantal jare te leef nie. Ons word eers oud as ons ons ideale en drome prysgee, en wanneer spyt die plek van ons drome inneem.

ONGEHOORSAAM AAN DIE OWERHEID?

BURGERLIKE ONGEHOORSAAMHEID

Burgerlike ongehoorsaamheid is nie sonder meer sonde nie. Die Bybel gee vir gelowiges duidelike riglyne. Hulle moet ʼn regering wat gruwels wettig en mense tot boosheid aanhits, teenstaan.   Dis die enigste toelaatbare burgerlike ongehoorsaamheid. Die korrekte vorm van burgerlike ongehoorsaamheid is Bybelse onderdanigheid. Die Skrif leer gelowiges om aan ’n burgerlike regering onderdanig te wees mits dit nie gruwels wettig nie.   In so ’n geval durf ’n gelowige die owerheid nie gehoorsaam nie. Dit sal sonde wees. “Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie…” (Ex.23:2).

Die Bybel het talle voorbeelde van gelowiges wat ter wille van God burgerlik ongehoorsaam was.  In Ex.1 het die Farao twee Hebreeuse vroedvroue opdrag gegee om alle manlike babas dood te maak.   Hulle het geweier: “Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe” (:17). En God het hulle geseën: ” Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys.… En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk” (:22,21).

Jos.2 vertel van Ragab wat die koning se opdrag veronagsaam het om die twee Israelitiese spioene uit te lewer en hulle laat ontsnap.   Alhoewel dit ’n opdrag van haar koning was wat met die dood gestraf kon word, het sy geweet dat sy dit nie kon doen nie. Die Israeliete het dan ook haar lewe gespaar toe hulle die stad geval het.  

In 1 Sam. gee Saul opdrag dat niemand moes eet voordat hy die geveg teen die Filistyne gewen het nie.   Toe Jonathan die opdrag verontagsaam en heuning eet om hom te versterk, het Saul opdrag gegee dat hy doodgemaak moes word.   Toe sê sy manskappe vir hom:” …. Moet Jonathan sterwe wat hierdie groot verlossing in Israel bewerk het? Volstrek nie!   Sowaar as die Here leef, geen haar van sy hoof sal op die aarde val nie!.... So het die volk dan Jonathan losgekoop, dat hy nie gesterf het nie” (1 Sam.14:45).  

1 Kon.18 vertel van ’n sekere Obadja wat God gevrees het. Toe koningin Isebel die profete van God begin vermoor, het hy 100 van hulle versteek en so aan die dood laat ontkom.   Sy optrede was direkte ongehoorsaamheid aan die regering van die dag, maar in ooreenstemming met God se wil. Daarom het Isebel se plan om al die profete van God dood te maak, nie geslaag nie.

2 Kon. 11 vertel van Atalia, koning Ahasia se moeder, wat na sy dood die hele koninklike geslag van Juda laat uitmoor het.   Die koning se dogter het egter vir Joas weggesteek om die bloedlyn te behou. Toe hy ses jaar later koning word, het hy sy ouma laat teregstel. En dit was reg in God se oë.

Die boek Daniel vertel van twee gevalle van burgerlike ongehoorsaamheid. Die eerste in hoofstuk 3 - die bekende verhaal van Sadrag, Mesag en Abednego wat nie voor die beeld van koning Nebukadneser wou buig en uit die brandende vuuroond verlos is. Die tweede verhaal is in hoofstuk 6 waar Daniel koning Darius se bevelskrif om niemand anders as die koning te aanbid nie, verontagsaam het, waarna God hom uit die leeukuil verlos het.

Handelinge 4 vertel van Petrus en Johannes wat ’n verlamde man genees het en weens hul getuienis oor Christus in die tronk gegooi is. Die Joodse kerklui wou die Christendom probeer keer en die dissipels beveel om nooit weer van Jesus te praat nie:” Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis. ; want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien of gehoor het nie” (Hand.4:19,20). Toe die kerklui hulle daarna weer aan die opdrag herinner, sê Petrus: “… Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense” (Hand.5:29).          

Die laaste voorbeeld van burgerlike ongehoorsaamheid wat in die Bybel opgeteken is, is in Openb.13 waar die Antichris almal wat in die eindtyd leef, opdrag sal gee om die beelde wat van homself gemaak is, te aanbid.   Dis ’n soortgelyke geval as in die tyd van Daniel.   Johannes skryf dat die gelowiges van die eindtyd dit nie sal doen nie.  

Daniel is ’n baie belangrike boek vir die gelowiges van die eindtyd.   Soos wat gelowiges in die tyd van Daniel geleef het, sal dit ook aan die einde wees. Daar sal vervolging van staatsweë se kant wees. So ook goddelike ingrypings! God raap nie gelowiges weg soos wat dwaalleraars verkondig nie, maar staan hulle op ’n baie besondere wyse aan die einde by.

Opsoek na inligting?

  •  Gelofteland het 'n hulpfonds gestig vir die boere wat groot verliese in die onlangse brande in die Vrystaat gely het.  Ons wil die totaal daarvan nou oorbetaal maar sukkel om met die regte mense kontak te maak. Indien van ons lesers ons van inligting kan voorsien sal ons dit hoog op prys stel. Kontak ons asb by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1186 gaste aanlyn